Groblersdal: Video’s in hof gewys van ‘aanval’ op werker

Piet Groenewald, Stephan Greeff, aanranding, Groblersdal, betogings,

Stephan Greeff en Piet Groenewald Woensdag in die landdroshof in Groblersdal, Limpopo. (Foto: Isabel Venter / Maroela Media)

Die ondersoekbeampte in die saak teen ’n pa en stiefseun, wat van die aanranding op ’n werker beskuldig word, voel hul vrylating sal steeds die veiligheid van die werker in gedrang bring.

“Hy het vir my gesê na hoe hy behandel is sal hy nooit terugkeer nie, en sou hulle vrygelaat word hy beslis doodgemaak sal word,” het konst. Grigory Maleasenya, die ondersoekbeampte in die saak, die hof Woensdag meegedeel.

Dit is nou al drie weke sedert Stephan Greeff (27) en Piet Groenewald (67)  hul borgtogaansoek by die Groblersdal-landdroshof ingedien het. Die twee het moeg en afgemat voorgekom in die hof. Groenewald het ook tydens hofverrigtinge notas geneem.

Groenewald, die  eienaar van Wildlife Investigation & Protection Services (WIPS) in Groblersdal, is in Januarie saam met Greeff in hegtenis geneem.

Hulle staan tereg op aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer. Hiervolgens sou Greeff en Groenewald vir Kavari met ʼn piksteel aangerand, ʼn veiligheidshond aangehits het om hom te byt en hom glo met ʼn onbekende vloeistof ingespuit het.

Die staat het Woensdag, ná nuwe inligting rondom Groenewald se vorige veroordelings aan die lig gebring is, ʼn aansoek gebring om die aanklagtes weer tot ʼn bylaag 5-oortreding te verander.

Landdros Bogi Mashele het dié aansoek van die hand gewys en beveel die borgtogaansoek moet voortgaan.

Maleasenya het getuig Groenewald is in 2003 gevonnis op twee aanklagte van moord en een aanklag van poging tot moord. Hy is in 2010 op parool vrygelaat.

Groenewald is in dié saak borgtog toegestaan, maar het toe op die vlug geslaan en na Portugal gegaan. Volgens Maleasenya is hy in 1995 as ʼn gesoekte persoon gelys op die polisie se stelsel. Hy is eers in 2002 weer in hegtenis geneem en die jaar daarna tot 12 jaar direkte gevangenisstraf gevonnis.

“Dit dui daarop dat hy nie sal terugkom vir sy verhoor sou hy borgtog toegestaan en vrygelaat word nie,” het Maleasenya getuig.

Hy het verder getuig dié inligting is nuut bekom ná hy van Groenewald se vorige sake gelees het in ʼn koerantberig ná die saak verlede week uitgestel is.

Adv. Casparus van Wyk, die twee se regsverteenwoordiger, het tydens ʼn vorige hofverskyning getuig Groenewald is vrygelaat ná hy amnestie gekry het.

Beeldmateriaal van voorval in hof gewys

Maleasenya het getuig hy het na Groenewald se plaas gegaan om die kameras op die perseel na te gaan vir beeldmateriaal van die beweerde voorval.

Hy kon egter niks vind nie. Volgens hom is hy meegedeel dat beeldmateriaal na sewe dae outomaties uitgevee word en dat daar geen rugsteunkopieë gemaak is nie. Hy was verder van die mening dat die beeldmateriaal moontlik uitgevee is.

Maleasenya het hierna twee video’s, wat deur die polisie se kubermisdaad-eenheid van Kavari se selfoon afgelaai is, bekom.

In die een video kan daar glo gesien word hoe Greeff die hond los laat op Kavari. Die tweede een is ʼn video wat Kavari se wonde, meestal aan sy been, wys.

Maleasenya het getuig dit lyk asof Greeff die hond in die rigting van die kamera loslaat.

Van Wyk wou in kruisondervraging van Maleasenya uitvind of hy daarop gelet het dat die hond duidelik deur iemand onstel is.

“Dit sal die applikante se weergawe wees dat die hond op sy eie losgebreek het,” het Van Wyk getuig.

Daar was volgens hom geen verbale opdrag opgeneem in die video’s wat daarop dui dat die hond in opdrag van Groenewald en Greeff vir Kavari aangeval het nie.

Maleasenya het dit ontken en gesê volgens Kavari het die twee vir die hond gesê ‘vang hom’.

Op ʼn vraag van Mashele het Maleasenya getuig Kavari werk nie meer by Wips nie. “Hy voel oortuig dat, sou hy teruggaan, hulle hom sal doodmaak. Hy vrees ook vir sy lewe sou hulle nou op borgtog vrygelaat word,” het hy bygevoeg.

Hy het verder getuig hy is so te sê klaar met sy ondersoek en moet nog net een getuie se verklaring afneem, maar dat hy sukkel om dié persoon in die hande te kry.

Maleasenya is hierna verskoon en die saak is tot volgende Maandag uitgestel vir slotbetoë.

Veneruru Kavari (30).(Foto: Verskaf).

Betogers bring Groblersdal-middedorp tot stilstand

Daar was Woensdag vroegoggend ʼn swaar polisieteenwoordigheid buite die landdroshof. Die straat voor die hof is met pantservoertuie en kegels afgesper. Swaargewapende polisiebeamptes het ook voor en binne die hof rondgestaan.

Kort voor hofverrigtinge begin het, het honderde betogers van onder meer die EFF en ANC-jeugliga, opgedaag en geëis dat borgtog vir Groenewald en Greeff geweier moet word. Onder die betogers was Charl Niehaus, deesdae ʼn EFF-ondersteuner.

Hy het buite die hof gesê daar is geen plek vir rassisme nie.

Betogers het ook plakkate vasgehou wat lui “Weg met Rassisme” en “Piet Groenewald en Stephan Greeff moet vergaan in die tronk”.

Reuben Madadzhe, die ANC se provinsiale sekretaris vir Limpopo, het buite die hof gesê die betoging is om toe te sien dat geregtigheid sal geskied.

“Ons is hier vir een van ons eie . . .  nie alle wit mense is rassiste nie, daar is nog ʼn paar goeie mense in die land. Ons moet net saamstaan en seker maak dat geregtigheid – regverdige geregtigheid – sal geskied.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Nicky ·

Ek dink die landros is te bang om hulle borgtog te gee, uit vrese dat hulle hom leed kan doen, so die reg word gemanipuleer deur die EFF

OW ·

@ Sanet.Dit hang af hoe groot die strekwydte van ‘n saak is.Hoe groter die opkoms van betogers is,hoe meer aandag kry ‘n saak.

Wendy ·

Vir my lyk dt of die hond losgeruk het? Ha Sanet in plaasmoorde word daar actually mense vermoor – hierdi lyk v my meer na n indringer op di plaas wat nog met voorbedagte rade n video ook kon neem v sy “aanvallers” ek ruik n rot

OU SAAR ·

Daai video is niksseggend…
Hier is ń lelike geliegtery iewers aan die gang. Weer ń lekker rasistiese aanhitsery…
Sal dit ooit einde kry.

piet ·

Hoe word jy vrygelaat na 7 jaar vir 2 moorde en ‘n poging tot moord?

SwartBees ·

Moeilikheid maker staan oral op die gedrog se gevreet. In so geval, wie het tyd om ‘n video te neem?! Die perd is daar geplant om reaksie uit te lok.

Simone ·

Wat ek wonder is dit: Hoekom het Kavari in die eerste plek die video begin neem? My opinie is dat hy geweet/gehoop het daar gaan ‘n insident wees wat hy kan uitbuit.

Elsie ·

Duidelik is die hond aangehits, maar die video is sekerlik net ‘n baie klein deel van die hele episode

Bolandse Nooi ·

(i) Is Veneruru Kavari WETTIG in die land?
(ii) Dit lyk vir my nie asof daai hond op hom vrygelaat is nie, maar die hond vrygeRUK het
(iii) Wat het Kavari gedoen VOOR die sg. “aanval”?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.