Die Voortrekkermonument (VTM) is ʼn splinternuwe dwergbokkie ryker en ná vele “dinkskrums” heet die nuutste toevoeging tot die monument se plaasfamilie niks anders nie as Etzebeth.
Die VTM sê die bokkie is ná die Springbokke se ikoniese oorwinning teen Nieu-Seeland die afgelope naweek na die rugbyheld Eben Etzebeth vernoem.
Hierdie vernoeming is veral gepas nadat Eben se vrou, Anlia, aangekondig het dat daar ’n klein Etzebeth op pad is.
“Die Voortrekkermonument ondersteun die Springbokke met trots en daarom het ons besluit dat klein Eben sy eie nommer 4-truitjie moet kry,” sê Michael Barnard, plaasbestuurder by die Voortrekkermonument.
Barnard sê dit is kostelik om die bokkie in sy Springboktrui te sien baljaar.

Marichen Laubscher (links) en Michael Barnard (regs) van die monument met klein Eben-die-bok. (Foto: VTM)
“Ons nooi ook die Springbokke uit om die monument en plaaswerf te besoek. Dit sal ’n groot voorreg wees om julle hier te hê en vir klein Eben self te ontmoet,” sê Barnard.
Hy sê die Voortrekkermonument deel ook in Anlia en Eben se vreugde en nooi die klein Etzebeth uit om by die Voortrekkermonument te kom kuier.
Dierbaar en pragtig
Ag kry maar ‘n maatjie vir Eben
Ek stem, die dingetjie het ‘n maatjie nodig. Te dierbaar.
Ons almal weet wat die naam eintlik moet wees ;)
Te kostelik !!