Gautengse verkeersbeampte in huis vermoor

Khwezi Dali (Foto: Verskaf)

ʼn Gautengse verkeersbeampte is die naweek in sy huis vermoor terwyl sy dienspistool en private voertuig ook gesteel is.

Khwezi Dali (55), wat aan die Wadeville-verkeerskantoor verbonde was, is Saterdagaand in sy huis in Boksburg vermoor.

Volgens die Gautengse departement vir gemeenskapsveiligheid dui voorlopige inligting daarop dat Dali aan kopbeserings dood is wat hy tydens die aanval opgedoen het.

Dali se voertuig is later verlate in Daveyton in Ekurhuleni gevind. Die Boksburg-Noord-polisie ondersoek die moord op Dali.

Faith Mazibuko, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, het benadruk dat Dali se moordenaar/s so gou as moontlik in hegtenis geneem moet word.

“Ek het met die Gautengse polisiebestuur in gesprek getree en hulle versoek om alle hulpbronne in te span om te verseker dat diegene wat verantwoordelik is vir die sinnelose moord op Dali aan die pen ry.”

Mazibuko het die gemeenskap ook aangemoedig om na vore te kom met inligting wat die polisie kan help met hul ondersoek.

“Ek wil namens die Gautengse provinsiale regering ons innige meegevoel betuig met Dali se familie, vriende en kollegas in dié tyd,” het Mazibuko bygevoeg.

Die departement sal berading aan Dali se familie verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Casper ·

Dit is die wilde weste waarin ons leef.Solank die verfoeilike ANC hom blind staar teen die anargie waarin ons land verkeer gaan dinge baie erger word.Die doodstraf is nie vir sakke rollers en handsak diewe nie maar vir geharde moordenaars en verkragters.juis a g v die verbanning van die doodstraf gaan dit so.Nog ‘n vuurwapen waarmee daar nog ernstige misdrywe gepleeg gaan word en sekerlik nog ‘n paar moorde.Oom met die hoed skitter met sy stilswye want hy is net so pateet.

Samuel ·

Innige simpatie met sy naasbestaandes. Mag hy in vrede rus.

Lindi ·

RIV Vroeer jare moes ELKE LIEWE dienspistool/vuurwapen ingehandig word, sodra ‘n beampte van diens afgaan en kan “trek” die beampte dit die volgende keer wat hy op skof is, sy wapen uit die kluis by die polisie katoor.

Swerwer ·

Innige simpatie en meegevoel aan sy familie, vriende en kollegas. Mag die skuldige partye die swaarste straf ontvang.

Stephen ·

To call Bheki Cele an idiot is a compliment. His intelligence level has not reached those heights.

Harley Davidson ·

Die kriminele is nou so vol selfvertroue dat hulle sommer die wetstoepassing lede aanval want die polisie het swak en lui geword.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.