Goedkoper brandstof vir vakansiegangers wat terugkeer

Argieffoto (Foto: Unsplash)

Gwede Mantashe, minister van minerale hulpbronne en energie, het Saterdag die aanpassings op die brandstofprys vir Januarie 2023 aangekondig.

  • Die prys van petrol (93- en 95-oktaan) verlaag met R2,06 per liter.
  • Diesel met ʼn swaelinhoud van 0,05% daal met 268,90 sent per liter. Diesel met ʼn swaelinhoud van 0,005% daal met 280,90 sent per liter.
  • Die groothandelprys vir paraffien verlaag met R1,93 per liter.
  • Die prys van LP-gas verhoog egter met 82 c per kg.

Die nuwe pryse geld van 4 Januarie 2023.

Mantashe sê die redes vir die wysiging is onder andere ʼn daling in die prys van Brent-ruolie van $88,77 per vat tot $85,08 per vat tydens die periode onder hersiening. Die oliepryse daal steeds uit vrese vir ʼn wêreldwye ekonomiese resessie.

Die rand het ook effens verstewig teenoor die Amerikaanse dollar (van R17,53 tot R17,28) tydens die periode onder hersiening.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.