Geliefde boer op Potch-plaas vermoor

Argieffoto

Die gemeenskap van Potchefstroom in Noordwes is in rou gedompel nadat ʼn geliefde boer en oudonderwyser tydens ʼn plaasaanval vermoor is.

Charl Bekker (74) is Donderdagoggend vermoedelik deur van sy eie werknemers oorrompel en vermoor.

Kapt. Sam Tselanyane, polisiewoordvoerder, sê ʼn reusesoektog na die vier mans, tans die polisie se hoofverdagtes in die saak, is van stapel gestuur.

“Die mans, wat glo op die plaas gewerk het, het na bewering om 10:30 die slagoffer genader en hom verwurg,” sê Tselanyane.

“Daarna is hulle na die plaashuis waar hulle glo die huiswerker gedreig en die slagoffer se vrou (70) buite die huis vasgebind het.”

Die verdagtes het ook die huis geplunder op soek na die kluis se sleutels.

“Dit is nie in hierdie stadium duidelik wat presies gebuit is nie, maar die verdagtes het met die egpaar se Mercedes-Benz-sportnutsvoertuig op die vlug geslaan.”

Die polisie ondersoek ʼn saak van moord, maar niemand is al aangekeer nie.

Danie Vorster, Bekker se buurman, het aan Maroela Media gesê dat Bekker al dekades lank op ʼn plaas in Vyfhoek, buite die stad, met beeste boer.

“Hy was destyds ʼn onderwyser aan Laerskool Hendrik Potgieter, waarna hy na ʼn ander skool toe is. Dit is egter al 20 of 30 jaar sedert hy die onderwys verlaat en voltyds geboer het.”

Volgens Vorster was Bekker ʼn geliefde man wie se dood ʼn groot leemte in die landbougemeenskap laat.

“Hy was ʼn staatmaker en ʼn voorslag met brande blus. Hy het altyd gehelp waar hy kon.”

Talle van Bekker se voormalige leerders het op sosialemediaplatforms hul skok en woede oor die voorval te kenne gegee.

Sommige sê hy was een van hul gunstelingonderwysers en ʼn man wat ʼn groot indruk op hul lewe gemaak het.

“My hart is so seer om die aaklige nuus te hoor. Hy het ʼn massiewe rol gespeel in soveel kinders se lewens. My hart gaan uit na sy familie wat agterbly,” skryf een oudleerling op Facebook.

“Ons onthou die goeie,” skryf nog een.

Volgens Vorster is Bekker se vrou en twee kinders gebroke ná sy afsterwe en word hulle tans deur familielede bygestaan.

Die begrafnisreëlings is nog nie bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

28 Kommentare

Daniel ·

Absoluut walglik, byt die hand wat jou voed!
Enige werker hetsy in jou huis of op jou plaas kan jy nie vertrou al is jy hoe goed vir hulle!

Pieter9 ·

En Malema sing nog steeds wat hy wil en roep steeds mense op om geweld te pleeg; ongelukkig breek die tyd aan dat daar nie meer mense in-diens geneem kan word nie. Afhangende van die boerdery vertakking, sal daar nou ten volle gemeganiseer moet word – tegnologie aanwending optimaliseer want daar bestaan nie die (Regering – S.A.P) vermoë en die wil, om wet en orde te handhaaf nie.

Mieke ·

Piete9 Net jammer dat die ANC dinge vir die boere aanhoudend bemoeilik en dat alles onbekostigbaar duur geword het. Orals word mens finansieël gekortwiek.

quartus ·

Ten spyte van al die tegnologie moet jy steeds op die plaas woon en dit is hoe jy blootgestel word aan aanvalle. Miskien moet ons begin om ons eie mense in diens te neem. Daar is duisende van ons wat werkloos is agv regstellende aksie

Harley Davidson ·

Ek verstaan nie dat europese boere sonder werkers klaarkom nie maar die Afrikaanse boere moet altyd horde werkers in diens he op hulle plase nie ,meganiseer skaal af en teiken jou eie klient en sny die middel man uit.

Mieke ·

Harley Davidson. Makliker gesê as gedoen. In Australië bv., word boere deur hulle regering gehelp en ondersteun. Not so, in SA.

Daniel ·

Hulle gebruik soms seisoenwerkers van ander Europese lande, bv van Oos Europa

Suzette ·

Ja Harley ongelukkig kan mens niemand meer vertrou nie. Vertel ons net hoe doen n 74jarige boer alles self. Als kom terug na die hopelose slapgat regering

Riaan ·

Ons Boere moet dalk begin blankes in diens neem. Sal effe duurder wees maar die kans dat jou eie jou in die rug gaan steek is minder.

Manie ·

Blanke Suid-Afrikaners sal nie plaaswerkers se handewerk verrig @ plaasloon tariewe nie. Andersins is baie ook te sleg en te lui om te werk, hulle sal eerder staan en bedel as om ‘n harde dag se werk te verrig. Ek het dit self al beleef, het blanke bedelaars werk aangebied en raai wat? NIEMAND het opgedaag nie.

AH ·

Dit is ongelukkig die realiteit in Suid-Afrika. My oorlede man het sy eie besigheid gehad en wou baie graag net blankes aanstel. Hy het selfs by ‘n blanke plakkerskamp jong mans gaan soek om te help met meganiese werk teen R500 per dag. Niemand het belang gestel nie! Hulle wou nie WERK vir daardie geld nie want hulle verdien meer uit bedel by die verkeersligte…..

capie ·

Ja Riaan en baie meer werk sal met minder mense gedoen kan word.

George ·

en as jy my nie glo nie, gaan vra paar boere hoeveel het al blankes aangestel wat na 3 dae net nie weer opdaag nie. Te goed vir die geld.

Niklaas ·

Het daai moordenaarknape gedink hul sal nie vervolg / gesoek word nie ? Al is die SAP nie op hul beste nie , sal dit mos maklik wees om hul te arresteer.

Althes ·

Boere wat vermoor word, se moordenaars moet die maksimum straf kry. Myns insiens, daar is soveel jongmanne wat graag wil boer, om hul ñ kans te gee veral in die lig dat boere wie bejaard is en meer op die plaasvolk moet steun. Maar ja nie alle boere kan dit bekostig nie en nie alle jongmans bereid om so te werk nie.

Samuel ·

So ‘n sinnelose moord!! My innige simpatie met die naasbestaandes. Sou hierdie onsinnigheid our people se leiers enigsins raak?

Goldy ·

Gaan net meer gebeur, boere moet hulself beskerm deur om onafhanklikheidsonderhandelinge anders verloor hul grond inelkgeval.

Danie ·

Geskok en ons beweeg aan.Wat verwag jy as daar geen plaas patrolies gery word nie.Wat verwag jy van n vervalle polisiediens.So word ons weerlose mense een vir een uitgemoor.Dankie ons skitterende polisie.

Eugene ·

Sy eie werkers vir Wie die Boer kos gegee het en MALema gaan maar aan met kill the boer song. Gaan hoedman en rama Sy familie besoek?

Marcello ·

Ek sal dit ook graag wil weet, of hulle die familie gaan besoek.???

Marcello ·

Aai !! dit is so hartseer, sterkte aan sy vrou, kinders, familie en vriende. My hart krimp inmekaar as ek lees van ‘n boer wat aangeval is…………

ES ·

Die ergste van als is dat die regering weier om ons toe te laat om plaaskommandos en dorpskommandos op te stel soos in die ou dae. Hulle weet die polisie kan nie bybly met al die misdaad nie maar hulle wil nie die boere en die gemeenskap die geleentheid gee om hulself te beskerm nie.

Maritza ·

Byt die hand wat jou voed. Tipies. Hulle is seker EFF ondersteuners

pieter ·

Kan dit nie glo nie , sy eie werkers, wys jou maar net , jy kan hulle NIE vertrou nie .

Truth2bfree ·

As jy nie weet voornemende werknemers loop ‘n reguit pad met die Here nie, moet hulle nie aanstel nie.
As die werkers nie een keer per week kan saamkom en bid nie, is daar nie beskerming nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.