Vertoon van ou landsvlag bly haatspraak

Die appèlhof in Bloemfontein. (Argieffoto: ANA)

Dit is steeds haatspraak om die ou landsvlag in jou huis of in die openbaar te vertoon.

Die appèlhof in Bloemfontein het AfriForum se appèlaansoek teen ’n vroeëre uitspraak wat die vertoon van die ou Suid-Afrikaanse landsvlag in die meeste omstandighede tot haatspraak verklaar het, Vrydag van die hand gewys.

Die burgerregtegroep sê nou hy sal met sy regspan gesels oor die pad vorentoe.

“Vryheid van uitdrukking as ’n reg het in hierdie land ongelukkig afgewater geraak. Dit is ’n beginsel wat hier die slagoffer geword het van belaglike dubbele standaarde en die toekomstige gevolge sal waarskynlik skadelik wees,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

Die organisasie sê die feit dat die ou Suid-Afrikaanse vlag vir sommige mense aanstoot gee, is nie ’n geldige rede om dit tot haatspraak te verklaar nie.

Van Zyl het dit Vrydag onomwonde gestel dat AfriForum se standpunt in hierdie saak nié beteken dat die organisasie die vlag vertoon of dat die organisasie nie werklike haatspraak ten sterkste sal teenstaan nie.

“Werklike haatspraak sluit in die verspreiding van haat teenoor ’n sekere groep mense, gegrond op hul identiteit en uitsprake wat neerkom op aanhitsing tot geweld en skadelike optrede. Ons betree wel chaotiese en gevaarlike waters wanneer die wet uitgeoefen kan word om mense se gevoelens te beskerm wanneer hulle slegs aanstoot neem.”

Die gelykheidshof het in 2019 beslis dat die vertoon van die ou Suid-Afrikaanse vlag in ’n sekere konteks op haatspraak neerkom. Adjunk-regter-president Phineas Mojapelo het ook destyds bevind dat die swaai van die vlag verdelend en kwetsend is.

Die uitspraak beteken dat die ongegronde tentoonstelling van die vlag, byvoorbeeld by ’n sportbyeenkoms, verbied word. Die vertoon daarvan word steeds in byvoorbeeld museums en in ’n akademiese konteks toegelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Adriaan ·

Dit is nie die OU vlag nie….dit sal my vlag bly vir ewig.

Gene ·

Die vlag is haatspraak? Wat van al Malema en die EFF se uitsprake?

Staal ·

Ek het groot geword met die ou landsvlag. Ek het diensplig gedoen onder die ou landsvlag. Ek was trots om te dien onder die ou vlag. Haatspraak? Nonsens.

George ·

As jy die regte kleur is, stem hulle saam jou, as jy soos ek, nie die regte kleur is nie, dis nie haatspraak volgens my nie, maar ek sal nie daai gemors wil sien nie.

Anonymouse ·

Daai grensoorlog was een van die grootste vermorste van mense lewens in ons land se geskiedenis. Die manne in die parlement het besluite geneem en families van alle kleure het geliefdes verloor. En vir wat?

George ·

Die boere waai graag n vlag wat die vlag op het wat duisende vroue en kinders laat sterf het in konsentrasie kampe. Ek glo nie dies haatspraak nie, maar gaan wapper nie swatstika in duitsland of poland.

Papsak ·

Wel ek het groot geword met ou landsvlag en daar was geen fout met vlag nie hoekom nou ek het my ou landsvlag en vir my geen aan stoot nie ek sal hom hys in my jaart en my huis en niemand sal my vertel ek mag nie hierdie landsvlag nou is n seer oog regtig so flip of

Debbie ·

Dan is kill the farmer kill the boer ook haatspraak of wat?

Jessey ·

Ek stem, ek neem aanstoot as hulle dit sing en rooi dra. Dan neem ek ook aanstoot as daar gepraat word van “Our People” en ek weet blankes is nie deel van “Our People” nie

groenboer ·

Die dubbele standaarde is die probleem hier: ek kan nog aanvaar dat die blote vertoon van ‘n vlag haatspraak is, maar die openlike beroep dat mense op grond van etnisiteit vermoor moet word is nie?

[email protected] ·

Dan is publisering van enige Julius Malema foto ook haatspraak. Hy sing kill the boor kill the farmer.
Die landsvlag het niemand aangeval of seergemaak of met die dood gedreig nie.

JvR ·

Ek stem saam. Die ou landsvlag het maar net ons onderdanigheid aan britanje ten toon gestel. Gee vir my die vierkleur

Andre ·

Wat n klomp snert die nuwe vlag is haatspraak dit het geen betekenis nie!!

Isabella Susanna ·

Wat van die huidige landsvlag? Nog erger. Haat spraak, moord, misdaad, land se agteruitgang gaan onder die vlag.

Anonymouse ·

Die nuwe vlag is een van die mooiste vlae in die wereld. Haat, misbraak en agteruitgang beteken nie dat ons ander mense in hierdie land se regte kan verontagsaam nie. Dis nie die ANC vlag nie. Dis die vlag van al die mense in hierdie land. As jy verkies om in ‘n land met ‘n wit meerderheid te bly, is daar ‘n hele paar wat ek vir jou kan aanbeveel.

Dandeleen ·

Kan jy ook groot asseblief vir ons die finansies saam gee, dan gaan ons vandag nog!

Hennie ·

En ek het al die tyd gedink jy mag dit wel in jou eie huis vertoon!?

Kokkie ·

Mag ‘n mens dit ook nie in ‘n privaatwoning vertoon nie ?

Owlie ·

As die vertoon van n ou landsvlag haatspraak is dan is die vertoon van die nuwe vlag haatspraak vir die wat op die grens vir volk en vaderland moes veg sodat almal insluitende die anc vandag in SA kan woon, ou gesigte op geld/ kill the boer /politieke omkoop vir verkiesings / om publiek te ontneem van lewens belangrike werk en gesondheid / om die land in donkerte te hul weens korrupsie en plundering is dan ook haatspraak ens ens ens
In elk geval wat binne jou privaat huis vertoon word het niks met ander te doen nie.
In baie opsigte veral na die bomme destyds in Pretoria gee die anc vlag vir baie mense wat geliefdes verloor het aanstoot – het enige van daardie mense wat rede het al ooit hof toe gegaan oor die vlag NEE BESLIS NIE
Word groot en hou op geld mors op onsinnige sake soos hierdie – Die ou vlag die nuwe vlag was, is en sal altyd deel bly van Suid Afrika Die van julle wat so teen die ou vlag en geskiedenisvis het nie n idee waaroor alles gaan nie.

Nick ·

Een wet vir een groep en n ander vir n tweede groep. Ek haat geen een nie maar sal nie die ou vlag opgee nie. Sal dit net opgee as haatspraak teenoor blankes ook tot niet gemaak word. Wees op die uitkyk op Twickenham rugby – jy sal die vlag sien.

Johann ·

Ja wel die ANC vlag skree van haat! Terroris organisasie wat met geweld aan bewind gekom het en steeds bly. Weerlose mense aan vlarde geruk met hulle bomme. En ruk deesdae die land aan vlarde met hulle rassistiese aanslag. Nevermind dubbel standaarde…GEEN standaarde nie.

Johanna ·

Ek sal steeds die landsvlag eer. Kan nie wag dat dit weer in die land gaan wasi nie. En ek glo dit gaan nie jare vat voor dit so is nie. En ons,swart,wit,bruin of geel wat glo aan geregtigheid moet saamstaan

Anonymouse ·

Daai dae is oor, dame. Tyd om aan te beweeg. Ek verstaan nie mooi hoe so baie mense dink die land behoort net aan die witmense nie. Miskien kan iemand dit aan my verduidelik.

JvR ·

Jy dink werklik in hierdie tye gaan enige iets weer terug na “normaal” gaan?

Watsenaam ·

Mens kan onder die skuil naam “Julius” haatspraak pleeg en dan behoort ons nes hy, niks oor te kom nie.
Hemel, ons is n handjie vol blankes in die land oor, en nog haat hulle ons blankes wat nog nie land uit is nie meer. Dit word as haatdraend en onvergewensgesindheid beskou. Ons blankes moet nou mooi begin dink oor die pad vorentoe.
Dalk n nuwe “freedom party”geskoei op die anc manier van doen?

Elma ·

In MY huis wat EK betaal, sal ek vir seker vertoon presies net wat ek wil.

Sobymykoolkop ·

Anc vlag die toppunt daarvan. Landmyne op plaaspaaie. Kerkstraat bom ens ens. Toppunt van minderwaardigheid……..bang vir ń vlag…….of dalk bang wat kan gebeur as daar onder daai vlag saamgestaan word…..

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Anc is skytbang as jy my vra, hy weet as hy mag afstaan, gaan hy rekenskap moet gee, en hy gaan!

groenboer ·

Ek het so gevoel sosiale media gaan straks nou so vol van dié vlag wapper dat owerhede in elk geval niks daaraan gaan kan doen nie…

Anel ·

Wat ek in my huis vertoon of uitstal het niks met niemand te doen nie. Ons het geleer om daaardie vlag te respekteer. As ‘n lid van die mag, het ons die vlag met ons van trots op ons bors gedra. Baie van ons friende en kollegas het gesterf onder die vlag. Nou is ‘n vlag haatspraak! Hie praat ‘n vlag? Hierdie ander affere wat hulle ‘n vlag noem, is dan vir my haatspraak. Onder die ding het ons nog net swaar gekry. Misdaad is uit beheer, ons bly in die donker, sit sonder water en ons word orals uit gesluit. Dit kan ook geen respek af dwing nie. Kyk hoe lyk party van dit, sulke repies! Die hofnar moet sy kop laat lees,! Haatspraak, kan jy nou meer!!!!

Henry ·

ai tog dit is ook seker hoekom hulle al die plek name ook verander nou bly ek nie meer in port Elizabeth wat vernoem is na Rufine Dunken se vrou nie maar in gebergtes.
shame

Eugene ·

Middel vinger vir die appelhof. Ek het die ou landsvlag nou nog, dis in my sitkamer. Dis my huis, niemand sal my Keer nie. Die lands vlag wat ons nou het, gebruik ek om vloere te was. Is juluis MALema se “kill the boer” nie haatspraak nie????????

Eugene ·

Dit sal n’ dag wees. Dis my huis. Ek sal ook kaal Fotos van vrouens teen my mure sit. Niks en niemand sal my Keer nie.

Hannes ·

“Haatspraak” word gedefinieerd deur die regering van die dag. Ek hoop regtig 2024 verwyder die ANC vir goed!

Tikkel Tokkel Jimpels Gogga ·

Alle regdenkende, vredeliewende landsburgers hoop en bid so!

Jr ·

Glo my die nuwe Suid Afrikaanse kommunis vlag en lands lied gee my aanstoot. Die simboliseer teen rassime, korrupsie, verval, diefstal, plundering, crime, kader kartels. So moenie vir my sê wat ek mag hou in my huis en wat ek nie kan.

Maggies ·

So my pragtige antieke koper skinkbord met die Voortrekker monument én die ou landsvlag, mag nie meer teen die muur in my eie huis hang nie?

Sandra ·

In my huis sal niemand vir my voorse wat ek mag of nie mag he nie. Sorry vir jou.

Anzi ·

As die ou landsvlag waarmee ek Groot geword het, haatspraak is, Dan is die taal waarmee Hy Groot geword het ook haatspraak

Eugene ·

Net om MALema se gesig te sien, is haatspraak. Die vorige landsvlag, was neutral, die huidige vlag, moedig rassehaat aan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.