Geen bewyse vir manipulasie van rand

Tito Mboweni, minister van finansies. Foto: Shayne Robinson/SAPA

Die nasionale tesourie en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) vind geen teken dat die rand tans deur banke of makelaars gemanipuleer word nie.

Só het die minister van finansies, Tito Mboweni, geantwoord op ʼn reeks skriftelike vrae deur die EFF-LP’s Reinilwe Mashabela en Hlengiwe Hlophe.

Die EFF glo vas die nasionale geldeenheid word voortdurend gemanipuleer in ʼn redelik duistere kapitalistiese komplot, en Mboweni het hulle gevra om met bewyse vorendag te kom as hulle oor enige beskik.

Volgens Mboweni het die tesourie én die SAID omvattende navorsing gedoen, maar hulle kry nie bewyse van sodanige gedrag of enige poging van manipulasie van die rand se waarde nie.

Die minister het gesê die rand se waarde is vlottend in ʼn ingewikkelde en verwikkelde mark, so manipulasie sou nogal moeilik wees.

Hy het uitgewys dat die Mededingingskommissie wel besig is met ʼn ondersoek na ʼn voorval waarin beweerde manipulasie deur makelaars voorgekom het.

Die saak voor die Mededingingskommissie is egter ʼn geval waar die gedrag van die betrokke makelaars en die uitwerking daarvan op kliënte ondersoek word – nie die trefkrag op die waarde van die rand nie, aldus die minister.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Dries du Toit ·

Tito jou dae is getel in die ANC. Jy het meer breins as hulle. Bedank voor hulle jou fire. Dan kan ons ook sien of jy regtig die ideologie van die ANC aanhang. Ek twyfel

Diefie ·

Orals is bedrog aan die orde van die dag. Natuurlik word die market gemanipuleer.

Thinus ·

Die rand se verswaking is ‘n spieelbeeld van die regering se agteruitgang weens onbevoegdheid en korrupsie. Die ANC moet uit, hulle neuk als op want hulle verstaan nie hoe die ekonomie werk nie. Tot Ceryl sal nie weet nie, want hy het nie homself ryk gewerk nie. Dis alles agterbakse BEE deals wat hom so verryk het.

John ·

Moodie’s, wie is die groep en wie die bestuur? Die rokie wat opstyg ruik na… vriende van vriende. Die Cyril-tromme stuur net boodskappe uit van ‘ons is goeie ouens wat tot inkeer gekom het en nou alles beter sal doen. Hou net vas en hou moed en bek… please!!! Boem, boem.’

Gemaskerde Sopbeen ·

So as ‘n politikus sê “Laat die Rand maar val ons al hom weer optel”….en die Rand verloor waarde teen die Pond en die Dollar, dan is dit nie “manipulasie” nie? O, oops, skuus…..verwar ek nou “manupilasie” met “onnosele ondeurdagtheid”…skuus man….

Andre Fouche ·

Enige iemand wat dink die rand kan gemanipileer word is n idioot

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.