Fietsryer sterf in wat as tref-en-trap voorkom

Die toneel. Foto: Verskaf.

’n 48-jarige fietsryer is Vrydagoggend doodgery in KwaZulu-Natal.

Lt.kol. Thulani Zwane, woordvoerder van die polisie, het dié voorval bevestig en gesê dit het omstreeks 07:30 op Wyebankweg in Kloof plaasgevind.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê hul paramedici het 07:30 by die toneel opgedaag en die man se liggaam aan die regterkant van die pad langs sy fiets aangetref.

“Paramedici het die man ondersoek en gevind dat hy reeds aan sy beserings beswyk het. Niks kon vir hom gedoen word nie en hy is op die toneel dood verklaar. Daar was nie ʼn motor in sig nie,” het Meiring gesê.

Die polisie in Pinetown doen ’n geregtelike doodsondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Anoniem ·

Ons ? en vertrou dat die skuldige gevang gaan word, ‘crime do’nt pay ! Innige simpatie met Sy naasbestaandes ?

Avra ·

So jammer dat daar nie fietsry bane op nasionale paaie is nie. Of ‘n plek waar hul kan oefen. Sterkte aan die familie en vriende.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.