Grondonteiening: Só lyk die pad vorentoe

Die gebou van die Nasionale Vergadering op die perseel van die parlement in Kaapstad. Foto: www.parliament.gov.za

Die parlementêre ad hoc-komitee wat artikel 25 van die Grondwet moet wysig om onteiening van grond sonder vergoeding te vergemaklik, het gister vir die eerste keer sedert Mei se verkiesing vergader en ʼn pad vorentoe asook ʼn werkwyse uitgestippel.

Die nuwe voorsitter van die ad hoc-komitee is die ANC-parlementslid dr. Mathole Motshekga. Die ANC se sweep in die komitee is Mandla Mandela. Die ANC het ʼn paar nuwe gesigte in die komitee terwyl opposisiepartye verteenwoordig word deur die ervare dr. Annelie Lotriet en adv. Glynnis Breytenbach (DA), Floyd Shivambu (EFF), hoofman Elphas Buthelezi (IVP) en dr. Corné Mulder (VF Plus).

Motshekga het om verskoning gevra dat dit die komitee so lank geneem het om ná die verkiesing aan die gang te kom. Hy het gesê hoewel die nuwe parlement nie deur die vorige parlement gebind word nie, sal voortgebou word op verskeie prosesse wat reeds afgehandel is, soos die openbare insette wat op sowat 45 plekke oor die hele land plaasgevind het, asook dié van oudpres. Kgalema Motlanthe se hoëvlak-paneel en die presidensiële adviespaneel oor grond.

Volgens Motshekga raak die grondkwessie aan die hart van die Grondwet en moet die parlement versigtig daarmee werk, want die komitee se werk gaan beslis in die hof getoets word. Hy het ook gevra dat landsbelang eerder as politieke partybelang die deurslag moet gee.

Wat die proses vorentoe betref, wil hy eerstens ʼn werkwinkel byeenroep met wat hy die beste breinkrag in Suid-Afrika noem – kenners wat die komitee sal raad gee oor hoe om die wysiging korrek te hanteer sodat nie net art. 25 nie, maar die konteks van die Grondwet in geheel in ag geneem word.

Vir die werksessie het hy onder andere die volgende bydraers in gedagte: prof. Ruth Hall (UWK), prof. Ben Cousins (UWK), prof. Quinton Johnson (NMMU), oudregters Albie Sachs, Dikgang Moseneke, Sandile Ngcobo, Johan van der Westhuizen, adv. Tembeka Ngcukaitobi, die regspraktisynsorganisasies Nadel, die Black Lawyers’ Association, AgriSA, die kerke en by name die NG Kerk, en Khoisan-leierskap.

Ander organisasies kan ook genooi word.

Daarna moet die parlementêre regsdienste die komitee van regsagtergrond bedien, waarna kosepwetgewing opgestel moet word. Hoewel die aanvanklike sperdatum 31 Maart is, meen Motshekga die parlement moet hom nie deur sperdatums in ʼn hoek laat dryf nie, en dat einde Junie ʼn beter mikpunt vir die afhandeling van die proses is.

Namens die DA het Lotriet gevra waar die name vir die werksessie nou skielik vandaan kom, en gesê die DA sal beslis deelnemers daarby voeg sodat dit meer gebalanseerd kan wees.

Breytenbach het trouens dadelik die name van oudpres. Motlanthe (wie se kritiek op die regering se grondbeleid welbekend is) en adv. Wim Trengove voorgestel.

Mulder het gesê hy stem nie saam met Motshekga se opsomming van die situasie nie, maar wel met die idee dat oorhaastigheid vermy moet word.

Shivambu het egter gesê die komitee intellektualiseer te veel en werk te stadig. Die taak is om te besluit op die bewoording van die grondwetlike wysiging en dit moet nou gedoen word. Al die konsultasie is baie lekker, maar dis eintlik tydmors.

Buthelezi het gesê aggressie is teenproduktief – mense moet hulle langsaam haas. Mandela het gesê raadpleging moet so wyd moontlik geskied en die grondwetlike verandering moet so deeglik moontlik hanteer word, want dit sal ʼn verleentheid wees as die hof dit weeg en te lig bevind.

Vervolgens het die komitee verdaag om die name van deelnemers aan die werksessie te finaliseer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

schaun ·

Hoe onderhandel of bespreek jy diefstal van grond net vir oë verblindery en daarna implementeer jy dit en verwag die slagoffers moet tevrede wees?

Haarmald ·

Ek is bly jy noem dit diefstal want dit is presies wat dit is.

Tobie Klarens ·

Die NG kerk sal dit aan jou verduidelik. Waarom is hulle spesifiek, betrek? Hulle het lank reeds boedel oorgegee.

HPV ·

Diefstal is dit inderdaad, net soos die komende diefstal aftreegeld. Sekere kerke is egter so besig met selfdegeslagverhoudings en belhar dat hulle nie tyd het om aandag aan ongeregtighede te gee nie.

Werner ·

Die NG kerk is net daar om die boere te oortuig om hulle grond so spoedig moontlik en sonder enige weerstand weg te gee

Aksie SA ·

Die NG Kerk is vinnig besig om heeltemal onrelevant te word. Dit was ‘n NP spreekbuis gedurende die NP bewind tot 1994, maar klaarblyklik nou ‘n genoot van die huidige ANC regering, derhalwe word hulle by name genoem, wetend dat hulle die ANC se standpunte heelhartig ondersteun! Alle Christen kerke moet insette lewer! Ons is nou moeg om uitgelewer te word deur ons “eie mense”……

Dries Moolman ·

Stem 100% saam. Floyd is reeds geimpliseer in diefstal en bedrog, dis verregaande dat hy op enige komitee kan dien tot die saak ‘uitgeklaar’ is (want tronk toe sal hy tog nooit gaan nie).

JR ·

Ek stem Floyd en Mandela is bad news hulle moet verwyder word ek hoop die Khoisan maak dinge vir hulle warm

Ray ·

Ek stem, en Ruth Hall glo absoluut in Marxisme, so sy sal alles weggee wat sy kan wat aan enigiemand anders behoort, net om te se sy het dit weggegee

jaco ·

Herskryf sommer die HELE grondwet en sit die volgende in:
1. Alle wit grond in alle provinsies behalwe die Wes Kaap word onteien
2. SA gebore wit mense sonder buitelandse wortels word verskuif na die Wes Kaap, wat ‘n wit tuisland word, met ‘n mate van selfregering. China doen reeds so iets met Hong Kong en Macau. Israel doen dit met die Palestyne.
3. Wit mense wat deur geboorte of ouers of grootouers se buitelandse burgerskap kan verhuis na stamlande, word gedwing om dit te doen.
4. Buitelandse beleggings word in die wit tuisland in die Wes Kaap toegelaat. So bly dié tuisland aan die gang én kry die nasionale regering inkomste. Almal “wen” dus.

Dink buite die boks mense. Dit kan werk.

KrokodilBotha ·

Klink vir my meer na desperasie. Laeveld boer sal nie sy grond veruil vir druiwe of appels nie. Marula en appels. My landskaart is groter as die wes kaap. En hier is dit ook nie so rooskleurig nie.

Watookal ·

Almal in Suid Afrika droom nie noodwendig daarvan om in die Wes Kaap te bly nie.

Superfilly ·

Ek is nie n boer nie maar ek dink daar is baie manne wat agter jou staan Boer.

Grobler Steyn ·

Mandla en zinzi Mandela is voëls van selfde vere die boer moet verneder word omdat hy wit is die grond is hulle sambok

lanie ·

Onteien die grond en betaal self dan die verbande wat daarop is.

ES ·

Sodra ‘n huis in homself verdeel, kan dit nie staande bly nie. Die staat laat nou toe dat die regering maak net wat hul wil. Hierdie kwessie is politiek-gedrewe en nie vir die beterskap van die land en sy mense nie, want die meerderheid word bevoordeel ten koste van die minderheid.

Die grondwet kan nie net gewysig word om ‘n meerderheid te bevoordeel ten koste van die minderheid nie. Dit tas dan ons basiese menseregte aan, wat teen die konstitusie is wat deur die “nuwe regering” gepromulgeer was in 1996!

Sekere gedeeltes van die konstitusie kan beperk word deur die regering vir burgers in tye van oorlog of rampe, maar mag glad nie gewysig word om enige iemand te benadeel of hul menseregte te skend nie. En een van die menseregte is dat almal gelyk is en behandel moet word in Suid Afrika.

Daar is soooo baie gate in hierdie poging om die konstitusie te wysig – as ‘n student wat regte studeer kan selfs ek dit raaksien en geldige argumente formuleer.

Gemaskerde Sopbeen ·

ES…..asof “geldige argumente” al ooit die ANC gekeer het om te doen net wat hulle wil? Shame man…en jy is vasgevang in hierdie “regstelsel”??

Danie van Rensburg ·

Na aanleiding van die verwerwerping van die herinstelling van die doodstraf agv die grondwet wat almal die reg gee op lewe, is grond oneiening mos in dieselfde kraal of hoe?

Jan ·

Kalmeer jouself, die paneel wat verantwoordelik is vir onteiening het duidelik gestel dat net ongebruikte, verwaarlose en verlate grond onteien sal word sonder vergoeding, enige ander grond sal vergoed word.

Regs! ·

Aggressie is teenproduktief? Nê? Julle sal sien wat gebeur as julle ons grond gaan vat!

Jac ·

NG kerk en Agri-SA, hulle kies die rolspelers goed (om hulle doelwit te bereik).

TLU-SA in teenstelling, noem die ding (“grondhervorming”) op sy naam: diefstal.

KrokodilBotha ·

Maroelamedia moet miskien gaan praat en meer uitvind wat presies die NG kerk se standpunt is. En waarom die kerk wel betrokke is.

Eddie ·

Dit lyk vir my na ‘n groot paaiement partydige wensdenkery wat uiteindelik op ‘n groot gemors sal uitloop !

Jerry ·

Die NG kerk en AGRI SA wil graag deel wees van die oplossing en nie van die probleem nie, dit is hoekom hulle daar is, hulle is nie daar omdat hulle met die ANC saamstem oor alles nie, maar daar waar daar wel raakpunte is, daar kan die NG kerk en AGRI SA tog seersekerlik wel n verskil maak en vir n plekkie in die son beding. Die NG kerk, AGRI SA en opposisie lede op die komitee is almal voorstanders van onteiening met vergoeding en sal dus uiters versigtig wees om nie net n bloudruk vir die ANC se verandering aan die grondwet vir onteiening sonder vergoeding wees nie. Die manne en vroue weet dat wanneer die ANC se Motshekga se dat die verandering aan die grondwet vir onteiening sonder vergoeding enige toets in die hof moet kan deurstaan, dat hulle gaan moet verseker dat dit nie die geval is nie en dat net onteiening met vergoeding enige toets in die hof moet kan weerstaan, anders dien hulle maar net as n bloudruk vir die ANC se “brain child” en dit is iets waarin hulself nie glo nie. Kom ons bid die manne en vroue eerder wysheid toe en hoop dat hulle met hulle kundige insette sal bewys dat verandering aan die grondwet vir onteiening sonder vergoeding, ongrondwetlik is! Almal weet dat indien die grondwet verander word vir OSV, dit die begin sal wees van opvolgende veranderings, elke keer wat die ANC nie hulle sin kry nie!

JohanL ·

Shivambo van EFF hoort nie daar nie – sy kommentaar in die berig wys reeds dat hy nie daar hoort nie. Sy intelligensie nie veel meer as grond nie.

Ek kan aanvaar regsgeleerdes moet betrek word, maar hoekom spesifiek die Black Lawyers’ Assoc ???? Teiken eerder regsgeleerdes met agtergrond/ondervinding in grondsake ongeag kleur.

Steun Me Lotriet van DA se opmerking en kommer oor die geidentifiseerde name.

As dit maar net kon werk, sou ek Jaco se voorstel ondersteun.

Hasie ·

AgriSA mag dalk hulleself genomineer het om namens jou te praat as jy ooit n plaas het maar glo my menseer, hulle verteenwoordig my en my vriende nie.

Sinies ·

Is hierdie wet eksklusief beperk tot ‘grond’ of sluit dit ander bateklasse in?
– pensioen
– beleggings
– besighede

Jan ·

Nee dit is nie oor die langer termyn nie, jy sien mos nou die pensioene word ook mee planne gemaak

Dis Nou ·

Grondhervorming
Nasionale Gesondheidsorg
Pensioen fonds
Groot NEE vir al drie. Ons gaan nie hier hande gevou sit nie – vergeet dit

jaco ·

Wat van mense met 2 huise in dorpe en stede; m.a.w. nie landbougrond nie?

Ronel ·

Begin eers by ons tuislande. Daar is soveel onbewerkte grond beskikbaar vir plase en huise. Waarom moet mense wat daarvandaan kom grond en huise in ander gebiede kry? Daar was mos vir hulle tuislande gegee? En dan kyk ons na die staatsgrond…. Baie maniere om dit te hergebruik. Begin by grond wat nie ‘n inkomste genereer nie, los die winsgewende plase vir eers uit. Kom ons eksperimenteer eers om te sien of mense waarlik wil boer. Jare gelede het winsgewende plase ook met niks begin en hulself opgebou. Waar daar ‘n wil is, is daar ‘n weg. Niks val net uit die hemel nie. Ek wens ek kan ook ‘n stukkie grond kry…

Nope ·

Vergeet van om my dinge te vat, julle sal dit nie regkry nie. Bly weg hoor.

jaco ·

En wat maak jy as 5 gewapende polisielede by jou opdaag en jou arresteer vir nie jou plaas opgee nie? Verset gaan nie help nie. Inteendeel, dit gaan beteken jy word aangekla van aanranding of poging tot moord.

Gaitsigubib ·

Ag asseblief Jaco, 5 polisie lede sal my jackrussel van die huis af wegjaag. Ek sal nie eers uitgaan om te gaan kyk nie. Julle moet ophou om die propoganda twak te glo dat die boere so pateties is. Ek is baie banger vir ons stelselmatige verarming en landelike verval as vir 5 clouns met badges. Mag die Here ons net wysheid gee vir wat die toekom mag inhou. Goete G.

pieter ·

kom ek stel dit so, hier gaan weer miljoene rande spandeer word om n burgeroorlog te begin.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.