Gevangenes ontsnap in Malmesbury

Argieffoto (Foto: Ichigo121212/Pixabay)

Die polisie in die Wes-Kaap het ’n grootskaalse soektog geloods nadat verskeie verhoorafwagtende gevangenes Vrydagmiddag uit aanhouding in Malmesbury ontsnap het.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, het in ’n kort verklaring gesê polisiebeamptes van Malmesbury en verskeie ander polisiestasies aan die Weskus is tans saam met beamptes van die departement van korrektiewe dienste op die spoor van die gevangenes nadat hulle vroeër vanmiddag uit aanhouding ontsnap het.

Volgens Potelwa is sommige van die gevangenes reeds weer in hegtenis geneem terwyl ander nog op vrye voet is.

Sommige beamptes soek tans te voet na die gevangenes terwyl ander in motors rondry op die uitkyk vir moontlike gevangenes in die omgewing.

Dit is nie in dié stadium duidelik hoeveel gevangenes ontsnap het en hoe hulle daarin kon slaag om die owerhede te ontglip nie.

Potelwa het ’n beroep op die publiek gedoen om nie die gevangenes te probeer aankeer nie, maar eerder lt.kol. Ntsethe van die polisie in Malmesbury by 082 469 0975 of Jonathan Bredenkamp by 072 878 2685 te bel.

Maroela Media het ’n navraag na die departement van korrektiewe dienste gestuur en wag op terugvoer.

Die berig is gewysig sedert dit aanvanklik gepubliseer is – Red. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Yolandie ·

Hoor dis 50 gevangenes…..en dit klink hoogs onwaarsynlik dat so groot groep kan ontsnap……is hulle nie “gehelp” nie????? Vra net vir ‘n vriend…..

Piet ·

Hoekom was hulle in die tronk in die eerste plek? Hulle wag nog op ‘n hof datum. Word behandel soos skuldiges voor hulle so bevind is, ek sou ook ontsnap.

Oros Soros ·

Ek glo dat hulle beskuldig word van die pleeg van ernstige misdaad. Hulle het ook al verhore om borgtog gehad, wat geweier is.

Francois Le Cochon ·

“I want to break free” – John Deacon (Queen) 1983

Jakes ·

Die verhoorafwagtendes het geweet hulle sou in elk geval binnekort agv Covid 19 weer vrygelaat word en toe neem hulle maar self die stap.

antieke antie ·

daar gaan 20,000 kriminele losgelaat word so die lot het net gekies hulle is deel van die klomp indien hulle oorgesien word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.