Foto’s: Springbok Willie, Holly deel eerste troufoto’s

(Foto: Instagram/@wjjleroux/@riesography_)

As die ooievaar nie kom kuier nie, dan lui die trouklokke vir die Springbokke se Wêreldbeker-wenspan van 2023.

Die Springbok-heelagter Willie le Roux is die nuutste Springbok om die jawoord te sê en het Maandag ʼn eerste blik van sy troue met Holly Clare Nichol met sy aanhangers op sosiale media gedeel.

“Meneer en Mevrou Le Roux”, het die paartjie in Instagram-plasings saam met drie pragfoto’s van hul groot dag, wat klaarblyklik in die Wes-Kaap plaasgevind het, gedeel.

Maroela Media het vroeër berig dat Willie en Holly in Junie 2023 verloof geraak het, drie maande voordat die Springbokke na Frankryk gereis het vir 2023 se Rugbywêreldbeker-toernooi – waar hulle koning gekraai het in ʼn naelbyt-eindstryd teen die All Blacks.

Gelukwensings vir die pasgetroude paartjie het van oral ingestroom, met bekendes soos Francois van Coke en Rachel Kolisi, vrou van Springbokkaptein Siya Kolisi, wat op hul foto’s op sosiale media gereageer het.

Bekende gaste het onder andere Willie se huidige en voormalige Springbok-spanmaats Schalk Britz, Jesse Kriel en Steven Kitshoff, asook sakeman Johann Rupert, ingesluit.

Die Le Rouxs het verlede jaar ook hulle droomhuis in die gesogte Val de Vie-landgoed in die Paarl klaar gebou.

“Ek droom al jare lank oor hierdie huis in my kop en dit is werklik alles wat ek my voorgestel het en nog meer. Ek voel baie geseënd om hierdie spesiale plek my huis te noem,” het Holly voorheen op sosiale media oor hulle nuwe woning geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

George ·

Ek sien sy hou ook maar haar voete eerder op die grond :-p Geluk Willie!

MPI ·

Baie geluk julle.
Willie, ek sien jy kan nie net goeie rugby speel nie maar het ook die gawe om ‘n mooi vrou te kry. Mag julle net voorspoed en geluk beleef.

Tokkel ·

Baie Geluk Willie & Holly! Julle is ‘n pragtige paartjie.
Voorspoed vir die toekoms.

piet ·

Ek is verbaas dat Willie nie die ring laat val het nie. Net ‘n grappie, baie geluk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.