Alhoewel die kragnetwerk onder druk bly, sal daar na verwagting geen beurtkrag oor die naweek ingestel word nie, het Eskom gesê.
Die kragvoorsiener het gesê kragopwekkingseenhede bly onbetroubaar.
Alhoewel geen beurtkrag verwag word nie, bly die waarskynlikheid vir beurtkrag steeds van krag. Dit sal slegs ingestel word indien dit nodig is. Daar is voldoende diesel vir Eskom se oop-siklus gasturbines en water by pompopgaarskemas indien daar ʼn tekort aan kapasiteit is.
Die noodreaksie-bevelsentrum monitor steeds die stelsel. ʼn Prognose vir die res van die week sal Sondag aangekondig word.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
12 Kommentare
Dis nou n prestasie om die ligte aan te hou oor die naweek en dan wil Eskom seker hulle bonusse met dit probeer regverdig!
Dankie Eskom, ons is werklik gelukkig om julle te hê. Waar was ons sonder julle?
Moet ons nou hande klap?
Moenie worry nie Eksdom….SAL se footjies is binnekort vir julle beskikbaar, om verder uit te mors op partytjies, bonusse en ongelooflike duur steenkool….
Oh WOW!!! We know that can change in the blink of an eye!! Siek en sat vir al julle stories en verskonings! Doen wat julle veronderstel is om te doen man.