Hy het al liedjies vir Mathys Roets, Dozi en Ricus Nel, om net ʼn paar te noem, geskryf en word gereken as een van die beste Afrikaanse liedjieskrywers.
Lees meerAlles vir Vrydag 21 April 2023
Vlugtelinge voor VN-kantoor in Pta verwyder
Die polisie het Vrydag meer as 100 vlugtelinge verwyder wat al vir langer as drie jaar buite die kantoor van die Verenigde Nasies se Hoëkommissariaat vir Vlugtelinge (VNKHV) in Pretoria gewoon het.
Beskuldigdes in Nulane-saak vrygespreek
Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) oorweeg sy opsies nadat die hooggeregshof in Bloemfontein Vrydag die beskuldigdes in die Nulane-bedrogsaak van R24,9 miljoen vrygespreek het.
Eskom sê oor Frankfort wat móét beurtkrag kry
“In die geval van Frankfort is die opwekkingskapasiteit van die sonkragaanleg nie voldoende om al die elektrisiteitsbehoeftes van die dorp tydens beurtkrag te dek nie.”
Brics-beraad: Poetin kom glo; SA ‘bespreek nog’ lasbrief
’n Oekraïense Nobelpryswenner vir vrede het vroeër die week ’n beroep op Suid-Afrika gedoen om nie vir Poetin toe te laat om die Brics-beraad by te woon nie.
ToekomsVenster: Hy is ook nou daar by jou
“Ek sal jou nooit begewe en nooit verlaat nie”. Jesus sê, nooit. Hy is ook nou daar by jou, te midde van jou nood, swaarkry, verleentheid en hartseer.
Beurtkrag: Fases 3 en 4 geld die naweek
Fase 6-beurtkrag sal tot vroeg Saterdagoggend voortduur waarna fases 3 en 4 vir die res van die naweek ingestel sal word.
Verdagte dood, twee vas ná KZN-massaskietery
ʼn Verdagte is doodgeskiet en nog twee in hegtenis geneem nadat 10 mense, almal glo van dieselfde familie, Vrydag koelbloedig buite Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, vermoor is.
Só lyk DA se nuwe ‘skadukabinet’
Die amptelike opposisie sê die skommeling is gedoen sodat dit strook met pres. Cyril Ramaphosa se skommeling vroeër vanjaar aan sy uitvoerende kabinet.
Britse adjunk- eerste minister bedank oor boeliebewerings
Dominic Raab, wat al vantevore vir die voormalige Britse premier Boris Johnson ingestaan het, het belowe om te bedank indien enige bewerings teen hom in die verslag bevestig word.
Vertoon van ou landsvlag bly haatspraak
“Vryheid van uitdrukking as ’n reg het ongelukkig afgewater geraak in hierdie land,” sê AfriForum.
Eskom is Persklub se grootste ‘nuusmaker’
Verskeie ander toekennings is ook Donderdagaand in die kategorie “joernalis van die jaar” gedoen, onder andere aan die Afrikaanse joernalis, Anton Meijer. Dié gesoute Pretoria FM-joernalis het met twee toekennings weggestap.
Kyk: Tshwane-burgemeester oor Pta se waterkrisis
Die Pretoriase burgemeester en die adjunkminister van water en sanitasie besoek reservoirs in die metrogebied in reaksie op die voortslepende waterprobleme wat die stad teister.
Lesersbrief: Dié jammer-sê kom uit my hart uit
Ek wil jammer sê vir al die kinders wat ʼn pad moet loop van swaarkry, dae sonder kos, dae wat julle na ʼn bakleiery moet luister, omdat daar nie geld is vir drank en sigarette nie, terwyl jou kindermagie net smag na ʼn snytjie brood.
Musiekdroom ná dekade bewaarheid
In 2014 het Fouché Wessels in sy matriekjaar ’n liedjie saam met een van sy vriende geskryf. Vandag, byna ’n dekade later, en na baie water onderdeur die brug geloop het, het dié liedjie eindelik die klankgolwe getref.
Vermeende verkragter wil nie self getuig
AfriForum se privaatvervolgingseenheid vervolg al jare lank Isaac Andile Memese privaat namens Celeste Gouws nadat die direkteur van openbare vervolging in die Oos-Kaap geweier het om hom vir die beweerde misdryf te vervolg.
Tien familielede in KZN afgemaai
ʼn Polisie-afvaardiging onder leiding van genl. Fannie Masemola is Vrydag na die misdaadtoneel ontplooi.
Beperkingsbevel van halfmiljard teen Eskom-subkontrakteurs
Die bevel is Donderdag deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se batebeslagleggingseenheid (AFU) teen ses beskuldigdes en 14 belanghebbende partye uitgeoefen.
Video: Nuwe seisoen van ‘Real Housewives’ skop af
Dit was egter Anita Lloyd, vrou van die KWV-baas Boyce Lloyd, wat veral kykers na hulle asems laat snak het met die kwinkslae wat sy kwytgeraak het.
Frankfort moet sonkrag weggooi, maar beurtkrag móét hy toepas
Frankfort in die Vrystaat, wat bedags genoeg krag self opwek om aan inwoners se behoeftes te voldoen, word nou ingevolge ʼn hofbevel verplig om nietemin beurtkrag toe te pas nadat Eskom beswaar gemaak het.