Geen beurtkrag tot die son sak

Foto ter illustrasie. (Foto: Andrey Metelev/Unsplash)

ʼn Verdere verbetering in Eskom se opwekkingskapasiteit het daar toe gelei dat beurtkrag vandag opgeskort word, maar net tot die son sak.

Die kragvoorsiener het Saterdag aangekondig dat hy beurtkrag van 11:00 tot 16:00 vandag opskort.

Fase 3-beurtkrag sal egter weer van 16:00 van krag wees tot en met Sondag om 05:00.

“Daarna sal beurtkrag ingestel word soos voorheen gekommunikeer is,” sê Eskom.

Dit beteken dat fase 2-beurtkrag Sondag deur die dag ingestel gaan word, gevolg deur fase 4 in die aand.

“Eskom sal aandui as daar enige beduidende verandering in die opwekkingskapasiteit is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.