Foto’s: Kaapse biblioteek in puin gelê

Die skade aan die Suider-Strand-biblioteek. (Foto: Verskaf)

Die Suider-Strand-biblioteek in die Strand is Saterdag vroegoggend tydens ’n brand vernietig.

Zahid Badroodien, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid en gesondheid, sê die nooddienste is omstreeks 05:37 ontbied. Die openbare biblioteek was in dié stadium in ligte laaie.

Brandbestryders kon daarin slaag om die vlamme teen 08:02 geblus te kry.

Die skade aan die Suider-Strand-biblioteek. (Foto: Verskaf)

Die biblioteek is egter in puin gelê. “Dit was hartverskeurend om die omvang van die skade te aanskou nadat die brand deur die hele fasiliteit versprei en alles vernietig het,” het Badroodien ná afloop van ’n besoek aan die biblioteek gesê.

“Honderde gereelde gebruikers van die biblioteek word nou gestrand gelaat.”

Volgens Badroodien sal die metro dringend met die proses begin om die biblioteek se dienste so gou moontlik te herstel.

Die oorsaak van die brand is in dié stadium onduidelik. ’n Ondersoek is van stapel gestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Sarel ·

Ondersoeke na brande word gedoen maar nooit antwoorde nie
Brandstigting of Nslatighrid

Therese ·

‘n Absolute tragedie!
“the facility caught fire” en “die motor het die pad verlaat” is ‘sinonieme’ …

Charl ·

Ai dis jammer, boeke is kennis. Sal ook graag will weet hóé die brand ontstaan het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.