Chris Botha, woordvoerder van Netcare911, sê daar was wrakstukke oor die hoofweg versprei en dat die insittendes in die wrak vasgekeer was.
Botha sê die twee bestuurders van die voertuie is in die botsing dood. Hy sê een persoon het ernstige beserings opgedoen en is na ‘n nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling.
Hierdie ongelukke op ons paaie is vir my baie erg. ek is daagliks met my werk op ons paaie en verstom my hoe mense kan ry, veral op die plattelandse paaie. mense veronagsaam net eenvoudig dubbellyne, geen-verby-gaan strepe, en verwag die motors van vooraf moet net padgee. ek gee pad, maar wat van blinde hoogtes, en plekke wat mens net nie kan sien nie, dis mos waarom daar geen verbygaan strepe is!!! ek bid daagliks vir ons veiligheid, dis al wat mens kan doen.