Foto’s: Nog ʼn reusekonvooi vat pad na Pretoria

Voorwaarts na Pretoria. Die konvooi het douvoordag in Bloemfontein vertrek. (Foto: SA Weermag)

Lede van die weermag het Vrydag douvoordag in Bloemfontein weggespring in ʼn konvooi van 40 troepedraers, algemeen bekend as Mambas, en word teen laatmiddag in Gauteng verwag.

Die voertuie ry van De Brug in Bloemfontein na die weermagbasis op Wallmansthall nadat dit die afgelope paar maande omvattende instandhoudingswerk ondergaan het.

Die groep het Vrydag om 06:00 in Bloemfontein vertrek en ry al met die N1-hoofweg langs tot in Gauteng. Die konvooi behoort teen omstreeks 15:00 by die Grasmere-tolhek te wees, waarna hulle die laaste skof tot op Wallmansthall voortsit, sê kol. Sammy Mosiane, ʼn woordvoerder van die weermag.

(Foto: SA Weermag)

Mosiane sê motoriste al langs die roete is geweldig opgewonde wanneer hulle die konvooi teëkom.

ʼn Konvooi van 60 troepedraers het verlede maand dieselfde tog na Gauteng aangepak.

Indien alles volgens plan verloop, sal die konvooi teen laat Vrydag in Gauteng wees. (Foto: SA Weermag)

ʼn Span van 170 lede van die weermag se tegniese afdeling, in samewerking met ʼn groep Kubane, behartig die instandhoudings- en herstelwerk as deel van Projek Thusano wat aan die begin van Februarie van stapel gestuur is.

Motoriste is volgens die weermag baie opgewonde om die konvooi teë te kom. (Foto: SA Weermag)

Herstelwerk aan die voertuie is voltooi en dit word na Wallmansthall geneem van waar dit verder ontplooi kan word.

Volgens defenceWeb is die voertuie aanvanklik gebaseer op ʼn kommersiële Toyota-vragmotoronderstel en daarna die Mercedes-Benz Unimog-onderstel. Dit is in die laat 80’s ontwikkel as ʼn plaasvervanger vir die Buffel-troepedraer.

Die Mamba het sedertdien verskeie verbeterings ondergaan.

(Foto: SA Weermag)

Die weermag het vroeër ʼn behoefte aan troepedraers vir groter groepe geïdentifiseer. Die Mamba is juis hiervoor ontwerp en ʼn soektog is van stapel gestuur om ongebruikte Mambas, wat nog herstel kan word, op te spoor.

Eindelik is 100 van hierdie herstelbare voertuie gevind en dit is na die weermag se De Brug-basis verskuif waar dit herstel en opgeknap is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Marie ·

Ek vra myself hoekom ons Kubane nodig het vir instandhouding, terwyl miljoene mense sonder werk sit. Dit is ‘n skande dat daar nie meer tegniese opleiding gedoen word nie. Hoekom word ons belastinggeld so gemors op Kubane, maar die Zimbabwiërs moet huis toe gaan. Wat se voordeel is daar vir Ramaphosa en kie. Dit is waarskynlik waar die miljoene in die rusbank vandaan kom. Geldwassery.

domheks ·

Weer Kubane om herstelwerk te doen! Is ons eie mense te sleg?

Anel ·

KUBANE!!!! Maar nou ja, die meeste mense wat die herstelwerk oordentlik sal kan doen se velkleur is verkeerd!! Wat ‘,n skande en klap in die gesig van Suid Afrikaanse belastingbetalers!!!! Ek wil al iets oorkom as ek kubaan hoor. Wat het van die spul dokters geword wat teen miljiene oor gebring is? Ons sit ook met miljoene opgeleide werklose mense maar ons voer eerder ‘n klomp in waarmee niemand kan komunikeer nie!! Ek vertrou hulle ook net mooi niks nie!!!

Harley Davidson ·

Todat die diskriminasie teen minderhede geskrap word dal dit die geval wees.

Di ·

Buiten die duisende onwettige immigrante in die land, gaan hierdie welsynsdienste aan KUBANE ook die land se ondergang verder aanhelp. BOETIE sorg vir BOETIE

Dries ·

Woner hoeveel gaan by hul bestemming uitkom. 10 gaan dalk staan en gestrip word, 10 gaan gehijack word, 10 gaan aan die brand gesteek word ai toggie

Waarnemer ·

En oor n jaar kry hierdie kubane stemreg om die anc se verlore aansien te boost

Hennie ·

“Omvattende” instandhoudingswerk sê ou Solly. Wat het hulle gevat? Hoeveel van die trokke gaan in Pretoria uitkom? Is dit die naaste weeks winkel vir I stand houding? Hoe lank sal die goed nou staan? Waarvoor sal dit aangewend word?

Jakkie ·

Kuba het al jare der jare sankies en boikotte teen hulle. So hulle is uitstekend om met verouderde tegnologie te werk soos bv. die “weermag” se voertuie. Die oorgrote meerderheid van die “weermag” se toerusting dateer nog uit ons diensplig dae…….Die manne wat dit kan diens of afgetree by die see of landuit…..Die skande is soos Marie noem dat vakleerlingskappe by baie instansies verdwyn het en in ‘n land met so baie werkloosheid baie basiese vaardighede net nie bestaan nie. Ek het gelees dat die gemiddelde vakman in SA oor die 50 jaar oud is……’n Man wat bereid is om sy hande vuil te maak sal altyd werk hê, maar baie soek payplek nie werkplek…..

Alta Alleman ·

Ek sien nie een gesonde troep nie….hulle sal nie eens agter n zama zama kan hardloop om een te vang nie !!

Kirst ·

Te oordeel aan die foto’s het die weermag 100% getransformeer in terme van personeel. Mag ons nou kla omdat daar nie minderhede in diens is nie?

Dries ·

Plaas dat hulle Noord ry Rusland toe om hulle daar te gaan help teen Ukraine

Dries ·

HIER KOM DIE SAW. ZAMMA ZAMAS NOU MOET JULLE HARDLOOP HAHAHA

Kokerboom ·

Dit moet seker hele vloot troepedraers van SAW wees. Hoekom wag tot almal stukkend is en deur vreemdelinge herstel moet word!Sjoe maar ons liewe SAW is paraat!!!Volgende wat ons hoor ‘n veldbrand op Wahlmanstall het herstede voetuie verwoes!

Jubba ·

Kannie sonder hulle Kubaanse boeties nie want hulle het nie meer vakmanne nie net vatmanne.

CJS ·

Wallmansthall?! Het hulle nie al genoeg voertuie verbrand nie?!

absoluut ·

Terroriste in beheer soek terroriste om geld te maak, dis niks anders wat n kubaan is nie

Hennie ·

Het gestop om die artikel verder te lees toe ek die woord “Kubane” lees.

Petrus ·

Ek maak ‘n voorspelling. Ons volgende president sal ‘n kubaan wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.