Geen plek vir Afghaanse vlugtelinge in SA

Mense klou vroeër aan ‘n vliegtuig by die Kaboel-lughawe in ‘n desperate poging om landuit te vlug. (Foto: Wakil Kohsar/AFP)

Die Suid-Afrikaanse regering het kennis geneem van versoeke om Afghaanse vlugtelinge wat tans in Pakistan is hier te huisves, maar die land is nie in ʼn posisie om dié mense te huisves nie.

Die versoek was dat die vlugtelinge in Suid-Afrika bly op pad na hul eindbestemmings, sê Clayson Monyela, woordvoerder van die departement van internasionale betrekkinge en samewerking (Dirco).

“Die Suid-Afrikaanse regering is ongelukkig nie in ʼn posisie om aan so ʼn versoek te voldoen nie,” sê hy.

Volgens Dirco is Suid-Afrika die tuiste van ʼn beduidende getal vlugtelinge en moet die regering reeds aan hul behoeftes voldoen.

“Die meeste van hulle baat ook by maatskaplike hulp en die gratis mediese programme wat ons land bied,” sê Monyela.

“In terme van internasionale reg word hul welstand die beste gedien deur Pakistan, die land waar hulle aanvanklik aangekom het, hangende hul eindbestemmings.”

Katar het tot dusver sy deure vir sowat 50 000 vlugtelinge oopgemaak. Dit sluit sowat 200 kinders in wat sonder hul ouers in die land aangekom het nadat die Taliban Kaboel op 15 Augustus oorgeneem het, berig AFP.

Sommige studente wat landuit gevlug het, is op pad na Rwanda, terwyl ʼn Afghaanse verslaggewer wat ook tans in Katar skuil, hoop om skuiling in Ierland te vind.

Katar het ʼn lang verhouding met die Taliban en was onder meer die gasheer vir vredesgesprekke. Die land word beskou as ʼn sleutelrolspeler in die oplossing van die vlugtelingkrisis.

Oostenryk huisves tans sowat 40 000 Afghaanse vlugtelinge, die grootste Afghaanse gemeenskap per lid van die bevolking in die Europese Unie (EU). Die land het ook reeds gesê hy gaan nie nog vlugtelinge inneem nie.

Die ineenstorting van die regering in Kaboel, ná twee dekades van Amerikaans geleide militêre ingryping, het opnuut vrese laat ontstaan oor ʼn migrasiekrisis soortgelyk aan die een wat die EU in 2015 in die gesig gestaar het.

Daar sal na verwagting ʼn beduidende toename in die getal migrante gesien word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Strandloper ·

Sien is glo…ons huisves dan die hele Afrika met geen beheer!

E ·

Ja nee hulle moet net hier tot kan loop of swem, ek se ook geen meer “vlugtelinge” nie, ons het seker al 7 m afrika vlugtelinge hier. Dis net te lekker vir die belastingbetalers. Sterkte Pakistan.

Dorkie ·

Ons regering kan nie eers na ons Suid Afrikaanse burgers kyk nie. Ek dink ook nie dat ons moslem probleme kan hanteer nie. Die situasie in ons land moet eers opgelos word voordat ons ander kan help. Dit bekommer my wanneer ek lees “Die meeste van hulle baat ook by maatskaplike hulp en die gratis mediese programme wat ons land bied,” & “Die versoek was dat die vlugtelinge in Suid-Afrika bly op pad na hul eindbestemmings,” …… Ons eie mense sukkel om maatskaplike hulp te kry en die gratis mediese programme is teleurstellend. Sodra die vlugtelinge hier aanland, gaan hulle bly. Waar is hulle ‘eindbestemmings’? Nee!!

Hein ·

Dit is die plan. Hulle vlug uit hulle lande en dan wil hulle SA in ‘n moslem land omskep. Bly waar julle is. SA kan nie eens vir sy eie mense sorg nie.

H.A. ·

Julle kan maar kom, hier is nog hom baie plek. Die taxi hy kan hom baie vat.

Annelize ·

Ja nee asb, SA huisves alreeds meer as die helfte van Afrika, ons deure en grense mos oopgegooi vir enigiets en enigiemand. Asblik van Afrika as jy my vra.

JM ·

Suid-Afrika was aan teen ‘n onrusbarende tempo en is reeds oorbevolk en bankrot!

Grassie ·

Dankie tog. Ons kan regtig sonder hulle klaarkom. Ons het genoeg probleme met die oorskiet uit ander derdewêreldlande wat hier kom plak het.

Johann ·

Omtrent die hele Zimbabwe is tans hier aan huis, so ook Mosambiek en ander bure se mense. Ons eie burgers is net omtrent vlugtelinge soos dit tans is hier aangaan.

marius ·

Hoeveel onwettiges is reeds in die hool ? Antwoord dit meneer dirco .

Di ·

O genade, NEE asb tog nie! Kan nou skaars oorleef met al die immigrante in die land en al die kriminele dade wat deur hulle gepleeg word. Soek maar ‘n ander heenkome, ons het genoeg hier

Louise ·

Dis n baie moeilike situasie die! Daar is kinders betrokke wat nie verstaan wat aangaan nie…

anniekiewiet ·

Kinders moet gaan waar hulle regte en menswaardigheid beskerm sal word. Daar is ander lande waar dit geskied.

Elinette ·

Luister, ons het genoeg “vlugtelinge” uit Angola, die DRK, Mosambiek, Zimbabwe, Somalië, Nigerië, Zambië en dies meer, dat ons nog moet pa staan vir vlugtelinge uit Afghanistan ook! Hierdie mense is oorwegend Moslem – en nie noodwendig die rustige, getemperde soort Moslem mense wat ons ken nie. Ek sou dink dit is goed dat DIRCO ‘nee’ gesê het vir nóg ‘n spul volksvreemdelinge.

Esme ·

En voordat ons weet is die klomp Afghane onwettig in die land. Verwag die Regering werklik ons moet hulle glo? Hierdie is immers ‘n land van ‘free for all’

Belinda ·

Ek hoop so, ek sien hoe Zenophobia weer gaan uitbreek as dit moet gebeur dat die mense huisvesting hier kry. Ons is klaar so oorbevolk in SA….

Riekert Arend ·

Ja Ne dis sleg om dit te se maar weer eens moet die Xenophobia voor die ANC se deur geplaas word, JULLE IS VERANTWOORDELIK VIR ONWETTIGES JULLE MOET PA STAAN PAPPA.
EN so by the way Ons Glo Julle Nie!!!!!

Tanja ·

Ons is nie ń moslem land nie, wat wil hulle hier kom maak?

gpsa ·

As hulle wil in dan sal hulle in stap oor ons grense wie gaan hulle keer. Hoeveel onwettige emigrante kon die regering al keer?

Swerwer ·

Glo dit nie vir 1 sekonde nie. Die landsgrense is dan oop vir ieder en elk en daar word nie ‘n vinger geroer om hulle te deporteer nie.

AmY ·

Hier is dan nie eens genoeg elektisiteit en mediese sorg vir ons eie mense nie.
En waar gaan hulle bly? In ons kerksale en skoolsale?

Elize ·

Ek kan nie verstaan hoekom dit n probleem is nie. Hier is reeds heelwat vlugtelinge, maak dit saak of hulle van afrika af kom of elders, so help die arme mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.