Foto’s: ‘Groot oorwinning’ teen onwettige myners

Bheki Cele (Foto: Rasaad Adams)

Deur Rasaad Adams

Bheki Cele, minister van polisie, het die inhegtenisneming van 20 beweerde onwettige myners in Stilfontein in Noordwes as ʼn reuse-oorwinning teen onwettige mynaktiwiteite bestempel.

Hy het Dinsdag ʼn skag in Stilfontein besoek waar die verdagtes Maandag tydens ʼn gesamentlike operasie tussen die Valke en die Suid-Afrikaans Polisiediens (SAPD) in hegtenis geneem is.

Tydens Maandag se operasie by die oop skag nie te ver buite die dorp nie, is daar beslag gelê op 15 vuurwapens, vyf bokse ammunisie, plofstof en ʼn bedrag geld met ʼn onbekende waarde.

“Hierdie is een van die grootste beslagleggings wat ek al gesien het. Daar is vir my gesê dat hierdie skag omtrent 2,5 km diep is. Met dié tipe vuurwapens en amper 6 000 patrone was hierdie spul gereed vir oorlog en sou hulle enigeen stop wat in hul pad sou staan,” het Cele gesê.

Die minister het ʼn oproep op gemeenskappe gedoen om soortgelyke onwettige mynbedrywighede te rapporteer, en het ook die eienaars van onaktiewe myne gemaan om hul samewerking te gee.

“Hierdie suksesvolle operasie is as gevolg van goeie samewerking tussen die gemeenskap en die SAPD. Julle is ons oë en ore op die grond. Ons wil vra dat die eienaars van onaktiewe myne ook die polisie ondersteun deur hierdie myne behoorlik te rehabiliteer,” het Cele bygevoeg.

Pinki Kgabi, ʼn voormalige lid van die SAPD en tans ʼn lid van die Stilfonteinse gemeenskapspolisiëringforum (GPF), het by die geleentheid van die probleme wat dié gemeenskap in die gesig staar onder die minister se aandag gebring.

“Terwyl die minister vandag hier is moet hy sommer deur die dorp gevat word, sodat hy kan sien hoe kabels gesteel word wat die kragtoevoer na die dorp beïnvloed. Ons as ʼn forum en ook die polisie hier in Stilfontein benodig werklik die hulp van die regering. Ons lede voel onveilig omdat hulle nie genoegsame hulpbronne het om hulle te beskerm wanneer hulle patrolleer nie.”

Die minister het aangevoer dat hierdie kwessies ernstig opgeneem word, en het onderneem om binne twee weke terug te keer om oplossings te vind.

Volgens Cele is 13 van die verdagtes wat Maandag aangekeer is van Lesotho, vier van Suid-Afrika, een van Zimbabwië en nog een van Swaziland. Hulle sal vandag (12 Oktober) in die Stilfonteinse landdroshof verskyn.

Intussen het die departement van minerale hulpbronne en energie die inhegtenisneming verwelkom. Gwede Mantashe, die betrokke minister, het Dinsdag in ʼn verklaring gesê “onwettige mynbedrywighede plaas nie net druk op ons ekonomie nie, maar is ook ʼn bedreiging vir nasionale sekuriteit en die integriteit van ons infrastruktuur”.

Bheki Cele (Foto: Rasaad Adams)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Kobus ·

Vreemd dat Cele en Mantashe skielik lewe toon tov onwettoge mynbedrywighede. Hoor oor die nuus Cele beweer dat daar sedert 2019 opgetree word teen die bedrywighede. Wel wel wel, Cele, dan was die SAPD nie baie suksesvol nie. Die twwe jong mense wat wreed vermoor is toe hulle sonder brandstof gaan staan het was nie vir julle ‘n bron van bekommernis nie. Toe die Krugersdorp situasie bekend geword het toe begin julle geraas maak. En so lieg julle voort

Christine ·

Daar is honderd duisend zama-zamas werksaam onder in ons myne. Hierdie 20 is die druppel in die dam! Die polisie is deel van die zama-zamas netwerk en die geld wat gedeel word eindig in die Ministers se sakke! Hierdie sal NOOIT ophou nie!

Waarnemer ·

En raai raai riepa….oor twee weke van vandag af is die voirval alweer vergete vur cele en kie.

SjN ·

Daar is n paar bekende goudkopers in Kleksdorp wat tjommies is met die gereg.

Misky ·

Hy is darem vinnig op ‘n toneel as hy hoor die kameras is daar.

Witbaard ·

20 uit hoeveel ?? Klink nie vir my soos n “reuse” oorwinning nie.

Roebs ·

Hy niks gedoen nie vat die krediet vir iemand anders se werk.

Antie Sarie ·

Ek praat nie onwettige myning goed nie, maar dit is blykbaar makliker om die wat vasgekeer ondergrond ut te snuffel as om plaas moordenaars vas te trek. Die enigste voordeel van onwettige myne is dat die minerale nie britanje toe gaan nie.

Martin ·

Kry julle sambrele en reenjasse gereed hier is groot reen oppad – wonderwerke gebeur nog in SA…

Oujongvrou ·

Wat van al die onwettige moorde, verkragtings, ens ens ens. Waar is jy dan mnr. Useless hoed.

domheks ·

Reuse deurbraak? Regtig. Weet mnr cele hoeveel ONWETTIGE vuurwapens in SA is? Die ou man is net bekommerd oor WETTIGE vuurwapens waarvan die kaartjies verval het!

Delia ·

Goeie werk SAP.
Ek sien nie dat iemand notas maak van wat Cele oor terugvoer sal gee nie. Dit beteken as hy daaruit stap is alle beloftes vergete.

Manie ·

Die onbekende bedrag geld wat gevind is, is meer kommerwekkend, want dit gaan bes moontlik verdwyn.

Danie ·

Geluk iemand se werk was op die spel.Dis maar n druppel ons kyk of die amper 70 moorde afneem.

Swerwer ·

Cele en Mantashe, stille waters diepe grond onder draai die duiwel rond

Casper ·

Dit is ‘n bose kringloop maar uiteindelik beland die goud in mense se hande wat juweliersware vervaardig.Dit is baie goedkoper as om goud wettig aan te koop.Tydens my laaste 3 jaar as immigrasiebeampte is hordes onwettige Lesotho burgers wat onwettig myn gearresteer wat goud aan ‘n sindikaat in Eswatini verkoop het.

Di ·

Ongelukkig is daar nog DUISENDE van hulle in hierdie land. Regering het vir JARE ‘n blinde oog gegooi vir hierdie probleem want kaders en sommige polsielede kry self iets hieruit. Hulle moes LANKAL al die oop myne geseel het, PUNT

Adriaan ·

En agteraf koop C&ele en sy gespuis die edelmetaal. Hierdie berig en soveel ander is net witvoetjie soek.

Lillian ·

Ekt ‘n beter idee, blaas nie die ingange by al die ou my skagte op dié wat daar binne is, too bad.

Andries MT ·

Ek sien op die foto’s hy het n gat gekry waar hy kan weg kruip.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.