Goeie nuus vir belastingbetalers!

Minister Enoch Godongwana aan die woord. (Foto: Twitter)

Enoch Godongwana, die minister van finansies, se 2023-begrotingsrede hou danksy hoër invordering in korporatiewe en persoonlike inkomstebelasting geen groot belastingverhogings vir Suid-Afrikaners in nie.

Dit terwyl die regering beoog om in die komende jaar op ʼn verskeidenheid maniere belastingverligting van R13 miljard aan Suid-Afrikaners te verskaf.

Godongwana het Woensdagmiddag gesê dit is nie nodig om Suid-Afrikaners bykomend te belas in die 2023‑’24- finansiële jaar nie aangesien belastinginkomste-invorderings vir die 2022‑’23- finansiële jaar na verwagting R1,69 triljoen sal beloop.

Dié invorderings oorskry die 2022-begrotingsraming met R93,7 miljard, en die 2022‑mediumtermyn-begrotingsbeleidstelling (MTBPS) met R10,3 miljard. Inkomsteprojeksies op mediumtermyn is boonop R6 miljard hoër as die skattings van die 2022‑MTBPS.

Sondebelasting

Aksynsbelasting op drank en tabak sal in die komende finansiële jaar slegs in ooreenstemming met verwagte inflasie (4,9%) styg.

’n Pakkie sigarette sal nou 98c duurder wees. Die prys van ’n 340 mℓ‑blikkie bier styg met 10c en ’n 750 mℓ‑bottel wyn met 18c. ’n Bottel hardehout van 750 mℓ sal met R3,90 styg.

Die prys van ’n 23 g‑sigaar sal met R5,47 styg.

(Grafika: Janice du Plessis/Maroela Media)

Brandstof

Godongwana het nes verlede jaar geen verhoging in die algemene brandstofheffing en heffing vir die Padongelukkefonds aangekondig nie.

Die begroting behels ook verligting vir kosprodusente wat al meer geld aan kragopwekking bestee.

Godongwane het aangekondig dat voedeselproduseerders vir nog twee jaar – vanaf 1 April 2023 tot 1 April 2024 – terugbetaling kan eis op die Padongelukkefonds (POF) se heffing vir diesel wat in die vervaardigingsproses gebruik word.

Persoonlike inkomstebelasting

Persoonlike inkomstebelastingkerwe en -kortings sal in ooreenstemming met inflasie aangepas word. Dit beteken dat die jaarlikse belastingvrye drempel vir iemand jonger as 65 van R91 250 tot R95 750 aangepas word.

(Grafika: Janice du Plessis/Maroela Media)

Mediesefondskrediete

Mediesefondskrediete – ʼn belastingaftrekking wat gedoen kan word as jy aan ʼn mediese fonds behoort – sal vanjaar weer met die verwagte inflasiekoers (4,9%) verhoog word, wat beteken die bedrag styg tot R364 per maand vir die eerste twee lede van die mediese fonds, en R246 per maand vir enige bykomende lede.

Aftreefondse

Die aftreebelastingtabelle vir enkelbedrae wat voor aftrede onttrek word, en vir enkelvoudige bedrae wat by aftrede onttrek word, sal met 10% opwaarts aangepas word. Dit beteken die belastingvrye bedrag wat by aftrede onttrek kan word, word tot R550 000 verhoog, het die minister verduidelik.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

john ·

Hulle gee nou n bietjie maar glo my hulle sal wel weer n manier kry om 3 x soveel uit jou sak te haal.

Truman Burbank ·

Die feit dat ons moet belasting betaal in hierdie krot, is al klaar te veel.

Pieter ·

Luister minister, wat kry ons vir die belasting geld wat ons betaal???
Ons moet nogsteeds privaat skole betaal, privaat mediese fondse betaal, so waarvoor betaal ons die belasting?

Sodat jy in n luuskse huis en motor kan ry, en n kragopwekker het vol brandstof as die krag afgaan?

Pieter ·

As ek al die belastinggelde optel wat ek van 1986 betaal het aan SARS, was ek nou ‘n multi-miljoener.

Hennie Biebouw ·

Wel, gegewe dat ‘n mens altyd méér verdien as wat jy aan belasting betaal, waarom is jy nie ‘n multi-miljoener nie?

Hennie Biebouw ·

Ek wonder wanneer gaan die “nie-belastingbetalers” begin aandring op belastingverligting….

ES ·

Hulle doen al klaar – in die vorm van verhogings op hul toelae wat die regering elke maand aan hulle betaal net omdat hulle die vermoe het om te werk, maar nie wil nie.

Hannes ·

Waarvoor betaal ons belasting… vir alles wat in duie stort?

E ·

Vir almal wat Sassa trek, elke jan rap en sy maat is op die Sassa soustrein, ek hoor van mense wat nie eers kwalifiseer nie maar wel kry, so lyk my daar is baie bedrog ook.

Errol ·

SAL wat dood is kry R1 Billion, die Pos Kantoor wat binnekort gaan sterf kry R2.5 billion maar die “SIU” wat Staats Kaping moet ondersoek en opvolg kry maar R100 million. Lyk my daar is weer n’ slang in die gras erens!

Nici ·

Ek voel nie so opgewonde oor die nuus nie. Meer verlig dat dit nie erger is nie.

Lillian ·

Iewers word ons wel geskroef, ons weet nog net nie waar nie, maar dit sal nog uitkom. Niks uit hierdie lot se hand is verniet nie. Hulle berei net voor vir die verkiesing in 2024

Amelia ·

Hoe is die moontlik Ongeveer 40% kry een of ander toelaag van staat en die bietje wat nie kry nie maak dit 10% ingsluit mense wat se inkomste te min is om belasting te betaal so die paar wat wel betaal betaal ons gedaan op persoonlike inkoste belaste belasting btw en dan nog op jou pensioen ook als wat alreeds afgetrek is van salaris af So die persoon wat inkomste het betaal 50% aan belasting van watter aard ook al

Nico ·

Die sonde belasting kan drasties verhoog word, verhoog sigarette met R1.50 per pakkie. Waar is die dae toe jy ‘n pakkie van 30 vir R3.50 betaal het. Verhoog alkohol met R5 en bier met R1 ‘n blikkie, kyk, veroorsaak alkohol.

Truthful ·

Wys nou die voters hoe fake ons Kan wees… Daarna weer onse ourself ne

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.