Goeie nuus (dalk) oor beurtkrag

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Eskom het aangekondig dat hy fase 1-beurtkrag Sondag deur die dag gaan instel.

Beurtkrag sal Saterdag om 05:00 van fase 4 tot fase 3 afgeskaal word en tot Sondag om 05:00 voortduur. Fase 1 sal dan tot Sondag om 16:00 ingestel word.

Fase 3 sal tot Maandag van krag wees.

Die kragvoorsiener sê ʼn opwekkingseenheid elk by die Duvha-, Kriel- en Matla-kragstasie is die afgelope 24 uur weer suksesvol in diens gestel. In dieselfde tydperk het ʼn eenheid elk by die Camden- en Kendal-kragstasie onklaar geraak.

Die herstel van eenhede elk by die Hendrina-, Medupi- en Tutuka-kragstasie is vertraag.

Die herstelwerk aan die beskadigde torings by die Cahora Bassa- hidroëlektriese skema in Mosambiek gaan voort en sal na verwagting teen volgende week voltooi wees.

Altesaam 4 652 MW is tans weens beplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie, terwyl nog 16 469 MW weens onbeplande herstelwerk nie beskikbaar is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

George ·

Die fases gaan tussen 3-5 bly tot net voor die verkiesing, dan gaan dit stage 1 wees om stemme te werf, en na die verkiesing verval ons weer stage 5-8 toe.

Jakkie ·

Al wanneer ek opgewonde sal raak as daar aangekondig word dat daar nie meer beurtkrag sal wees nie, en dat die ANC ook sommer net van die aarde verdwyn het.

Frederik ·

Ek wil vir julle sing – How the hell can we believe you? You lie you bugger you lie…..

Elma ·

Maak julle eerder gereed vir Fase 6 vanaf Sondag, Die kragstasies breek mos elke Sondag.

Truman Burbank ·

Party mense moet seker met hulp hulle monde toehou

Harry ·

Ok, nou wat is die goeie nuus wat Eskom het. Beurtkrag is beurtkrag. Goeie nuus is as ons n normale dag kan beleef.

Truman Burbank ·

Sedert 20 Maart 2020 was daar nog nooit weer n normale dag. Ongeag die redes

Skim ·

Ek sal nie my asem ophou nie. Teen môremiddag het hulle weer ‘n ander storie. Elke Vrydag paai hul ons en dan verander hul storie halfpad deur die naweek.

Truman Burbank ·

Nooit gedink mens sal moet bly wees omdat krag net een of twee maal per dag afgaan nie.

Tanya ·

Is ons nou al so gekondisioneer dat moontlike fase 1 goeie nuus moet wees?

Strandloper ·

Die elektriek misnister woel met sy talente? Gebruik seker nou hoë tegnologie haardroeërs om die steenkool uit te sort?

Papsak ·

Ag dit glad nie n verligting nie n verligting as hulle die dag vir land kan se loadshedding is vergoed weg gevat dit sal n verligting gee nou ding hulle ons moet bly wees oor fase 1 beurtkrag ag asb gaan speel

Harley Davidson ·

Hoe kan dit goeie nuus wees ,goeie nuus is beurtkrag word gestaak vir altyd dit sal goeie nuus wees.

JohanR ·

Sjoe maar daai elektrisiteit minister het gou gewerk. Moes hom al in 2000 aangestel het.

Henk ·

My krag was gister af van 14H00 tot 23H40 – dis amper tien ure, nou wil hulle beweer hulle gaan iets regkry??

Pablo ·

Ja nee Dark Africa.Die pragtige land van ons. Jy hoor niks van die sake teen die diewe nie.
Miljoene gespandeer maar niks kom daarvan.

DieKriek ·

Met groot geskal is aangekondig dat dit nou Fase 4 is en geen Fase 5 nie. Ek gaan kyk toe wat die verskil is. Fase 4 is minuut vir minuut PRESIES dieselfde as Fase 5. Hulle dink ons is net so dom soos hulle. Van afskaal sal daar weer niks kom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.