Foto’s: Van St. James se kleurryke hokkies in brand vernietig

Foto: Verskaf

Drie van die ikoniese kleurryke aantrekhokkies op St. James-strand in die Kaapse Skiereiland is Saterdag in die vroeë oggendure in ʼn brand vernietig.

Wayne Dyason, woordvoerder vir Kaapstad se wetstoepassingsafdeling, het gesê die brand is omstreeks 01:00 deur wetstoepassingsbeamptes opgemerk. Brandbestryders het die brand geblus.

Foto: Suné van Heerden

“Drie van die hokkies is heeltemal vernietig terwyl twee gedeeltelik beskadig is.” Volgens Dyason is die oorsaak van die brand nog nie bekend nie.

Dié aantrekhokkies is wêreldbekend. Derduisende toeriste probeer jaarliks hier die perfekte foto vasvang voor die kleurryke hokkies op die strand en met die berge in die agtergrond.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Byekonfyt ·

Ag nee… hoop dit word gou herstel. Daardie hokkies was altyd poskaartmooi.

Jax ·

ANC – julle is 100% verantwoordelik vir al hierdie onrus en brande. Julle verwoes hierdie pragtige land! Sies (dit is die enigste beskaafde woord wat ek kan uitdink)!!!!!

marius ·

Die kleure was nie polities korrek , maar dis nou reg gestel .

Adeline ·

‘n Goeie bewys van die covid-19 reëls wat totaal geïgnoreer word deur korrupte publiek wat verwoesting saai word deur die aandklok reël wat ingestel is – of is dit nog steeds in werking?

Bugsby ·

Hierdie huisies staan al van my kinderjare op St James. So hartseer dat alles wat mooi is verwoes moet word deur mense wat niks kan opbou nie! Afbreek en verwoesting saai is deel van hoe hulle aanmekaar gesit is. Eersdaags sal daar niks oorbly vir ons nageslagte nie!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.