Geen van SA se olieraffinaderye werk meer

Net ʼn fraksie van Suid-Afrika se brandstofproduksie-kapasiteit is in hierdie stadium nog operasioneel nadat Sasol, die land se grootste brandstofprodusent, force majeure verklaar het weens die verskaffing van petroleumprodukte.

Die stap is genoodsaak weens ʼn vertraging in die aflewering van ruolie aan die Natref-aanleg wat die maatskappy saam met TotalEnergies besit, het Bloomberg berig.

Luidens ʼn verklaring van die maatskappy moes die aanleg sluit weens die vertraging met die aflewering van produkte en sal Sasol nie sy verantwoordelikhede vir die voorsiening van alle produkte vandeesmaand kan nakom nie.

Dit is ʼn situasie wat groot kommer wek.

Die sluiting van die aanleg beteken dat Suid-Afrika se ganse olieraffinaderyvloot nou stilstaan nadat verskeie ander aanlegte ook oor die afgelope twee jaar produksie opgeskort het.

Die land se maandelikse petroleuminvoer sal teen volgende jaar na verwagting drie keer meer wees as wat dit voor die uitbreking van die Covid-19-pandemie was, het Bloomberg vroeër berig.

Slegs Sasol se sintetiese brandstofbedrywighede, wat steenkool gebruik, is in hierdie stadium ten volle operasioneel. Dit is verantwoordelik vir sowat ʼn vyfde van die landwye kapasiteit.

Dr. Wynand Boshoff, die VF Plus se woordvoerder oor energie, sê hoewel skeepsvragte ruolie wat nie betyds afgelewer is nie, die direkte oorsaak van die probleem is, is die grondoorsaak swak beleidsbesluite oor ’n lang tydperk.

“Suid-Afrikaanse raffinaderye, wat selfs ’n dekade gelede nog vloeibare brandstof na buurstate kon uitvoer, het sodanig verminder dat slegs sowat 40% van die land se behoefte plaaslike geraffineer word,” sê Boshoff.

“Die res word in voltooide vorm ingevoer. Dit beklemtoon die kwesbaarheid van die landsekonomie vir internasionale onsekerheid en selfs seetoestande.”

Volgens Boshoff is ʼn strategiese noodvoorraad by Ogies opgeberg, juis om ʼn situasie soos hierdie te voorkom.

Hy sê Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, het onlangs in antwoord op ʼn parlementêre vraag gesê daar is geen voorraad by hierdie fasiliteit nie.

Boonop steun Eskom swaar op dieselaangedrewe oopsiklus-gasopwekkers om die ligte aan te hou.

Boshoff sê die “enigste ligpunt in hierdie donker prentjie is dat Natref deur die private sektor bedryf word”.

“Rolspelers dui aan dat hulle alles moontlik doen om aanlegte so gou moontlik weer aanlyn te bring. Sou die land van ’n staatsonderneming afhanklik wees, kon die gevolge veel ernstiger wees. Die VF Plus het onlangs gewaarsku dat die huidige energiekrisis in ’n ekonomiese ramp kan ontaard.

“Vooruitsigte lyk nou selfs slegter,” waarsku Boshoff.

In hierdie stadium is die onderbreking by Natref net tydelik en volgens Bloomberg sal besendings ruolie binnekort begin aankom. Die aanleg sal teen die einde van die maand weer maksimum produksie bereik.

Die raffinadery in Kaapstad, waar daar vroeër ʼn ontploffing was, sal na verwagting ook later vanjaar weer in bedryf gestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Jannie van Niekerk ·

Absoluut waar Andre. Niks werk meer sedert 1994 nie, al sê hierdie afduim ondersteuner van die ANC watookal.

SjN ·

Wie was nou weer daai kader wat al ons oliereserwes verkwansel het?

Mallie ·

Weereens n vinger wat na die ANC kaders gewys kan word. Hulle alles in werkende toestande gekry en niks gedoen om te te beheer of instand te hou nie. So groet ons SA.

Roebs ·

Niks werk nie jy kan dit weer se niks absoluut niks werk nie. Geld verdwyn niemand weet van niks nie. Ons is ‘n NIKS of EK WEET NIE, NIKS WERK NIE land.

Bertie ·

Nog ‘n mislukking agv die onbevoegdheid van kaders wat in posisies aangestel is bloot op grond van velkleur.

Johann101 ·

Dit is beplan… net gewag op die regte tyd om die bom te laat bars…

Corrie Johannes ·

Sasol was een van S A se vlagskip maatskappye wat n skande om nie meer te finksioneel nie

Republikein in die Wes Kaap ·

Moenie stress nie. Ramaphosa sal begin werk aan Sasol 2.

Chillipit ·

Jy bedoel seker Sasol 4… want Sasol 2 en 3 is reeds sinkend

Miena ·

agge nee – dis nou n gatslag. Wat n diep donker hartseer verhaal is dit nie net nie. Beteken dit nou dat Sasol in Secunda en die ander voorheen Sasol kampe wat nou Anaex is gaan ook tot stilstand kom dan? Weet iemand dalk wat ons kan inlig byvoorbaat? Net vir interessantheids-onthalwe.

Republikein in die Wes Kaap ·

Sasol se grootste besigheid is nou chemiekalië. Veral solvente en polimere. Sasol vervaardig ook kunsmis, wasse en plofstof. Baie afgeskaal op brandstof. Om te voldoen aan Euro 5 is nie lonend nie.

Leana ·

Wasse is nog ‘n probleem want SASOL kan nie was maak vir kerse nie, so met die loadshedding gaan die wat nog kerse gebruik het in die donker sit want jy kry nerens kerse nie.

piet ·

Die gedeelte van SASOL se bedrywighede wat olie uit steenkool vervaardig, word nie geraak nie. Ek dink ek het iewers gelees dat SASOL voorsien sowat ‘n kwart van SA se verwerkte olie, dis nogal baie het nie gedink dis so baie nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Sasol vervaardig gemiddeld 30% van die diesel wat plaaslik gebruik word. Maar dit word by raffineerders vermeng met diesel uit konvensionele bronne.

Pietertjie ·

Mandela legacy.
Iewers klop die syfers nie. Slegs die steenkool-raffinadery werk, daar word nie ‘n tekort voorsien nie, alhoewel dit net in 25% van die vraag voorsien. Daar móét ‘n tekort ontstaan, tensy daar lank gelede reeds voorsiening gemaak is om slegs verwerkte produkte in te voer. Wat verduidelik hoekom ons ru-olie reserwes “verkoop” is.

Jannie van Niekerk ·

Alle suksesvolle nywerhede en besighede in Suid Afrtika wat deur die ou gryskopomies met hulle swart pakke en dik brille opgebou is in die afskuwelike tyd van apartheid het tot niet gegaan in die wonderlike tyd van demokrasie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Nywerhede pas nie aan by die dinamiese ekterne omgewing nie. Die kaders stroop eerder die balansstate. Blameer dan apartheid vir die gemors.

Nici ·

Die huidige regering bevry ons net van die oorblyfsels van die euwel kolonialisme wat niks goed aangebied het nie.

piet ·

Dit bevry ons ook van ‘n onmenslike sisteem waar sommiges se bestaan en menswaardigheid meer belangrik geag is as ander.

Republikein in die Wes Kaap ·

Nou word ons almal onmenslik behandel. Dis nou voortuitgang.

Republikein in die Wes Kaap ·

SEB, AA , EE, uitsluiting van hulppakette as gevolg van my velkleur. Moet ek nog opnoem. Myns insiens is dit onmenslik in ‘n land met “gelyke” geleenthede.

Swerwer ·

Natuurlik sal dit nie meer werk nie. Hoeveel 1000de mense gaan nou weer sonder werk sit agv die Kommunis

Vettiemaragartos ·

force majeure latyns vir “Act of God”. Hierdie is eerder “Act of ANC”!

andre ·

Rusland het baie olie,gas en koring .Ramaphosa hou van rondvlieg ,miskien moet hy met Putin reel vir n afslag van 20% en by hulle aankoop.

Nici ·

Daai konneksie kan waardevol wees. Veral in die lig daarvan dat Rusland werk.

piet ·

Dis nie ‘n kwessie van aankoop nie dis ‘n kwessie van aflewering en daaraan kan ons niks doen nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Ons raffineerders is ontwerp vir ru olie van sekere olievelde in Iran en Saudi Arabië. Twyfel of Russiese olie hier sal werk. Ons kan wel brandstof van daar invoer.

piet ·

Ons kry amper helfte van ons ruolie van Nigerie en Angola. Hoekom is daar nie olie-pypleidings vanaf daardie lande na ons nie. Weet jy?

Martie ·

Wat is nuut?
Dit is net nog ‘n hoofstuk in die riller van die “nuwe” SA

henndrik ·

Ek reken dit is al die A’s, B’s en E’s wat al die probleme veroorsaak

Nici ·

Dis iemand wat geen opinie het nie en net probeer om mense te irriteer.

Carin ·

Hierdie is inderdaad kommerwekkend. Maar wat my vandag so effens irriteer is die outomatiese “suurgatgeid” wat uit baie kommentators se sleutelborde “sypel”. Genade tog. Met die tipe uitkyk sal mens nooit geleenthede midde chaos raaksien nie, nooit ‘n verskil in ander se lewens maak nie, en ook nooit die lewe vir jouself beter maak nie.

Martie Smartie ·

Nou wat wil jy he, dame? Dawerende applous en positiewe houdings all around? Dalk sie jy net nie die groter prentjie raak nie

piet ·

Stem, verskriklik negatief. SA is nie die enigste land met probleme nie. In Engeland (en ander lande) verwag hulle dat petroltoevoer eers teen die einde van die jaar herstel sal wees want hulle vragmotorbestuurders staak al vir maande.

Vexed ·

Ag maar dit is goed om te hoor dit is nie net by ons nie! Wie sou nou dit kon dink! Lekker man lekker ek voel sommer baie beter.

Vexed ·

Dit is waar, ek vir een weet dat mens ten minste 30 kilometer op positiwiteit kan ry en, 5 ja, 5 winkels se voorraad laat aflewer! Dink mense dink! Ons het positiwiteit nodig, word wakker dit werk!

Martin ·

Dit is omdat onbevoegde mense in beheer is dit is hoekom dit so gaan in ons land. Dit is maklik om brandstof te vervaardig en ons het al die infrastruktuur en raffinaderye klaar in plek dit is ‘n kwessie van bestel die ruolie en produseer die byprodukte. Vir die wat nie weet nie ons kan 70liter hoë oktaan petrol en 30liter diesel brandstof vervaardig uit een barrel olie. So, dit is in die omtrek van 13,000ton hoë oktaan petrol en 5,000ton diesel wat ons kan vervaardig uit een olie vragskip. Daar is tans baie olie vragskepe wat klaar gelaai is en wat binne 14dae kan aflewer in SA.

Republikein in die Wes Kaap ·

Nie so eenvoudig nie. Petroleum groepe moet meer as R50 miljard spandeer om te voldoen aan Euro 5 standaarde wat in 2023 inskop. Dan nog miljarde om aan streng lugbesoedelingswette te voldoen. Dit maak alles onlonend. Maar indien ons almal bereid is om ‘n ekstra heffing te betaal sal die rafineerders dalk weer oprasies hervat.

Rooikoos ·

ANC en EFF ondersteuners kan nie debatteer of opinies lug nie. Hulle ken net van afbreek en vernietig en demand.

piet ·

Tydelike storie, dis weens skeepvragte wat vertraag is daaraan kan niks gedoen word nie. Die ophef is onnodig, so asof hulle nooit weer gaan operate nie. Onnodige media sensasie.

Swerwer ·

Stem 100% saam met jou. Sodom en Gemorra, dit is mos rommelstatus

miche ·

My getroue, mede-MaroelaMedia lesers.
Ek is baie bly ons kan ons vreugde, hartseer én kennis op Maroela met mekaar deel en verwoord. Danksy dié platvorm.
Het jul ook opgemerk daar is altyd een of twee persone wat altyd (maar altyd) negatiewe af-duimpie/ negatiewe kommentaar/ negatiewe stemme lewer op die mees positiefste kommentaar?

piet ·

Het julle geweet ons kry amper helfte van ons ru-olie vanaf Afrika (30% van Nigerie en 16% van Angola). Nou my vraag is hoekom is daar nie olie-pypleidings vanaf hierdie lande na ons nie (of is daar waarvan ek nie weet nie)?

piet ·

Stel jou voor ‘n pypleiding waarvan slegs 10% van die geleide olie SA bereik. Onwettige kraantjies al die pad (meeste in SA want ons manne is mos nou al eksperts op die gebied), ‘n bietjie soos die onwettige kragverbindings. Taxi-staanplekke by die kraantjies om verniet vol te maak. ☻☻☻

miche ·

Piet, ek stuur maar hierdie in ligter luim en tong in kies.
Ru-olie is nie Al wat ons kry van Nigerië nie. Hul dwelms ook. Ek is maar té bly daar is nie pypleidings van sekere lande nie. Kan jy jou indink waarvoor hul dit sal gebruik? Ek visualiseer alreeds hou gou hul ‘n volle funksionele pypleiding in behuising of tipe van skroot omskep. (Die skelms is Al so kreatief deesdae, daai einste pypleiding word dalk net vir vervoer van dwelms gebruik).

Marshall ·

Fifty-seven comments. NOT ONE offering a viable SOLUTION to this situation which is just another symptom of the coming FAILED STATE. De Klerk’s fantacy unitary state will implode in the near future, with predictable mass violence. Secession or UDI of the minorities is the only way out, yet nobody discusses this.

Cobus ·

Dit sou ALTYD gebeur het na 92, Afrika het nog ALTYD gedoen wat Afrika doen. Dis verstommend dat so baie mense verbaas is. Dank die Vader, ek was nie deel van dit nie.

Sterling ·

Die voordeel is, mits daar nie meer petrol vervaardig word nie, maak dit nie saak hoeveel die petrolprys verhoog nie

…natuurlik is die nadeel dat niks vervoer kan word nie, maar gelukkig is dit nie afhanklik van ‘n staatinstansie nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.