Kapt. Tsekiso Mofokeng, woordvoerder van die polisie, het gesê elf verdagtes is omstreeks 12:00 deur twee polisiebeamptes van die Atteridgeville-landdroshof na die Kgosi Mampuru-gevangenis geneem. ʼn Maroenkleurige sedanmotor het in Mashigastraat voor die polisievangwa ingery en die voertuig tot stilstand gedwing.
Vyf insittendes gewapen met drie 9mm-pistole, ʼn AK47 en ʼn R5-geweer het uitgespring en hul wapens op die polisiebeamptes gerig. “Terwyl hulle die polisie met die vuurwapens aangehou het, het hulle die slot oopgebreek, die twee verdagtes vrygelaat en die sleutels van die polisievangwa gevat,” het Mofokeng gesê.
Die twee ontsnapte verdagtes is Abram Matombo (36) en Bethuel Fosi (25). Hulle is onderskeidelik vir gewapende roof en diefstal in hegtenis geneem.Lt.genl. Joel Mothiba, provinsiale polisiekommissaris, het gesê die polisie doen alles in hul vermoë om die ontsnaptes weer in hegtenis geneem. “’n Klag van ontsnapping uit wettige aanhouding sal by die oorspronklike aanklagte teen hulle gevoeg word,” het Mothiba gesê.
Hy het ook gesê ʼn ondersoek sal gedoen word om te bepaal of daar enige nalatigheid aan die polisiebeamptes se kant was wat tot die ontsnapping van die verdagtes gelei het.
Kollageen inspuiting?
GEEN polisiebegeleiding met ander voertuie is seker nie ‘n oortreding ? Daar word mos brandstof bespaar. Bravo !!
Hulle moes die “blouligbrigade” uithelp. Die groter kriminele escort…