Geliefde onderwyseres by huis vermoor

Linda Breytenbach (66), ‘n afgetrede onderwyseres, is Sondag in haar huis in Boksburg vermoor. (Foto: verskaf)

“Die skool rou.”

Só het ʼn oudkollega van die vermoorde Linda Breytenbach (66) gesê ná die dood van dié geliefde onderwyseres Sondag by haar huis in Boksburg.

“Sy was ʼn liefdevolle mens wat altyd uit haar pad gegaan het om ander te help. Haar hart was van goud,” het Jessica Prinsloo, ʼn administratiewe beampte by die Laerskool Goudrand, oor Breytenbach gesê.

Breytenbach het 40 jaar lank by die laerskool klasgegee. Sy het verlede jaar afgetree, maar het vanjaar in die eerste skoolkwartaal weer tydelik daar waargeneem.

Breytenbach se liggaam is ontdek nadat ʼn vriendin wat haar vir ʼn kerkdiens moes oplaai, onraad vermoed het toe sy nie uit die huis, in Rosedene, kom nie. Sy het alarm gemaak en Breytenbach se liggaam is langs haar motor gevind. Haar oog was blou, vermoedelik weens ʼn hou deur haar aanvaller. Daar was glo ʼn plastieksak oor haar kop getrek en sy is vermoedelik versmoor.

Breytenbach het alleen gewoon. Haar hondjie is ʼn maand terug ook dood.

Haar dogter, Adele Pretorius, woon sedert Desember saam met haar man, Johan, in Engeland. Hulle het Maandag na Suid-Afrika teruggekeer.

Pretorius het aan Maroela Media gesê sy het onraad vermoed toe sy Sondagoggend ná ʼn kerkdiens haar foon aangeskakel het en gesien het dat ʼn buurvrou van haar ma haar probeer bel het. “Ek het gevra wat is fout, maar sy wou eers nie sê nie. Toe sê sy my ma is vermoedelik vermoor,” het Pretorius gesê.

Volgens Pretorius het Breytenbach Sondagoggend ʼn man gaan oplaai om in haar tuin te werk. Haar ma het dié persoon geken. Kringtelevisie by ʼn huis in die buurt wys glo hoe dié man later met Breytenbach se televisiestel by haar huis wegstap. Hy kon sedertdien nog nie weer opgespoor word nie.

Pretorius het gesê hulle het intussen haar ma se bankkaarte gekanselleer, nadat ʼn transaksie vanoggend nog verwerk is.

Linda en haar dogter Adele Pretorius op Adele se troudag in Desember verlede jaar. (Foto: verskaf)

“Van oral vertel mense wat my ma vir hulle beteken het – by die skool, by die onderwysdepartement. Selfs die persoon wat haar pensioenuitbetaling gedoen het, vertel wat ʼn wonderlike vrou sy was,” het Pretorius gesê.

Ondanks die groot afstand tussen hulle het Pretorius en haar ma daagliks gesels. “My ma het altyd gesê jy gebruik wat jy het om die Here te vereer en elke dag moet jy lewe om die Here te vereer. Sy het elke oggend en elke aand vir ons gebid. Gelukkig is sy nou aan Jesus se voete,” het Pretorius gesê.

Sy het gesê sy het net Vrydag, na aanleiding van ʼn mediaberig wat sy gelees het, haar ma gemaan om veilig te wees. “Ek het altyd vir haar gesê ‘sluit die deure’. Sy het dit alles gedoen.

“Mamma het nie verdien om so dood te gaan nie.”

Op Laerskool Goudrand se Facebookblad is daar tientalle boodskappe van medelye en van diegene wat vertel watter diep spore Breytenbach in hulle lewe getrap het.

Die Boksburg-Noord-polisie ondersoek klagte van moord en gewapende huisroof. Kapt. Nomsa Sekele, polisiewoordvoerder, het gesê niemand is nog in verband met die saak aangekeer nie. Die polisieondersoek duur voort.

ʼn Begrafnisdiens vir Breytenbach word na verwagting Vrydag om 12:00 by die NG kerk Witfield in Boksburg gehou.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

Melanie Capazorio ·

Wanneer gaan die maligheid end kry. Wanneer gaan ons regering optree.

Netso ·

Nooit in ons leeftyd nie! Die regering se mentaliteid is eenders!

Dennis ·

Eers wanneer ons vir ons vryheid gedruk het. Intussen, moet nie werkers gebruik nie, doen als self.

Bertus ·

Melanie, baie mense vra “wanneer Gaan ons regering optree”. Wat stel jy voor moes die regering doen om die sinilose moord stop te sit?

Moet elke verdagte persoon die hele dag dopgehou word?

Al die keyboard monsters wat altyd so grootbek is oor die misdaad in SA, wat doen julle om die situasie te verander?
Of is julle almal deel van n beurt wag.

Ek HAAT die huidige regering, dus stem Ek trots FV+, maar soms moet die gemeenskap ook bietjie begin inspring.

Liewe Heksie ·

Ons moet nie vra wanneer die regering gaan optree nie, die doodstraf gaan nie terug gebring word nie, ons moet dit begin aanvaar. Ons mense sal moet ophou om swartmense te gebruik om in ons tuine, huise te werk, hulle kan nie vertrou word nie, uit en gedaan. Ons sal moet begin om ons werk self te doen, of as ons nie meer kan nie, kry tuindienste en skoonmaakdienste wat wit bestuurders het. Ons mense sal moet vinnig begin wakker skrik en vinnig ook.

En nou? ·

Dalk wil die regering nie optree nie, want hulle is dalk betrokke!

Chris ·

Nog ń naam, nog ń gesig, nog ń familie se lewens verwoes. Wonder wie se foto sien ons môre.

Dit sal nie ophou nie, want dit is Suid-Afrika.

Sterkte aan die familie.

PJC ·

Al weer die tuinier. Dit is om van te huil. Wat kan nog gedoen word om die publiek veral dames wat alleen woon hiervan bewus te maak.

Johann v Heerden ·

So word ons een vir een uitgemoor terwyl CR, Zuma en kie viool speel in die parlement en howe. Maimane sal niks se nie, maar arme Zille mag niks se nie en die EFF mag se wat hulle wil. Ek dink ons is besig om al vinniger te verval. CR gaan dit nie reg maak nie.

Jacques ·

Johann – Ek stem beslis saam met jou dat CR niks gaan doen om dinge te verbeter nie , want hy regtig die land wou reg ruk sou daar al n paar korruptes in die tronk gewees het . Ek het tot en met nou nog net name gesien en niks verder nie . Baie sterkte aan die familie en vriende .

Dikvoet ·

Want hy kán niks regmaak nie so wil hy ook, dis nie in ñ mens se hande om te help nie. Ons hulp is van die Here, nét Hy kan verlos en Hy is getrou.

Chami ·

Dit laat mens woordeloos.
My diepste meegevoel aan elkeen wat betrokke is?

Talie ·

N lewe vir n televisiestel!!!Waar op aarde hoor mens nog van dit. Ek stem saam met Johann van Heerden.

Chrisell Slabberts ·

Ek sit met trane in my oë en vra tevergeefs …. HOEKOM? my innige simpatie .. ??

Francois ·

Presies dieselfde het met ons bure gebeur n paar jaar gelede. Hulle het n nuwe tuinier gekry….op aanbeveling van vriende.
Toe hy klaar die man en vrou vermoor het, het hy in die pad afgeloop met hulle TV

Charmane Burger ·

Ek het by haar klas gekry. Was mediasentrum prefek gewees in st 4 en in st 5 hoof mediasentrum prefek gewees. My oudste dogter het by haar afr gekry en ook mediasentrum prefek gewees. Sy was my gunsteling juf gewees. My hart is stukkend, veral omdat sy so weggeruk is.

humor ·

Met die oorgawe is die blankebevolking in n tipe gevangenskap geneem en is sprakeloos sonder enige magte gelaat. n Objek geword van roof plundering vernedering en moord geword.

Disselboom ·

Dit moet darem nugter gesê word dat die moord en doodslag en ander misdaad almal raak – daar is wel ‘n wreedheid en onnodigheid wat dui op haat teen blankes, en die regering behoort die patroon van wreedheid nie te ontken soos hulle doen nie. Feit is dat die hele land al meer buite beheer raak, dus: daar is ‘n swak regering; maar die “demokrasie” het hierdie swak regering herkies! Dan moet ons besin of dit nie die God is wat tot beproewing so regering oor ons stel, as ‘n wekroep tot bekering, ootmoed, aanbidding en om Hom te eer nie.

Gemaskerde Sopbeen ·

Disselboom, God beproef nie. Inteendeel, God het hierdie land vir ons gegee om volgens Sy beginsels te bestuur, bewaar en ontwikkel…………en wat het ons daarmee gedoen? Weggegee…….Nou leef ons in ‘n samelewing wat ons vir onsself geskep het, en het nie die moed van ons oortuiging om dit reg wat ons weet verkeerd is nie. Wat ons nou beleef is Afrika op sy beste…………dit wil nie, en sal nie beter gaan nie, want dit kan nie!!!

Hani ·

VERTROU NIEMAND !!!
Al beveel wie ook al die persoon aan.
Die dae van “goeie gawie” is verby…
Di wat dit nie wil toe pas ni…is sagte teikens .

En die prys wat betaal word…is net te HOOG????

Arno ·

Nee wat die Regering is bly oor elke witmens wat vermoor word. My innige meegevoel aan familie. Ek is ook ‘n Breytenbach van Brackenfell in Kaapstad.

Donderstorm ·

Hul kon mos haar kaarte oopgehou het om hul vas te trek kon otm kameras mos gebruik het omte sien hoe die persoon of persone lyk.Beste is doen eerder jou eie werk.

TLC ·

Ag ek huil en huil en my hart breek
Ek sit in presies dieselfde situasie met tuinier wat oral by huise om my werk hy bly in buite kamer
Ek hou al aan van January aan by hom hy moet na sy huis toe gaan want my huis is in die mark maar dan sê hy net hy sal gaan as ek trek
Ek lewe in my eie huis in n tronk en wanneer gaan ek daai oomblik my rug draai
So ons dames moet baie versigtig wees en paraat
En so ook elke w..mens man of vrou
So jammer pragtige dame RIV

Rooi Jan ·

Moenie langer talm nie gee hom kennis met n formele brief en vra dan familie verkieslik n paar groot mans om hom vriendelik te kom help om sy goed van jou erf af te trek. Verander dieselfde dag al jou slotte en herprogrammeer jou afstand beheerders moenie dat hierdie bywoner jou gevange hou in jou eie huis nie.

Co ·

Se vir hom dat jy hom nie meer kan bekostig nie en van die einde van die maand is daar nie meer ‘n salaris vir hom nie. Vra jou buurman/ne (en buurvroue/vriende/vriendinne) vir bystand, dat hulle jou bystaan deur permanent ‘n ogie oor jou en die tuinier te hou tot en met die einde van die maand! Kry hul telefoon nommers en wees peraat!

Blommetjie ·

Werk self in jou huis en tuin goedkoper en veilig
As jy te oud, besig of siek is vir tuinwerk kry n betroubare Tuindienste.

Boerin ·

Dis net tragies, so onnodig ! Ek stem saam dis asof die aanvalle op ons net vermeerder het vanaf 8 Mei,dis elke dag 3 of 4 gevalle! So word ons een vir een uitgemoor!

Simpatie ·

Al my simpatie aan Adéle wat ook haar pa sowat 3 maande gelede verloor het.

Hendrik ·

Ek voel baie jammer vir hierdie vrou en haar geliefdes. Ons moet ons eie huis- en tuinwerk doen, volgens die Orania model. Ons leef al 10 jaar in die VSA sonder enige huishulp of tuinman. Dit kan gedoen word.

Nita ·

Nog n witte vermoor en ek sê dit, deur n swarte. 166 plaasaanvalle.20 wreed vermoor. Tel nou by wittes wat in hul huise aangeval en vermoor is. Wat sou gebeur het as so baie aanvalle geloods was op swartes deur wittes? Die media hier en oorsee dou ten hemele geskree het.

Tweetie ·

Hulle kom bedel stert tussen die bene vir werk. Lyk so nederig en dan kry jy hulle jammer. Daar kom klop weekliks werksoekers aan my deur, vanoggend was daar sommer n man en n vrou. Weet nie waar hulle almal vandaan kom nie. Maar nee dankie, ek soek nie probleme op my werf nie, doen my eie ding.

Griet ·

Baie sterkte aan haar familie ?

Sekerlik is jou tyd,jou tyd hier op aarde. Maar ons sal maar meer sekuriteitsbewus móét raak.
Kom op ñ whatsapp groep,met jou direkte bure en lig mekaar in,van voorvalle en oor jou bewegings daagliks,indien moontlik.
Kry maar online kringtelevisie kamera’s binne en buite jou huis op en kwêbeam alarms…dat jy die skuim ten minste betyds kan waarneem OF DAT JOU BURE KAN SIEN EN HOOR AS DAAR MOEILIKHEID IS

Leon Gansbaai ·

Waar is ons jongmense wat die oues moet help? As ons arbeidspatrone kan verander sal jy sekerlik plaasmoorde en hierdie tipe moorde met ten minste die helfte kan verminder. Is dit nie moontlik om jou eie mense dalk meer te betaal vir ongeskoolde arbeid en sodoende in te koop op veiligheid EN die ekonomie binne jou eie bevolkingsgroep stimuleer nie?

Diere ·

Dis regte diere hierdie wat so doodmaak sonder enige respek vir mense

@Tweetie ·

Tweetie, as hulle by jou deur kan uitkom om te klop is jou sekuriteit nie voldoende nie.

André ·

‘n Kollega wat saam met my gewerk het asook ‘n vriend wat saam met hom gewoon het, is ook so 4 jaar terug vermoor deur sy tuinier. Hy het vir hom ‘n kamer gebou in sy erf sodat hy daar kon bly. Sy CCTV kameras het bevestig wat gebeur het. Moet niemand vertrou nie.

Dries du Toit ·

Hierdie blatante moord op weerlose mense maak my so rassisties. Of is ek verkeerd??? Dit kan seker net n blanke wees wat dit sou doen. Ek raak nou seker mal en moet versoenend dink

Renier ·

Skink ‘n doppie, sit agteroor en geniet die agteruitgang!

SINNELOOS ·

SInneloos???????? dat sy so moes sterf. Geen mens verdien dit nie!!

Sy was ‘n pragtige mens binne en buite. Altyd so statig en ek het haar nooit kwaad gesien nie.

Ansie Esterhuizen ·

Wanneer wil mense leer dat jy NOOIT OOIT iemand van die straat af huur nie Posop vir jammer kry Hulle voel niks vir jou nie Hulle maak dood net omdat dit vir hulle lekker is Moordenaars het geen gewetens of gevoel nie Die dame het haar lewe lank ander mense se kinders onderrig gegee Dit was haar lewe en sy het dit geniet My innige meegevoel aan haar naasbestaandes om so van haar te moes afskeid neem Baie sterkte

Sê maar net ·

En so word die blanke mens in SA stelselmatig uitgevee…

Kraai ·

Dit gaan nou NET te ver!!! Wraggies, kan ons nie ook maar terugkap op dieselfde manier nie?

bambi ·

Ek weet nie of ek my verbeel nie maar die moorde is weer volstoom aan die gang! Elke dag is daar nuwe moorde!

Logika ·

My innige simpatie met Linda se familie en vriende. Sy was ‘n wonderlike mens, en dit is hartverskeurend om sulke nuus te kry. Ek het gedink ek het al ‘n dik vel ontwikkel, maar die geweld, wreedheid en lafhartigheid van die sinnelose moorde wat hierdie week plaasgevind het, laat my geskok. Regtig, ontsettend jammer…

Ek het die week ‘n paar goed besef:
1. Suid-Afrika het ‘n rasgebaseerde politieke bestel. Dit is bevestig weereens met die verkiesing, dat daar meestal volgens raslyne gestem word.
2. Politici wat voorstanders is van die oorheersende swart-nasionalistiese ideologie, Ramaphosa en Malema ingesluit, skroom nie om vanminderhede sondebokke te maak nie. Hulle skroom ook nie om ons regte te vertrap nie. Daar is ‘n sterk element van blindelingse rassehaat. Die mooiste mense sal vermoor word bloot oor hul velkleur.
3. Ons sit met ‘n besonderse geweldadige samelewing, ‘n staat wat onbekwaam en onwillig is om misdaad te bekamp, en wat aandring daarop om wetsgehoorsame burgers te ontwapen.

Daar is geen bona fides teenoor minderhede in die land nie. Daar is geen hoop om deur die stembus ons lot te verander nie. Wanneer gaan ons aandring op ‘n nuwe, onafhanklike bestel? Dit is ons erkende reg, volgens die Suid-Afrikaanse grondwet en die VN se menseregte manifes.

Al wat die Republiek van Suid-Afrika ons bied, is nog meer tragedie. Nog meer telefoonoproepe. Nog gebroke families.

Joubert ·

Baie diplomaties gestel Logika, ek stem absoluut saam. Om dit dan verder te vat, as dit ‘n erkende reg is om aan te dring op ‘n onafhanklike bestel, hetsy in die RSA of by die VN, is daar seker ‘n proses wat gevolg moet word? So wat is die proses?… en kom ons begin dit volg!

Dirk ·

Rus sag en in vrede Linda. Sterkte vir die kinders wie hulle moeder verloor het op so n sinnelose en wrede wyse!

MW ·

Dink baie dae daaraan – sonder om rassisties te wees… ons sien nie sulke berigte van aanvalle/moord vanaf blanke kant (vir ‘n R10/selfoon/TV) nie,.. en wat sou deur die oorlede se gedagtes gegaan het op daardie tydstip, hoe vreesbevange, hoe magteloos ? NIEMAND verdien dit nie! Is al so moeg om een voor te bly, paraat te wees, oë agter jou kop te hê en terselfdertyd nog te moet uitkyk vir alles en almal om jou. Stresvlak bly in die rooi (en moermeter ook)

Innige simpatie met die naasbestaandes, hier is baie se kinders en kleinkinders wat by haar klas gehad het, almal was duidelik baie lief vir haar. Sy het net goeie herinneringe agter gelaat

Pensioenaris ·

Julle se die jongmense moet na die oues kyk. Die jonges gaan oorsee want hulle sien nie meer kans vir hierdie land nie. Net ou mense bly oor, geen jonges om na hulle te kyk nie.

Alida ·

Moet die ouderlinge en diakens nou buurtwagte word om mense op te pas. Moenie onsin kwytraak nie. Mense moet aangaan met hul normale gang van lewe. Bly paraat maar jy kan nie cowboys en crooks speel die hele tyd nie.

Moedeloos ·

Die Juffroutjie het vir my skool gegee en ek kan eerlikwaar se sy was ‘n baie sagte mensie, en ‘n Super Juffrou gewees altyd ‘n glimlaggie vir jou gegee as sy verby jou geloop het, ek is baie geskok hieroor dat so ‘n lopende engel so wreed vermoor is, vir n TV ek is seker as hy dit beveel het sou sy dit gegee het om haar lewe te red. Dit is harverskeerend ons WIT mense gaan moet saam staan moet glad nie meer vir hulle werk gee nie doen dit liewers self .

Frans C ·

‘n Mens moet versigtig wees want kommentaar kan maklik as rassisties beskou word.Uit
die Bybel weet ons dat alle mense van nature nie God of sy gebod volg nie.
Dit beteken dus dat as in alle bevolkingsgroepe daar ‘n 0.1% mense is wat werklik tot misdaad en moord geneig is. is,die swart bevolking 43000,die kleurlinge 4700,die blankes 4500,en Asisiate 1340 potesiële moordenaars kan oplewer.

Voeg daarby die armoede ,swak dienslewering en behuising probleem is jou kanse statisties gesproke 10x groter om deur ‘n swart persoon as kleurling/blanke vermoor te word.
Toe die fatale Kodesa onderhandelinge plaasgevind het,het die Bybel geen rol gespeel nie en is die bedreiging wat uit so’n bedeling gaan voortspruit tov van minderheidgroepe in die euforie van die tyd deur die Nasionale pers en NP as belagliglik afgemaak.

So word die feit dat die gemiddelde moordsyfer onder apartheid 7000 per jaar was,wel in kleiner bevolking onder mat gevee.
Niks wat ‘n mens sê of skryf kan as vertroosting dien om die gruwelike misdaad te versag nie en kan ‘n mens hoop en vertrou dat slegs in die Woord van God vertroosting gevind sal word.

Jan ·

Hoeveel Afrikaners moet nog vermoor word voordat ons leer. Hou op om tuinwerkers aan te stel. Kry eerder tuindienste waar daar toesig is. ‘n Pel van my se pa het sy tuinwerker, wat 15 jaar lank by hom gewerk het, se dogter se universiteits gelde betaal sodat sy ‘n goeie toekoms het. Daai einste tuinwerker het daai man vermoor, ongeag hoe goed hy was vir sy dogter. Hulle het een doel en sal enige iets doen om daai doel te bereik. Asb mense maak nie saam wat se goeie hart jy het nie of hoe baie jy ‘n persoon vertrou nie, moenie tuinwerkers van die straat af haal en inlaat by julle huise nie asseblief!

Dirk ·

Pensioenaris gegewe die dodelike vlaag van wetsongehoorsaamheid/misdaad wat gevoer word deur diegene wat niks het nie teen diegene wat iets het, asook die afwesigheid van effektiewe paralelle beveiligingsstrukture en teenmaatreels om diegene wie iets het te kan beskerm, is die kanse uiters goed dat jonges wat bly om na oues om te sien, saam met die oues vermoor kan word, omrede die moordenaars doodeenvoudig met beter wapens en in groter getalle sal opdaag. Of jy dus oud of jonk is in SA, jy is n “sitting duck” en hoe onregverdig dit ookal mag wees, is dit verstandig dat ouers die jongmense en mense wie kan, aanhou aanmoedig om vir die onthalwe van hulle nageslagte, Suid Afrika te verlaat! Sou n wonderwerk gebeur en die moorde stop, dan kan diegene wie wil altyd weer terugkeer na SA. Daar is huidiglik geen dodelike gevolge vir die aanvallers nie, slegs vir die slagoffers en om hierdie rede sal aanvalle aanhou toeneem! Om te dink dat politici, wie kundiges is op die gebied van beloftes, ook oor die kundigheid beskik om hulle kiesers te beveilig, is blote wensdenkery! Politici kan dit slegs doen deur versoening, ten einde vrede te bewerkstellig, maar versoen, dit wil hulle om die dood nie doen nie!

Suid Afrikaner ·

Dis sleg. Nog ‘n sinnelose moord. Wat nog slegter is dat ek nie meer geskok deur die berigte nie. Ek wens ek kon nog geskok wees maar mens raak dikvellig. Ek wens dit was nie so nie.

Wonder ·

Maroela media, enige berig oor T. Wiers moordverhoor? Asb.

Piet Pille ·

Dis nou nonsens wat jy kwytraak. Moet die kerke nou vir elke enkelopige mens ‘n wag aanstel?? Dink logies en moenie die kerk veroordeel wanneer ‘n moord gepleeg word nie

Anna ·

Mens begin wonder , hoe dom moet n staatshoof wees om Mense wat wel belasting betaal en sodoende die land be fonds so uit te moor. Hoe dom is dit nie. So dan Weet jy jy is verdoem, in n sadistiese anti christelike bedeeling.

wonder ·

Mense van SUid Afrika hou asb op wonder, en hoop en glo daar is n baie beter lewe buite Suit Africa in n ander land. Daar kan die wit en swart en ander rasse kleure in vrede lewe sonder dat jy dood gemaak word, dis nou tyd vir n beter lewe maar nie meer in SUid Afrika nie, julle moet dit begin besef!!! Sterke aan die familie mag die LIEWE VADER sy hand oor julle hou>

Tina du Toit ·

Soos ek lees, loop die trane. My hart pyn van die seer. Al die seer wat in ons samelewing inwurm. Al die sinnelose moorde. Liewe Heer, gee dat alle misdaad sal stop. Net U kan ons red Heer. Amen. My hart gaan uit na familie en vriende. Mag God vertroosting bring.

DieWaarheid ·

Alle simpatie met die familie en vriende. Ons is op n tyd in die geskiedenis wat ons almal na n ongeluk kyk waar mense vassit in n brandende voertuig, ons kyk heen en weer na mekaar om te sien of die ander een ook die gruwel sien, maar niemand reageer nie, ons verwag n held om in te spring en die mense te red, het ons dan nie meer helde in ons midde nie. Het die ‘Helde’ gevlug, of het die mense wat agterbly vergeet hulle is eintlik die helde. Begin reageer mense, die tyd is min.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.