Foto’s: Lugskou weer in Jakarandastad aangebied

Dit is die eerste keer dat die lugskou weer aangebied word sedert die aanvang van die Covid-19-pandemie in 2020. (Foto: Kobus Bezuidenhout/Maroela Media)

Die Africa Aerospace and Defence (ADD)-uitstalling en lugskou het Woensdag by die Waterkloof-lugmagbasis in Pretoria afgeskop.

Die ADD is sedert 2000 die grootste verdediging- en lugvaartuitstalling in Afrika en het ʼn massiewe platform gevestig vir die vertoning van die gevorderdste tegnologie in die globale verdediging- en algemene lugvaartomgewing.

Dit is die eerste keer dat die lugskou weer aangebied word sedert die aanvang van die Covid-19-pandemie in 2020. Die skou vind tweejaarliks plaas, maar het weens die pandemie in 2018 laas plaasgevind.

Die formaat vir die skou bly onveranderd, met drie dae waar handelaars in die private sektor die geleentheid kry om uit te stal terwyl die lugskou oor die naweek sal plaasvind.

Die minister van verdediging en militêre veterane, Thandi Modise, het in Mei vanjaar amptelik die ADD vir 2022 aangekondig tydens ʼn seremonie wat in Pretoria plaasgevind het.

Lande soos die VSA, Italië, Turkye, België, China, Brittanje, Indië en Pakistan neem ook aan dié gesogte geleentheid deel.

Die ADD vind vanaf 21 tot 25 September by die Waterkloof-lugmagbasis in Waterkloof plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Miena ·

Dankie vir die berig en foto’s. Net wel n vraag asb – hoekom word daar by elke foto dieselfde stelling gemaak i,p.v. om na die foto te verwys en te se wat daarin voorkom / te siene is / die item is bv. buffel; MVL; rooi-valk, kasper ens???

es ·

Darem maar altyd indrukwekkend om dit te sien…maar dis ook maar net daar om na te kyk…80% van die toerusting werk lankal nie meer nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.