Gebied sal dalk weer as ‘Distrik Ses’ bekend staan

Huise in Distrik Ses (2014) (Foto: HelenOnline – Eie werk via Wikimedia Commons)

Die Demokratiese Alliansie in die Wes-Kaap het gesê hy ondersteun die versoek om die naam van die Kaapstadse voorstad, Zonnebloem, na die oorspronklike naam, Distrik Ses, terug te verander.

Reagen Allen, voorsitter van die staande komitee oor kultuursake en sport, het gesê die herstel van Distrik Ses se naam speel ʼn belangrike rol om die kulturele identiteit te gedenk wat eie is aan voorstede in Kaapstad Stadskom en om die kulturele diversiteit van die gebied weer in te stel.

“Distrik Ses bly ʼn integrale deel van ons land se geskiedenis en om die oorspronklike naam te herstel, gedenk die erfenis van die gemeenskap en is ʼn tree vorentoe om ons moeilike verlede aan te spreek.”

Ná Distrik Ses onder die Groepsgebiedewet van 1950 as ʼn “slegs wittes”-gebied verklaar is, is talle van sy inwoners uit die gebied verwyder, waar hulle en hul families al geslagte lank gewoon het, en verskuif na die buitewyke van Kaapstad. “Talle inwoners is vandag nog steeds afgesny van vervoer, werksgeleenthede, beter lewensomstandighede en selfs grond wat hul geboortereg is,” het Allen bygevoeg.

Hy het gesê om Zonnebloem se naam na Distrik Ses te verander, wys op ʼn breër behoefte van mense om weer hul identiteit en erfenis terug te neem en gedeelde ruimtes te herbou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Lizelda ·

Om die naam terug te verander is een ding DA maar gaan niks verander as d mense wat daardie tyd verwyder v hulle huis dt nie terug kry nie. Watse troos bring dt vir daardie mense??? Niks as jy my vra.

Distrik ses ja! ·

Lizelda, lyk my ek en jy stem saam. Jy is 100% reg. Die eina wat daardie mense aangedoen is, sal nooit ooit verlig word nie, al bou hulle 100 distrik sesse! hulle was soos diere uitgegooi en alles platgevee. Geen wonder daardie mense haat ons blankes so nie en hulle is mense. Ek is lief vir hulle!

Annie Webb ·

Sekere “ou” name veroorsaak soveel “pyn” dat dit verander moet word na die een of ander onuitspreekbare “inheemse” naam. Maar Distrik Ses moet weer Distrik Ses word? Waar’s die pyn nou? En volgens die mense wat weet, het die meeste eiendomme daar destyds aan “slum lords” behoort en was die bewoners huurders, nie eienaars nie. En is die verskuiwing gedoen om ontslae te raak van die misdaadnes vas teenaan meer gegoede buurte. Maar nouja, ons geskiedenis hang af van wie dit vertel …

PaulV ·

Lerato; as jy net ‘n klein bietjie vir jouself wil dink, sal jy besef Annie Webb verwys na die aktekantoor.

Aardbewoner en Lizelda hieronder; geen grond is van hulle gevat nie. Baie van die mense wat voor 1950 daar gehuur het, lewe seker nie eens meer nie. Indien daar enige mense is wat titelaktes het om te bewys dat hulle eiendom daar gekoop het en toe verwyder is, is dit natuurlik ‘n ander saak. Die aktekantoor sal ook wél bewyse hê indien die inwoners van destyds die huise besit het. Dit blyk egter dat die mense/nasate wat die afgelope jare ‘lawaai maak’, almal daar gehuur het.

Aardbewoner ·

Gun die mense to hul plekkie onder die son! Die grond is van hulle gevat , gee dit terug.

humor ·

As jy n valse persepsie koester dan is jy met meer kwaad besig as om n volle leuen aan te hang..

Andreas ·

Jy laat mens dink …. diep …

Ek hoop ander lees jou ook.

piet piet ·

Die DA se vernote die anc en eff sal dit nooit toelaat nie distrik ses is afrikaans en word teen gediskrimineer deur die DA nou wat sal hulle vernote sê??

PJC ·

Annie Webb jy is heeltemal reg. Die mense moet mos bewyse soos titelaktes hê as hulle die eiendomme besit het. Daar moet tog nog bewyse daarvan in die aktekantoor wees maar almal swyg soos die graf daaroor want dit is deesdae mos mode om die geskiedenis te verdraai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.