Grondhervormingsprojek misluk op 75% van plase

Argieffoto

Sowat 16 jaar en R12 miljard later het net ʼn kwart van die plase wat as deel van die regering se grondhervormingsprojek finansieel ondersteun is, kommersiële status bereik.

Dit volgens ʼn voorlegging deur die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling die afgelope week. Tydens die voorlegging het die departement erken dat sy herkapitalisering en ontwikkelingsprojek (RADP), misluk het en nie ʼn betekenisvolle bydrae tot produktiwiteit op hierdie plase gelewer het nie.

Die multi-miljardrandse projek moes begunstigdes wat deel van die proaktiewe grondhervormingstrategie (Plas) uitmaak, ondersteun om welvarende, selfonderhoudende plase te bedryf. Die uitkomste van ʼn ontleding van die impak van die RADP-projek op Plas-plase, wys egter dat 397 (75%) van die 529 plase, waarin sowat R3,4 miljard belê is, slegs as bestaansboerderye funksioneer of glad nie produktief is nie.
“Dit beteken dat meer as R3 miljard se belastinggeld op plase spandeer is waar min tot geen boerdery nie tans plaasvind,” het die DA na aanleiding van die voorlegging gesê. “Dit het die regering egter nie gekeer om nóg geld aan die projek toe te ken nie.”

Tydens die voorlegging het die departement erken dat die mislukking van die projek grotendeels toegeskryf kan word aan die onbevoegdheid van die begunstigdes wat plase en finansiering van die regering ontvang het. “Baie lae-potensiaal-begunstigdes het geld en ondersteuning ontvang met min tot geen toename in produktiewe tyd nie,” lui die voorlegging.

Die DA sê nou die regering het vooraf geweet hierdie begunstigdes is nie in staat om ʼn sukses van die boerdery te maak nie, maar het steeds voortgegaan om miljoene rand aan hulle beskikbaar te stel.

“Dit kom egter as geen verrassing nie dat die meeste van die begunstigdes nie in staat is om suksesvol te boer nie,” sê Noko Masipa, die DA se skaduminister vir landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling. “Dit is geen geheim dat grondhervorming nie tans ten doel het om die miljoene arm en behoeftige Suid-Afrikaners te bevoordeel nie. Grond word eerder aan ANC-kaders en dié met politieke bande toegeken. Die proses waarvolgens grond aan begunstigdes toegeken word, is ook nie deursigtig nie.”

Sy sê dit is duidelik dat die ANC se hervormingsbeleide misluk het en dit is van die uiterse belang dat gewone Suid-Afrikaners nou byeenkom om oplossings te vind om grondhervorming te laat werk.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Harley Davidson ·

Die rede hiervoor is jy moet ‘n stuk grond koop en jou eie plaas opbou van die grond af ,nie ‘n werkende plaas afvat by ‘n huidige benaadeelde boer wat jare geneem het om ‘n plaas op te bou met harde werk en sweet nie.

SjN ·

Hul is nie grondhonger nie, wel geldhonger, kry opgeboude plase verniet en breek af, boerdery is te harde werk vir sommiges.

Pietertjie ·

Dink net hoeveel droogtehulp kon aan suksesvolle boere verleen word met al daai belastinggeld wat so vermors is, en nog steeds vermors word. Hoe lank gaan dit die regering neem om te besef dat hulle “opkomende saad” eintlik vrot saad is?

Gaitsigubib ·

Ek sal graag inligting wil he oor die 25% kommersiele plase wat suksesvol is. Ek praat nie van die wat steeds deur blankes bestuur word nie. Kan ons n lys van hierdie suksesvolle boerderye kry asb?

Leah ·

Ons moet praat want ek sal vir jou plase kan wys onder die programme wat beter as van die blankes se plase lyk – hulle kan boer. Boerdery is nie n ras ding nie – blankes het net meer opleiding gekry – by vooraanstaande universiteite en opleidings sentrums.

Gaitsigubib ·

Stuur een of twee plaas name en waar dit is, dat almal kan sien of dit wel so is. Ek het ook opleiding gedoen. Mense was baie gewillig en altyd dankbaar. Ek het my werk geniet. Ek sal egter regtig graag wil hoor waar die boere is wat kommersieel boer sonder enige hulp. Dankie ek wag.

Piet parys ·

Is daar enige een wat op eie voete kon bestaan sonder subsidies en mahala implimente . As die mentor of te wel die blanke boer die plaas verlaat dan vou hulle almal . AS JY IETS GEKRY HET WAARDEER JY DIT NIE . ALLES MAHALA GEKRY DAN VOU DIE BOERDERY.

Wondermaarnet ·

Hulle kan nie boer nie. Dit is mos algemene kennis.

Hendrik ·

Die regeerder gaan hom nie veel steur aan die verslag nie en dit gaan niks verander aan hulle manier van bestuur.

Danie ·

Wat het die mense verwag eerstens word alle roerende bates vekoop vir drank.Alle heinings en metaal afgebreek en verkoop.Dit sluit windpompe en ysterpale in.Dan een groot kamp met geen wissel weiding diere word siek en maer in wintermaande en vrek.Maar hulle wil nog meer he.

Leah ·

Ek werk elke dag met vooreenbenaadelde boere wat onder verskeie grondhervorming programme val. Eerstens wil ek net noem dat nie een van hulle n plaas gekry waarop daar vooreen suksesvol geboer was nie – geen plaas was net weggevat van mense nie. Tweedens, die mense wil boer maar geen hulp in terme van opleiding was ontvang nie. En met opleiding praat ek nie van hoe om te plant en die tegniese aspekte nie – want dit kan hulle doen – maar opleiding in terme van hoe ‘n besigheid werk, hoe om ‘n begroting op te stel, hoe om boekhouding te doen. Dit kom vir baie mense natuurlik want jy het by jou ouers geleer maar as jy ‘n minimum lone ontvang is daar nie so iets soos ‘n begrooting nie want jy kan skaars basiese kos produkte koop, in terme van skool opvoeding het meeste van hulle nie eers graad 10 nie want moes of na hulle sibbes kyk of gaan werk. So as daar meer aandag gegee word aan opleiding en mentorskap – sou meer plase suksesvol gewees het. Toegang tot markte is ook n groot probleem.

Gaitsigubib ·

Zebediela was op sy tyd die grootste sitrus plaas in die wereld onder die bestuur van Dr Piet Quin. Hy het o.a. n pakhuis gehad wat slegs vir die Britse koningshuis gepak het. Wat oor is van van Zebediela is te hartseer om hier neer te pen. Is die voorbeeld goed genoeg? Ek meen ek kan n hele lys verskaf of jou sommer na n boek verwys as jy wil?

Jacobus ·

Stem 100% met jou saam. Zebediela was n spogplaas.!
Weinig stel belang in mentorskap, dink as jy grond het, het jy geld.

Ek weet van talle fuksionerende plase was deur die eienaars aan die staat verkoop is en die infrakstruktuur tot niet is, agv “die geld” wat net moet inkom en niks hoef in stand gehou word nie. Hulle sal eerder onderverhuur aan boere.
Eskom, SAL? Ook swak mentorskap?

As jy 20 jaar op n plaas gewerk het en nie weet hoe dit werk of wat moet gebeur nie, moenie n mentor soek nie, soek iets anders om te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.