Geen beurtkrag vir Johannesburg

Argieffoto

Die kragverskaffer City Power het inwoners van Johannesburg Donderdagaand gerusgestel dat húlle, anders as die res van die land, nie vanaand beurtkrag sal hê nie.

Dít volg nadat Eskom laatmiddag aangekondig het dat fase 2-beurtkrag van Donderdag 21:00 tot 06:00 Vrydag ingestel word weens druk op die stelsel en ʼn uitgeputte noodvoorraad.

Isaac Mangena, woordvoerder van City Power, sê in ʼn verklaring Johannesburgers hoef hulle egter nie vir dié beurtkragronde te staal nie aangesien die kragverskaffer ekstra kapasiteit het om beurtkrag af te weer en die 200 MW self kan aanvul wat Eskom moet spaar.

“Daarom spring die inwoners en ondernemings in Johannesburg die beoogde fase 2-beurtkrag vry.”

Mangena het egter almal gemaan om elektrisiteit spaarsamig te gebruik aangesien die kragnetwerk onder druk verkeer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Hugh ·

This does not make sense, isn’t everybody shedding to help the national grid?

Die Swartkat ·

City Power also gets electricity from Pretoria West Power Station & Rooiwal Power Station. These two station’s are not part of Eskom’s fleet and not part of the national grid.

Boertjie ·

Ek wens TshwaneToria wil hieruit leer en dan self begin om krag te genereer. Die ou Rooiwal kragstasie moet maar uit die dode opgewek word (sien wat ek daar gedoen het?) om bietjie bystand te lewer in tye van kragtekorte..

johan ·

nou word die betalende gebruikers nog bestempel as kriminele..”spring buert krag vry”, gaan sny die nie-betaalende diewe se krag en die betalende gebruikers kry krag waarvoor hul wettiglik voor betaal deur hul nekke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.