Gr. 1-meisie sterf glo ná sy snoepkoekies eet

(Argieffoto ter illustrasie.)

ʼn Gr. 1-meisie van Laerskool Mandlethu in Tsakane in Brakpan is Dinsdag dood nadat sy na bewering koekies van ʼn plaaslike spaza-winkel geëet het.

Matome Chiloane, LUR vir onderwys in Gauteng, sê hy voel verpletter oor die voorval.

“Die leerder het na bewering net voor pouse, omstreeks 11:00, siek gevoel in die klas en ʼn paar minute later begin opgooi.

“Die leerder se ouers is dadelik in kennis gestel en gevra om na die skool te kom, terwyl nooddienste ook ontbied is om die nodige mediese bystand te verleen.”

Die leerder is egter met hul aankoms deur paramedici dood verklaar.

Matome Chiloane, LUR vir onderwys in Gauteng het die skool Dinsdag besoek. (Foto: Verskaf)

Die polisie ondersoek die omstandighede rakende dié voorval.

Chiloane sê die ouers het bevestig dat die kind koekies geëet het wat by ʼn plaaslike spaza-winkel gekoop is en wat deur buitelanders besit word.

“Ons ondersteuningseenheid sal Woensdag ontplooi word om trauma-ondersteuning en berading aan alle geraakte persone te verskaf.

“Ons is diep hartseer oor hierdie ongelukkige voorval. Ons pleit by ouers om waaksaam te wees oor eet- en drinkgoed wat hul kinders verbruik. Ons doen ʼn beroep op wetstoepassingsagentskappe en munisipaliteite om strenger te wees ten opsigte van voldoeningskwessies wat met spaza-winkelprodukte verband hou.

“Ons wil ons innige meegevoel met die familie en die skoolgemeenskap betuig,” sê Chiloane.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

SwartBees ·

Dankie anc. Weereens omrede julle elke Jan rap en sy maat die grense oor help en n besigheid laat opsit het dit nou weer die hoeveelste kind se lewe ge-eis. Ek hou julle saam met die skelm spaza eienaar verantwoordelik.

Karoo ·

Hoeveel kinders gaan nog vergiftig word deur mense wat winsbejag is? Inige simpatie aan die ouers, familie en vriende. Geen kind moet so sterf nie, ek hoop die staat sal die skuldiges aan die oen laat ry.

Nettie ·

Sjoe. Was daar gif of giftige sampioene of iets daarin? Dis verskriklik. Die arme, arme kind en haar familie. My innige simpatie. Ek hoop die skuldiges word aanspreeklik gehou.

Anel ·

En daar word niks verder gesê van die onwettige spaza eienaar nie. Buitelanders het mos meer regte as ons eie burgers. Gaan probeer nou do ‘n spaza winkel in hulle land oprig en bedryf??? Sterkte aan die ouers.

Joan ·

Dit was tog nie die eeerste of enigste spaza-koekie-sterfte nie. Sal ouers tog asseblief hul kinders verbied om spaza-koekie te eet?!?!

Sê maar net ·

Gaan daai spaza eienaar vervolg word? Asseblief. Maak daai winkel toe. Neem hom in hegtenis vir strafbare mansslag. Sterkte aan die familie. Dis so tragies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.