Groen lig vir plan om Poskantoor te red  

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Megan Swart/Maroela Media)

Die sakereddingsplan vir die Poskantoor is deur sy krediteure goedgekeur.

Anoosh Rooplal en Juanito Damons, sakereddingspraktisyns, het die verwikkeling verwelkom en gesê die Poskantoor het ʼn belangrike maatskaplike mandaat wat bedoel is om basiese kommunikasiedienste aan alle huishoudings te verskaf.

“ʼn Herstruktureerde Poskantoor kan dit bekostigbaar en gerieflik doen, gegewe sekere regulatoriese pryse en geografiese reikwydte van die taknetwerk,” het Rooplal opgemerk. “ʼn Herstruktureerde Poskantoor kan ook bydra tot die finansiële volhoubaarheid van baie groot en kleiner besighede, as gevolg van sy vele verkrygingsaktiwiteite.”

Die Poskantoor het sowat R2,4 miljard van die departement van kommunikasie en digitale tegnologie ontvang en ʼn verdere R3,8 miljard-toewysing deur die regering word benodig as beleggingskapitaal om die Poskantoor te herstel en te moderniseer om hierdie omkeerstrategie te ondersteun.

Die sakereddingsplan sal in twee fases oor ʼn tydperk van twee tot vyf jaar in werking gestel word. Fase een sal die stabilisering van die onderneming behels, die vermindering van die taknetwerk tot sowat 600 takke en die regte grootte van die personeel tot sowat 5 000 werknemers. Die fokus sal wees op die verbetering van diensleweringsvlakke, wat die uitbreiding van sy vloot sal insluit om briewe en pakkies betyds af te lewer. Nuwe digitale produkte sal oorweeg en bekendgestel word om inkomstestrome te verhoog, terwyl meer van die daaglikse take outomatiseer sal word.

Fase twee sal daarop fokus om gediversifiseerde en uitgebreide dienste te verskaf deur hibriede posuitbreidings, nuwe motorlisensieskyfoplossings, verhoogde eiendomshuurinkomste of verkope van eiendom in besit, en die skep van ʼn digitale spilpunt vir inklusiewe kommunikasie. Strategiese private, openbare vennootskappe sal in die e-handel en logistieke ruimte gesoek en beding word.

“Ons bedank daardie krediteure wat ten gunste van die plan gestem het. Ons glo dat ons met ons volgehoue betrokkenheid, harde werk en gedetailleerde strategie die Poskantoor kan herstruktureer in ʼn toekomsbeveiligde besigheid wat ‘kommunikasie-insluiting’ vir alle Suid-Afrikaners kan verskaf,” het Rooplal gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Kokerboom ·

Teen watter koste vir belastingbetalers? Geen vergoeding aan sogenaamde sakeredders as poging faal

annie ·

Die redders is altyd positief want die reddingsdaad bring winste in die sak.

Daisy ·

Wat kan die Poskantoor mens bied wat jy nie iewers anders beter kan kry nie?
Daar is koerier dienste, elektroniese kommunikasie, lisensieskywe deur die banke of by verkeersdepartment, bankwese
Watter “Basiese kommunikasiedienste aan huishoudings” lewer die Poskantoor?
Ek self was jare laas in ‘n Poskantoor

Seef ·

Ag shame. Net nog meer geld weggooi. Net tragies dat dit die belastingbetalers se geld is.

Shakespeare ·

Red somaar die hele staatsdiens deur al die onbevoegde korrupte arrogante kaders in die see in te jaag. DIS DIE ENIGSTE MANIER.

Johan ·

Die poskantoor Val uit mekaar uit want hulle doen nie foto kopiee nie as jy iets Wil gedoen he moet jy jou eie saam vat daar is Baie dinge wat hulle mee kan help wat te veel is vir Ander departmente ly hulle op om vuurwapen lisensie te doen bestuurs lesensies bevoegtheid sertifikaate en vra hulle eie fooie

Goldy ·

Die ‘omkeerspesialiste’ moes gedink het aan geleentheidskoste, dit alleen maak dat hulle geen kredietwaardigheid het nie.

OW ·

Daar is niks meer wat poskantore kan bied nie.Alle dienste is vervang deur elektroniese dienste of private firmas wat dit doen.Poskantoor is al jare uitgedien.

Freda ·

Heel moontlik het hulle die miljoene SASSA trekkers in gedagte? Was/is die Poskantoor nie een van die plekke waar hulle die toelae kan/kon trek nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.