Geliefde Bfn-vrou se moord skok

Daleen Cameron (Foto: Daleen Cameron, Facebook)

Die familie van Daleen Cameron (67) van Bloemfontein probeer sin maak van haar moord en voel terselfdertyd kwaad en hartseer.

Daleen se man, Alex Cameron (67), het Dinsdag op haar liggaam in ’n plas bloed in hul huis in Bayswater, Bloemfontein, afgekom nadat hy gou apteek toe was. Haar keel was oopgesny en haar hande was agter haar rug vasgebind.

Daleen was alleen tuis saam met die tuinwerker wat buite die huis besig was. Ná Alex se gruvonds was die tuinwerker skoonveld.

Kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, kon nog nie ten tyde van publikasie bevestig of iemand al in hegtenis geneem is nie.

Daleen se dogter, Sanjaca Mitrovich, het op Facebook vertel sy kan steeds nie glo wat met haar ma gebeur het nie.

“Wat gebeur het, is onbeskryflik. Ek is hartseer en kwaad. Hoewel Ma in ’n beter plek is, maak dit nie die seer beter nie,” skryf Mitrovich.

Volgens Mitrovich was haar ma die sterkste vrou en mees liefdevolle ma. Sy sê haar ma was haar mentor.

“Ek sal al die gelag en die pret, raad, vriendskap en liefde wat Ma vir ons gegee het, koester.”

Vriende het op Facebook hulde aan Daleen gebring en hul meegevoel met haar naasbestaandes betuig.

“Dit is ’n tragedie. Daleen, ek gaan ons geselsies buite my huis mis. Jy het altyd met die honde of jou kleinkinders verby ons huis geloop. Dankie dat jy altyd so vriendelik was. Jy het altyd ’n glimlag op jou gesig gehad,” skryf Theodora Grivas.

Jolani Coertzen vertel Daleen was op die oog af ’n stylvolle, mooi en georganiseerde vrou.

“Jou uitrustings was altyd, sonder uitsondering, baie noukeurig bymekaargesit. Jy’s ’n bitter mooi vrou, lippies rooi – en dan groet jou breë glimlag met oorgawe. Jou opregte gasvryheid is van daai soort wat maak dat jy nie wil huis toe gaan nie. Jy organiseer daai huishouding en almal daarin sodat alles presies in plek val … En dan, die heerlikste kos voorgesit aan ’n keurig gedekte tafel – in die fynste detail.  Want dis hoe ’n vrou dit doen – dis jou voorbeeld,” skryf Coertzen.

Hou Maroela Media dop vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Toy ·

Dit was ‘n sinnelose moord, my innige simpatie aan haar familie. Mag julle vertroosting vind by die Here en Hy julle styf vashou in hierdie swaar tyd.

Casper ·

Spoor die tuinwerker op en die moord is opgelos.Ek glo hy weet iets wat hy nie wil hê die polisie moet hoor nie.

Vernon ·

Met hierdie “bekwane” lot aan bewind mag dit dalk n paar jaar neem hoor!!!

Madeleine ·

Dalk het hy uit vrees gevlug. Dalk iets gesien. Mens weet nie. Sal moet wag en kyk.

Vernon ·

Sal seker met haar saak gaan soos met wyle Brendon Horner…..

Misky ·

Vang daai moordenaar!!! Sy foto word wyd op fb versprei, so ek glo net kwessie van tyd voor hy aangekeer word

Marisa W ·

Dalk was dit nie eers hy nie – oppas vir fotos van “moordenaar” versprei – kan jou dalk in die sop laat beland as dit later bewys word dat hy nie betrokke was nie

pestilensie ·

Hoekom is lewe so min werd dat jy nie eers iemand kan aanstel om in jou tuin te werk . Is daar net geen maar geen opvoeding . Armoede is nie n verskoning

Swerwer ·

Innige simpatie en meegevoel aan die familie. So ‘n gru moord is absoluut verregaande. Die hand wat voed ly tans die ergste onder die heresende wetteloosheid van hierdie land.

groenboer ·

Les hieruit te leer: ons verslawing aan goedkoop arbeid kan ons maklik ons lewe kos.

Herman ·

Ek stem met jou saam. Ons sit met ‘n geweldige werkloosheidprobleem. Hulle moes dankbaar gewees het dat hierdie mense een van die werkloses akkommodeer het. Goedkoop arbeid of te nie. Daar gaan nog ‘n werkgeleentheid. Ek doen ook liefs my eie ding.

Elmarie ·

Om ‘n ouer aan die dood af te staan, is reeds erg genoeg. Hierdie omstandighede maar dit ondraaglik. Soveel meer vra wat nooit beantwoord sal word nie.

Baie sterkte aan hierdie familie, mag God julle vertroos.

Piet parys ·

Dis die staat se skuld . Hoe kry iemand borg vir roof . Nou moor hy terwyl hy los loop . .uitvaagsel daar is net een plek vir hom 6vt onder die grond

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.