Riah Phiyega, die nasionale polisikommissaris, het Vrydag gesê daar is geen program in die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat gebaseer is daarop om mense van sekere rasse of minderheidsgroepe aan te stel nie.
“Ons streef daarna om te verseker dat alle rasgroepe in die opleidingsprogram verteenwoordig word en moedig almal, wat aan die kriteria voldoen, aan om aansoek te doen,” het Phiyega in ʼn verklaring gesê. “Ons is toegewy om seker te maak dat ons die regte gehalte kandidaat het om ʼn professionele diens te verskaf.”
Altesaam 3 800 rekrute sal na verwagting vanjaar met die twee jaar opleidingsprogram begin.
Phiyega het gesê in sekere gebiede word daar slegs klem geplaas op rasgroepe wat onderverteenwoordig is. “Ons wil verteenwoordigend wees, maar sal nooit inboet op gehalte nie. Ons het nie enige ras of taalgroep of kultuur by die proses uitgesluit nie.”
Sy het berigte, dat aansoekers in KwaZulu-Natal aangeraai is dat “isiZulu-sprekers nie moet aansoek doen nie”, ontken.
ʼn Aantal persone wat Donderdag by ʼn saal in Pietermaritzburg opgedaag het om aansoek te doen, is glo weggewys en is aangesê om na enige polisiestasie toe te gaan om die aansoekvorms te bekom. “Dit is slegs omdat die saal in daardie stadium te vol was,” het Phiyega verduidelik. “Hierdie land behoort aan al die burgers, ongeag ras, geslag of godsdiens en is verteenwoordigend van die diverse kulture wat ons in die gemeenskappe sien.”
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
19 Kommentare
Sy lieg mos blatant.
Dai ding lieg mos nou soos n tandetrekker
Sy dink ons is onnosel.
verteenwoordegind van die land of die area ? Stap by enige polisie stasie in , in blanke gebiede en jy sien maar 2 -3 blanke lede op die hele stasie . Word ook nie in jou taal bedien nie . Maar so iets soos 10 blankes per semester in Pretoria
Die polisie van vandag is nie professioneel nie. Wat het geword van ‘n netjiese voorkoms? Hoe kan ‘n oorgewig, om nie die word vet te gebruik nie, ‘n skelm inhardloop van agter af? In die dae toe my man in die polisie was, was dit gedoen. Kandidate is behoorlik gekeur. Hoe word hulle vandag gekeur? Dat swart mense voorkeur kry is geen geheim nie. Dat goeie blankes weggewys word ook nie.