Frankfort moet sonkrag weggooi, maar beurtkrag móét hy toepas

(Foto: Rural Maintenance)

Eskom het ʼn stokkie gesteek voor Frankfort in die Vrystaat se plan om – met die sonkrag wat hy bedags self opwek – die uitwerking van beurtkrag te verminder.

Die Johannesburgse hooggeregshof het vandeesweek teen Rural Free State, wat sonplase in die Frankfort-omgewing bedryf, beslis en hom verbied om sy eie beurtkragskedule in te stel en voort te gaan met die proses wat as “voiding” bekend staan.

Die dringende aansoek spruit uit Rural se versoek dat hy wil voortgaan om sy eie beurtkragstelsel te bestuur deur die ligte aan te hou met krag wat hy by die sonplase opwek – selfs wanneer Eskom die inwerkingstelling van beurtkrag vereis. “Voiding” is ʼn proses om alternatiewe energiebronne, wat nié van die staat afkomstig is nie, te gebruik om op te maak vir kragtekorte, soos tydens beurtkrag.

Die sonplase is in die private besit van boere, sakeondernemings en inwoners en Rural het ʼn 25 jaar lange kontrak om die verspreiding van krag namens die Mafube-munisipaliteit te bestuur.

Rural het aangevoer dat sy stelsel geen negatiewe uitwerking op die nasionale kragnetwerk het nie en dat die krag wat hy self opwek boonop gebruik word om ononderbroke watervoorsiening- en sanitasiedienste te verseker.

Die Mafube-munisipaliteit het egter nie die aansoek gesteun nie en die hof het die aansoek gevolglik van die hand gewys.

“Ons het geen twyfel nie dat, sou die munisipaliteit die behoeftes van sy gemeenskap voorop gestel het, ʼn ander uitkoms moontlik sou wees. Ons kan net hoop dat daar geen politieke inmenging van buite Mafube was nie,” het Rural Free State ná die uitspraak in ʼn verklaring gesê.

Een van Rural Maintenance se sonplase in die Vrystaat. (Foto: Verskaf)

“Rural het nou geen ander keuse nie as om gedeeltes van die sonplaas van Vrydag af bedags af te skakel. Rural sal voldoen aan Eskom se opdrag en voortgaan om die krag af te skakel na inwoners wat andersins die krag wat by die sonplaas opgewek word, sou kon gebruik.

“Om te benadruk: Rural Free State word nie meer toegelaat om die uitwerking van beurtkrag te verminder wanneer die son skyn nie en sal nou ongebruikte sonkrag moet weggooi terwyl dele van Frankfort beurtkrag ondervind.”

Die maatskappy sê hy is uiteraard “uiters teleurgesteld” oor die hof se beslissing, veral omdat daar wesenlik geen negatiewe uitwerking op Eskom se netwerk is nie.

“Die Mafube-munisipaliteit se gebrek aan steun vir Rural se pogings om beurtkrag te verminder – terwyl dit lyk of beurtkrag in ons toekoms bly – is veral ʼn bitter pil om te sluk.”

Op Frankfort het ondernemings en burgers staatgemaak op verminderde beurtkrag wanneer die son skyn en dit het mense se lewe verbeter, sê Rural.

Die maatskappy sal nou weer met Eskom en die nasionale energiereguleerder (Nersa) beraadslaag om te probeer begryp waarom Eskom nie Rural se pogings wil steun nie. Rural sê hy weet tot nou toe ook nie werklik waarom Eskom die standpunt hieroor ingeneem het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

104 Kommentare

Heinrich ·

Hierdie moet die grap van die jaar wees. Hier is ‘n maatskappy wat die lewe van wit en swart kan verbeter maar almal moet suffer want die ANC sê so. Verby absurd!

Blom ·

Heinrich, ek het wraggies gedink die moes die 1ste April wees. Ek het nie woorde om hierdie berig te beskryf nie.

Frank ·

Lyk my ALLES hang af van wat die betrokke munisipaliteit sê…. of hulle ondersteun of nie

Harley Davidson ·

Dit is net nog ‘n rede vir die weskaap om af te stig.

Republikein in die Wes Kaap ·

Daai boodskap sal een of ander tyd insink. Moenie verbaas indien die burgermeester van Kaaapstad die DA in ‘n blik gaan druk nie. Frankfort en ander gemeenskappe moet intussen doen wat goed is vir hul mense.

ES ·

Ongelukkig sal dit nooit gebeur nie, maak nie saak hoe hard hul baklei nie. Artikel 9 van die Grondwet skets die bevoegdhede en funksies van provinsiale regerings, wat deur die nasionale regering gedelegeer word. Terwyl provinsies ‘n mate van outonomie in sekere gebiede het, soos onderwys en gesondheid, is hulle nie by magte om eensydig onafhanklikheid te verklaar of van die land af te skei nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Daar is weer ‘n ander artikel van die grondwet wat sê dit kan wel gedoen word. Ook internasionale wetgewing maak dit moontlik. Feit is, SA sink vinnig en wanneer ons almal oor die vlaktes hardloop met ‘n grondwet wat in die drein lê en regters sonder howe is enige ding moontlik. Die internasionale politiek se warboel maak dit ook moontlik, veral met ons muishond status. Daar is nie iets soos “nooit” nie.

Amelia ·

As jul kan dagvaar eskom elke keer as daar iets breek agv beurkrag as daar nie water is nie as plante (boere) vrek agv nie genoeg water hel die klomp het nie n greintjie grys stof tusen ore nie Die president het hierdie duur opwekker van meer as miljoen jul wat probeer self plan maak moet sukkel en hy worry nie hoekom sal hy

Samuel ·

En ons privaat kort termyn versekering weier nou om vir eise agv kragstuwing te betaalbaar. Alles Eskom en CR se skuld

George ·

Eskom – Ons kan nie krag voorsien nie, en julle moet nou maar sonder inkomste en krag sit. Frankfort – Ons het sonplase, wat geen invloed op julle het nie, en kan in loadshedding krag voorsien aan ons dorp en so die ekonomie en mense help. Staat – uh huh, nee nee, julle kan nie dit doen nie, en julle sal van die krag ontslae raak, julle SAL beurtkrag he, maar nie saak wat nie, want hoe gaan ons julle stop om ontslae te raak van Eskom.

Manie ·

Hier is iets groot fout. Ons word aangemoedig om self krag op te wek, maar die oomblik dat dorpe dit doen, word hulle nog steeds ingeperk. Wat gaan hier aan?

Hannes ·

Hulle gebruik heel moontlik Eskom se infrastruktuur, daar NRS 097-2-1 regulasies oor anti-islanding. As hulle hul eie infrastruktuur gebruik kan Eskom gaan doppies blaas.

Alex ·

Dis is seker so. Enige boer met baie geld om kabels te lê en change over by eskom in te sit???

Samuel ·

Ek vertrou die vrede nie. Wat my aanbetref staan Eskom (lees regering) dit teë omdat dit ‘n wit inisiatief is.

Milestone ·

Ek stem nogal saam met jou. Dit is nie “onse mense” wat die oplossing gee nie

Andre ·

Onthou net een ding. Dit kos die anc regeering baie geld elke dag . Jy weet dat die son nie vanself opkom en afgaan elke dag nie

Hennie ·

Dis seker maar omdat geen kader baat, geldelik, by Frankfort se infrastruktuur nie.

domheks ·

Ons het uit eie sak vir die huis sonkrag en generator aan geskaf. Ons sal nie ‘n sent aan oorle Eskom betaal nie! Hulle het nie 1c bygedra nie. Nie eers toe elektriese toestelle die gees gegee het nie.

Suzette ·

Kan hulle nie appel aanteken en die saak verder vat nie?
Dit is mos nou belaglik.

Karpraat ·

Wat gaan aan in van ons land se howe, is hulle nou ook gekaap of gee hulle net doodeenvoudig nie om vir landsburgers nie? Wat is die verskil tussen wat Frankfort doen en mense wat sonkragstelsels by hulle huise installeer?

Althes ·

Die ANC wil diktatorskap oor SA neem. Hul gaan dit nie regkry nie.

Watsenaam ·

Hulle het ons sopas verkeerd bewys. Hulle sal dit regkry.

Republikein in die Wes Kaap ·

Waarskynlik reeds reggekry. Maar ons bly steeds passief met drome om die land “om te draai.”

Althes ·

@Surfer – Ek is nie ñ Siener nie. Maar ek het ñ Vader wat vir my baklei. Ek neem ook aktief deel aan oplossings en veranderings. Ek glo nie daaraan om hande gevou te sit en te kla nie. Verder is my ruggraat sterk genoeg om nie te buig soos die kommunisme wil hê nie.

Samuel ·

Sê wie? SA’ners kan nie en sal nie saamstaan om diktatorskap af te weer nie.

Oujongvrou ·

En as julle voortgaan om die krag te gebruik, wat gaan hulle doen?? Almal arresteer????

Owlie ·

Wow nou raak die kompetisie van watter nuus betig us die wenner vsn die jaar bietjie moeilik. Hoe redineer hulle? Dit is mos nou net nog n bewys dat geld en geleerdheid nie logika of verstand inhou nie.

Dis heel logies dat daar politieke inmenging is.
As daar so grmors kan word met krag wat op gewek word is dit tyd om die regeting, ministers, president, unies en almal wat geen loadshedding beleef ook in donkerte te hul – maak hulle deel van hul eie ooorlogspeletjie

Samuel ·

As die kabinetslede géén elektrisiteit het nie, soos ons, sal hulle met dringendheid na Eskom se herstel omsien.

Theunis ·

Demokrasie en die grontwet wat veronderstel is om ons te beskerm word alte vrylik in die politiese en wetgewende arenas gebruik maar word defnitief nie soortgelyk toegepas deur dieselfde partye nie, let us call “a spade, a spade”- CR, sy kabinet en die wetgewing wat veronderstel is om billik toegepas te word ten einde ‘n regverdige en haalbare lewe toe te laat vir die algemene SA burger, dryf SA ten alle tye in die grond in, wanneer gaan ons almal wakker skrik?

Surfer ·

Net weer n bewys van ons klein Kommunistiese regering wat almal in ons pragtige land benadeel (wit, bruin, swart, geel). Rural moet nou seker iemand se sakke vol geld stop om n demokratiese besluit te kry.

Papsak ·

Wat so pateties is die kommen anc regering kan of wil ons nie van krag voor sien nie maar noudat ons ons self wil help nou is hulke bekke groot ruk eskom reg en ons sal nie dit doen nie maar anc staan in eskom se pad lig hulle uit vinnig ook

Frikkels ·

Hierdie is deel van die korrupte anc se groter plan om dit wat nog nie verflenter is nie, uit te verkoop aan ander nasies om hulleself te verryk. Die hof behoort nie ñ sê in die saak te hê nie wantons regstelsel laat lank reeds wetsgehoorsame burgers in die steek. Die sonplase moet krag voorsien en die gemeenskap moet bankvas agter hulle staan. Die anc wil regtig hulle sosialistiese ideologie op ons gewone mense afdwing. Dis tyd om op te staan en terug te slaan!

Samuel ·

Wat nou van Solidariteit en Afriforum se grootse planne om sonplase op te rig?

Na bewering is die Russe energie skepe op bystand om krag te verleen ipv die Turke.

Mandie ·

Ons doen navorsing vir die staat en hierdie projek was een van die gevalle wat ons ondersoek het. Ongelukkig praat Rural Free State nie die volle waarheid nie en steek n paar belangrike feite weg, hulle sonplaas het ongelukkig n negatiewe werking op Eskom se netwerk, veral gedurende beurtkrag. Eskom het gesê hulle kan voortgaan om hulle sonplaas te bestuur gedurende beurtkrag maar hulle moet dan batterye installeer om die netwerk teen die negatiewe werking te beskerm. Rural wou dit nie doen nie en daarom die hofbevel. Dit is ongelukkig nie net n blote geval van Eskom wat sy monopolie wil beskerm nie maar eerder sy netwerk veilig en regverdig wil bestuur

Adriaan ·

Hi Mandie, ek sien niemand lees of verstaan jou kommentaar nie en almal kla nog aanmekaar.

Republikein in die Wes Kaap ·

Niemand vetrou Eskom en hul adviseurs nie. Dus hoekom.

Mandie ·

Dankie dat jy dit darem sien! Ek dink mense wil dit nie sien nie, ek verstaan die frustrasie, almal is frustreerd met beurtkrag maar ongelukkig in die saak het Eskom regverdige klagtes

Kobus ·

Ja, Mandie, mense wil maar eenmaal nie logies dink nie. Negatiwiteit seëvier ongelukkig altyd. Daar is darem party mense wat weet wat die feite is. Dit is verstommend dat die mense wat hul geld en tyd belê het in hierdie projek, nie behoorlike navorsing gedoen het nie!

Kobus ·

Want ongelukkig reageer die meerderheid van mense met hul vooroordele en negatiewe ingesteldhede. Gaan maak seker van feite. Sonkrag fluktueer te veel. Batterye is die enigste logiese oplossing.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ja Mandie, ‘n verouderde netwerk wat in elk geval gaan knak. Kom vorendag met alternatiewe oplossings.

Jacobus ·

Mandie kan jy asb aan my verduidelik wat is die negatiewe uitwerking? Jy kan maar tegnies raak, ek het vir Eskom gewerk so ek sal dit verstaan.

Kobus ·

Jacobus, jy het dan vir ESKOM gewerk – hoe is dit moontlik dat jy nie verstaan wat hier aangaan nie. Sonkrag fluktueer te veel. Dis so eenvoudig soos dit. Hoe moet die kragvoorsiening vanaf sonpanele stabiel wees sonder batterye? Dink in terme van sonpanele op jou eie dak.

Pandora ·

Dis nou sinvolle kommentaar.
Mense vergeet dat die elektrisiteits infrastruktuur (wat tans vou), aanvanklik deur Eskom (of die ou Evkom) geskep is.
Dus, vermoed ek, sou die son-plaas dalk hul eie pale, kabels, substasies ensovoorts opstel binne die Frankfort gemeenskap wat mense dan heeltemal “off-grid” sou laat gaan van Eskom, sou daar nie noodwendig ‘n hofsaak gewees het nie, net ‘n hele paar rooi goewerment gesigte want hul verloor korrupte inkomste.

Oros Soros ·

Ek sie nêrens enige spesifikasies wat deur Eskom in die hof ingedien is nie. Hoekom nie? Die verskaffing van krag is nie Eskom of die President se funksie nie, maar die munisipaliteit of plaaslike owerheid. Dit is waar julle die saak gaan verloor. Die grondwet is groter as Eskom.

Andre ·

Dit is absurd!!! alles komunistiese beheer oor alles klomp sataniste

Johannes ·

Ek hoop die publiek wat die party wat die raad beheer skrik wakker en stem anders volgende jaar.

Die raad wat die aansoek nie gesteun het nie moet vir ‘n sirkus gaan werk.

Madeleine ·

Ons loadshedding is pilitiek en geld, korrupsie, gedrewe.
Min te doen met ons of krag het of nie.

Madeleine ·

Frankfort moet net aangaan. Moenie eers die staat be trek nie.

Fran ·

Hoe is dit MOONTLIK dat die hof jou kan dwing om beurtkrag in te stel as daar sonkrag is?????? Wat het geword van gesonde verstand? Die regter is duidelik gekoop deur die ANC!! Elke burger mag sonkrag gebruik maar nie ‘n dorp nie?

Michael ·

Hopelik besef meer mense nou beurtkrag-nes die virus-gaan om beheer. Wanneer regime ‘n parlementsopening of enige ander aankondiging het-word Eskom opdrag gegee om krag oral aan te hou-waar kom dit dan vandaan? Baie munisipaliteite ignoreer die beurtkrag-Emfuleni is een v hulle

Vexed ·

Iets kry die regering uit die hele beurtkrag storie. Hulle het ‘n bedrieglike plan. Ek reken dit is hoekom hulle die uitspraak gereël het. Die storie met SARS wat subsidieer, hoekom? Sodat hulle later kan belas en ook kan sê, “julle skuld ons” nee dankie dan leef ek eerder sonder krag.

E ·

Hoe kan die HOOGGEREGSHOF so ‘n uitspraak gee? Eskom pleeg hoogverraad teen SA, Frankfort help dat mense hulle inkomste behou en die ekonomie aan die gang hou daar, maar word nou geintimideer en vervolg.

Tallies ·

Dis absoluut belaglik!!! Die regering wil regtig nie hê ons moet wen nie.
Dit is wat gebeur as mense tevrede is met die “bare” minimum.

Henry ·

nee eskom wil geld hè.
daarom mag jy nie vir jouself sorg nie

Brombeer80 ·

Dit gaan my verstand te bowe, hoe n munisipaliteit, nie die nasionale kragvoorsiener kan weier as n kragvoorsiener nie, te vergeefs aan beurt krag wat almal ontwrig. Dit lyk vir my dat in die oë van die staat, n sonde is om jou eie krag te voorsien.

Hendrik ·

Frankfort maak julle eie infrastruktuur. Die landsburgers is heeltemal te gehoorsaam. As julle goeie dinge doen is daar niks aan verkeerd nie.

Kokerboom ·

Hierdie is ‘n toetssaak! Gaan ons dit toelaat? NEE
Solidariteit gryp in asb!!

Hoopvol ·

Al sin wat dít maak, is dat die munisipale amptenare nou hulle gereelde af-tydjies kan hê tydens beurtkrag. En dan, natuurlik, sal dit keer dat Frankfort nie stadiger agteruitgaan as ander dorpe nie. Vooruitgang en beskerming/ondersteuning van die ekonomie is geen prioriteit nie; vernietiging van “wit monopoloe-kapitaal” wel…

Carel ·

Munisipaliteite kan nie bekostig dat die Eend wat die Goue Eiers lê, dros nie. Hulle móét Our People Subsidieer.
Sodra alle “Eende wat Goue Eiers lê gedros het, gaan Our People SELF MOET BETAAL . .

Skappie ·

Wat wil Eskom he. Hulle vra vir mense om ander alternatiewe te begin gebruik., maar nou wil hulle ook nog voorskryf hoe dit gebruik moet word. Ek kan versker se vandat hierde ANC oorgevat het, loop alles agteruit in plaas van vorentoe. As hulle die instandhoudings gedoen het, soos dit gedoen moes word , sal daar geen alternatiewe nodig gewees het nie.

Martie Smartie ·

Waar is die Competition Commission in hierdie debakel? Eskom oortree mos duidelik die wet op mededinging.

Oros Soros ·

Dit is ‘n grondwetlike aangeleentheid hierdie. Die Hoërhof het nie juis jurisduksie hier nie en hierdie onsinnige uitspraak moet met hand en tand beveg word. Wat ‘n skande.

Hannes ·

Installeer julle eie infrastruktuur / bekabeling van die sonkrag bron na julle plase en stuur Eskom warm plek toe!

Philosopher ·

Volg die Zuma model teken appél aan, kla oor die staatsaanklaer vertraag die proses solank jy kan want die woord insig bestaan nie in hul woordeskat nie!!!!

André ·

Die berig sê, as ek reg verstaan, dat die uitspraak sou anders wees as munisipaliteit die saak gesteun het. Mandie sê die sonkrag kan eskom se netwerk beskadig so help my asb – sou die munisipaliteit se steun dan die eskom netwerk beskerm?

Republikein in die Wes Kaap ·

Prof Pieter Duvenage sal dié een vir ons filosofies moet verduidelik.

De Bok ·

DIs saak is uit die hof uitgegooi omdat die munisipaliteit nie die saak ondersteun het nie. As die munisipalieit wel die saak ondersteun het, dan sou verrigtinge kon aan gaan, en dan sou Eskom moontlik verloor.

Leona ·

Ek lees nou die kommentaar van n voorwaarde wat Eskom ingesit het om die batterye so te gebruik dat dit nie eskom sal benadeel nie. Hoekom op die aarde nie? Ek gee nie om hoeveel navorsing gedoen is nie, die feeit is daar, die probleem is opgelos en n diens wat ons voor betaal word gelewer. Op die aarde wat het dit uit te wasi met eskom of die benadeling van hulle. Hoekom wil Rural so graag saam met eskom werk. Dit is n eie inisiatief en n eie oplosing wat self voor betaal is. Ek is besig om dit by my huis te doen. Wie gaan my stop? Dit us my eendom met my geld gekoop en ek kan daar doen presies wat ten voordeel is vir my en die mense wat dit benodig. Twak man! Nks regverdig so n hofbesluit nie. Maar as mens onnosel genoeg wil wees om in n koalisie met n staats instansie te wil werk, dan moet jy maar due nagevolge dra.

Alex ·

Ek kan verseker sê dat hier dalk n politieke inmenging is. Die ANC moet voel hulle het mag en is in beheer. Om iets toe te laat wat hulle nie vinger in die pie kan hê nie, gee hulle slaaplose nagte.

Blomkind ·

Hulle wil in beheer van alles wees…Seke tot hoe ek my hare kam…Die President sê maak jou eie plan om krag op te wek, nou doen ons dit…Nou is hulle nie gelukkig nie want hulle kan nie in beheer wees nie…Hulle wat die ANC regering is wil in weelde lewe en almal om hulle moet vrek van ellende…Dis wat hulle hê…

ES ·

Wat ‘n absolute klug! Dis verregaande!! Dit bewys weereens dat die ANC ‘n agenda het almal arm en afhanklik te los, anders verloor hulle hul mag!

Casper ·

Volgens my was daar beslis politieke inmenging.Hoekom sal die munisipaliteit teen die opwekking van krag skop,dit is tog tot hulle voordeel.

LANA is ELANè ·

En so hou die ANC regering mense gyselaar, waarom? Want hulle self is in die proses om privaat te gaan onder die vaandel van AFRICAN RAINBOW ENERGY AND POWER sodat regeringsamptenare alleenlik kan baatvind by die sg privatisering v ESKOM.

Willi ·

Wys jou net hoe die regstelsel geinfiltreer is met anc geen onpartydigheid meer nie.

Nettie ·

Ons EIS dat die regering, die president, Eskom EN die munisipaliteit verantwoording doen hieroor!!

Solidariteit, Afriforum en ander organisasies, kan julle asseblief druk toepas dat daar aan ons en die inwoners verduidelik word wat hier gebeur het, hoekom en wat ons daaraan kan doen? Hierdie is mos totaal en al onaanvaarbaar terwyl ons huiwer op die randjie van fases 7 en 8!

Jacobus ·

Die regspraak bly maar duister.
Sou reken om “counterfeit” sigarette gedurende die COVID scam te verkoop om aksynsbelasting te vermy (avoid) ook “voiding” is. Vra maar uit onkunde?

Linda ·

Ek verstaan nie Cyril het dan gese dit is nie die staat se werk om krag te voorsien nie.

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

….want hulle is boelies en wil ñ monopolie oor alle krag hê.

JvR ·

En dan is daar nog morone wat dink dit gaan oor onderhoud. Alles behalwe

Martie ·

Wat is volgende… gaan eskom my verbied om gestoorde krag wat my sonpanele opgebou en op batterye gestoor het te gebruik?

Pinoccio ·

Baan hierdie die weg om elke sonkrag opwekker te beveel om by die loadshedding skedule te hou? Hier word ‘n duister agenda gedryf!

Oosieoos ·

Hoe onnosel kan jy wees. Hier is soos gewoonlik a slang in die gras

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.