‘Gebruik 2024 se verkiesing om vryheid te bekom’

Pieter Groenewald, VF Plus-leier (Foto: @ParliamentofRSA/Twitter)

“Daar kan nooit sprake van vryheid wees onder die ANC-regering nie. Daarom is dit allerbelangrik om in aanstaande jaar se verkiesing van die ANC ontslae te raak om ware vryheid te bewerkstellig.”

Só sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus Donderdag in ʼn verklaring op Vryheidsdag.

“Elke stemgeregtigde persoon in Suid-Afrika moet seker maak hy of sy is geregistreer om te stem. Wegblyers moet besef dat dit juis hul stil stem is wat die ANC vir nog ʼn termyn aan bewind kan hou.”

Groenewald meen Suid-Afrika kan die ANC nie langer bekostig nie. “Hoe langer die huidige regering aan bewind bly, hoe meer raak vryheid op elke gebied weggekalwe en hoe swakker raak die ekonomie.”

Hy sê die VF Plus sal nie ophou om te wys op die ongeregtighede van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en regstellende aksie (RA) nie, want solank daar rasdiskriminerende wette bestaan, sal minderhede in Suid-Afrika nie waarlik vry wees nie.

Die party het hierdie week sy omvattende ekonomiese herstelplan vir Suid-Afrika bekend gestel waarin bevestig word tot in watter mate SEB die ekonomie striem. In die plan word aangedui dat meer as 16 miljoen mense in 2019 werk gehad het en tans het minder as 16 miljoen mense werk.

Die party herbevestig in die plan sy voorstel om SEB te vervang met ʼn beleid van swart ekonomiese vaardigheidsoordrag (Black Economic Skills Transfer of BEST).

“Die realiteit is dat die regering ná bykans dertig jaar steeds rasgegronde beleid en wetgewing wat veral minderhede teiken, uitbrei en verskerp. Twee weke gelede het president Cyril Ramaphosa die jongste wysigingswetsontwerp van die Regstellende Aksie-wet afgeteken. Dit gee selfs groter magte aan die minister van arbeid om verdere rassekwotas eensydig op die private sektor af te dwing.”

Groenewald sê in die proses speel meriete en bevoegdheid geen rol nie, slegs kleur. Vaardigheidsoordrag en -ontwikkeling vind nie plaas nie en eindelik word almal in die land benadeel.

“Die ANC mislei die publiek deur voor te gee hy staan vir grondwetlike regte en vryheid vir almal. Wanneer miljoene mense nie werk en kos het of ʼn dak oor die kop nie, is vryheid sonder betekenis. Die publiek sal eindelik self moet optree om hul vryheid in te bekom en ’n toekoms vir hulle en hul kinders te skep. Dit kan in 2024 by die stembus gedoen word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Gaitsigubib ·

Die laaste maal wat ek by n stembus gestaan het, was in die referendum in 1992. Ek het uiteraard nie “JA” gestem nie, want ek het genoeg voorbeelde van “demokrasie” in al sy glorie in die res van Afrika gesien. Na die uitslag het ek gedink die kiesers moet eers so bietjie die werke van hul hande aanskou voor ek weer gaan stem. Nou sien ek hulle almal immigreer, en van die veiligheid van ander lande, of die hoe mure van hul estates vertel hulle jou hoe goed hul “JA” besluit was. Nie Mmusi Maimane se onsmaaklike uitlatings oor sy “blanke” vrou, of die DA se samewerking met die EFF kon sommige mense tot inkeer bring nie. Nou wil ek graag sit en kyk hoe die DA Poetin gaan arresteer! Moet mens nou werklik so party erstig opneem? Ek sal hierdie ronte daaraan dink om weer my kruis te trek – Ek sal vir die party stem wat my belange in ag neem.

Harley Davidson ·

Die fiasko was oor de klerk die mense belieg het maar ek glo hy het groot voordeel finansieel daaruit gemaak.

Yvonne ·

Dit bly jou keuse…as almal so dink dan kan dit net nog n jammer dag wees….ek bid oor die saak

Gaitsigubib ·

Goeie positiewe kommentaar Yvonne. Ek bid ook want ek het nie die antwoorde nie, maar as ek kan sal ek gaan stem.

Harley Davidson ·

Ek stem saam met Dr Groenewald as die ANC/eff die verkiesing wen sal sa n ongekende elende beleef en ek hoop die wat die hongerste gaan wees besef dit voor hulle hul stem vir ‘n t hemp verkoop.

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

In Suid-Afrika is daar twee botsende denkstrominge. Die een stroom, vergestald in die ANC en die EFF, omhels Marxisme en die denke dat die staat die denke en staatsafhanklikheid van die burgers moet bestuur van die wieg tot die graf. Daarteenoor is daar die denkstroom dat elke burger sy verantwoordelikheid moet opneem vir sy eie lewensbestaan deur produkte ( insluitende dienste) op ‘n kompeterende basis te lewer vir eie voorspoed en kwaliteit van lewe. Die eerste denkstroom voed ‘n kultuur van “state dependency, demand and entitlement” en die staat moet lewer. Die tweede stroom moedig ‘n werkstrots en selfaktualisering aan. Daar is geen grysgebied van aansluiting tussen die twee strominge nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Groenewald het boedel oorgegee. Hy herhaal homself elke dag. Wat doen hy nog vir Afrikaners? Kom dok, rol daai moue op.

Gaitsigubib ·

Nee die VF+ het skerp gegroei en groei steeds. Dit sal wel n plaffon bereik, maar as genoeg van n sekere groep mense vir hulle stem kan n mens wel gehoor word. Mense kan wel saamstaan ons moet net genoeg “common ground” vind. Waar jy le op die politieke lyn is besonders belanrik. Ongelukkig het die kommunistiese ideologie kwaai aanklank by die meerderheid mense in SA gevind. Erger is dat die meerderheid nie kommunisme kan definieer nie. Ek sou wou he jou afmerker moet homself verduidelik, maar..

Republikein in die Wes Kaap ·

Die vraag vir my is wat is die Afrikaner se rol in die land. Wat is Groenewald se visie vir ons? Oor 50 jaar, oor 100 jaar? Eers dan kan hy, en ander Afrikaners, die pad vir ons uitstippel. Afrikaners wat hier woon is tans 4% van die bevolking. Ek sluit Afrikaner emigrante uit, hulle het ‘n keuse gemaak. Ook nie-Afrikaanssprekende wittes. Hulle het hul eie prioriteite. Ons is vasgevang tussen swart politici wat geen belang in ons toekoms het nie. Ons is nie meer ‘n faktor nie.

Owlie ·

Vryheid is slegs moontlik as mense en partye bereid is om saam te staan, al hierdie onnodige klein party crap te laat vaar en ooreenkom tot n ware opposing. Begin voor verkiesing – nou al wys wat gedoen sal word en die publiek sal opstaan en omdraai maar die gedurige toutrekkery en publieke aanvalle teen oartye jaag die publiek weg. Staan op en begin by voeding skemas waar skenkings inkom en werklkk eerlik versprei word, behuising al is dit in n koshuis, ware mediese hulp, warm klere en komberse vir die winter – alles vir alle rasse

Republikein in die Wes Kaap ·

Welsynswerk is altyd welkom, maar moet sonder bymotiewe gedoen word. Maar die regime sal ook terugslaan deur die bestaanstoelaag met R50 p.m. te verhoog om stemme te lok.

Chris ·

Baie wyse woorde. Elke inwoner in SA het die verantwoordelikheid on sy/haar stem te laat hoor om waarlik Vry te wees van hierdie outokratiese ANC. Baklei nou vir ons regte.

Jaco ·

Toe die verregse AWB in die 1980s ‘n volkstaat bedink het, het die regerende Nasionale Party gesê dis rassisme. Die regse Konserwatiewe Party en die ewe regse Herstigte Nasionale Party (vreemd; dié 2 partye kon NOOIT saamwerk nie) het gesê “ ‘n volkstaat kan nie werk nie”. In 1991, toe ALMAL al geweet het dat die ontbande ANC ‘n veelrassige verkiesing sou wen, het net 60 mense darem Orania gestig, maar na 31 jaar het Orania net 2377 mense, wat terloops in 8 kerke verdeel is. So selfs daar is onenigheid.
Byna 1 miljoen nee stemme in 1992 se referendum was in 1994 af na 425 000 vir die Vryheidsfront.Die Konserwatiewe Party het mos daardie verkiesing geboikot. Daarna het die VF-Plus in elke verkiesing verswak, tot by bietjie van ‘n oplewing in 2019. Ons het kanse verspeel deur oplossings af te skiet met “dis rassisme”, “dit sal nie werk nie” en” daars nie geld daarvoor nie”, enersdenkende groepe wou ook nie saamwerk nie en ons boikot verkiesings.Ons grawe lekker aan ons eie graf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.