Beurtkrag: Fases 3 en 4 geld die naweek

Argieffoto (Foto: Mujahid Safodien/AFP)

Fase 6-beurtkrag sal tot vroeg Saterdagoggend voortduur waarna fases 3 en 4 vir die res van die naweek ingestel sal word.

Fase 3-beurtkrag sal vanaf 05:00 Saterdag tot 16:00 toegepas word, waarna fase 4 tot 05:00 Sondag sal geld. Dieselfde patroon sal herhaal word tot 05:00 Maandag.

Altesaam 15 930 MW opwekkingsvermoë is tans onbeskikbaar, terwyl 6 505 MW weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar is nie.

Opwekkingseenhede by die Kendal-, Kriel-, Matimba- en Medupi-kragstasie is oor die afgelope 24 uur weer in diens gestel, maar in dieselfde tydperk het opwekkingseenhede by die Matla- en Tutuka-kragstasie onklaar geraak.

Vertragings wat ondervind is om eenhede by die Kriel- en Tutuka-kragstasie weer in diens te stel, het volgens Eskom tot die las op die elektrisiteitsnetwerk bygedra.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Johann ·

Whahahahhaaaaa……nee wat. Ons is almal mushrooms in Eskom se beplanning. Word in die donker gehou en poef gevoer.

JvR ·

En die volk se halleluja omdat daar nou net twee ure op n slag onderbrekings is

Burgermeester ·

Ek het nie veel vertroue dat dit by Fases 3 & 4 sal bly nie.

Papsak ·

Ja hulle dink ons klomp mushrooms voer ons p*p en ly ons in donkerte rond daar moet lankal nie meer beurtkrag wees nie korrupte klomp

Eugene ·

Mnr ramp-okpoga. Julle fire de Ruyter, maar beurtkrag is nou meer erger. Julle wou n’ anderkleurige in de Ruyter se plek aanstel. De Ruyter jy sal tops bly

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.