Tien mense is Sondag in ʼn gru-ongeluk op die R555 naby die De Hoopdam in Limpopo dood.
Kapt. Mamphaswa Seabi, woordvoerder van die polisie, het gesê die voorval het omstreeks 15:30 plaasgevind toe ʼn dubbelkajuitbakkie en ʼn taxi gebots het.
“Die bakkie het na bewering in die rigting van Steelpoort beweeg en toe ʼn u-draai gemaak voor dit teen ʼn taxi gebots het wat in die teenoorgestelde rigting gery het. Een mens in die bakkie en nege insittendes van die taxi is oorlede,” het Seabi gesê.
Volgens Seabi het albei voertuie na verskillende kante van die pad gerol. “Die bestuurder wat saam met ʼn tweejarige dogtertjie in die bakkie was, is oorlede. Die kind het nie seergekry nie,” het Seabi gesê.
Daar was 16 mense in die taxi van wie agt passasiers, asook ʼn tweejarige dogtertjie, en die bestuurder dood is.
Die oorledenes se identiteit kan eers bekend gemaak word as al hul naasbestaandes in kennis gestel is.
Julle feite is verkeerde. Dit was ń seun saam in die kar en hy het definitief nie ń U draai gemaak nie. Dis nou net weer iemand wat leuns vertel. Hy was oppad huis toe en het geen u draai gemaak nie.
Dagsê Phia.
Dankie vir jou boodskap. Die inligting soos vervat in die berig is die inligting soos ons dit van die polisie ontvang het. As jy enige bykomende inligting het, stuur dit gerus aan [email protected].
Groetnis
Dalene nms. Maroela Media