Grondwethof hoor Donderdag oor Unisa-taalbeleid

Unisa se Sunnyside-kampus. (Foto: Jacques Naude/ANA)

Die Konstitusionele Hof gaan Donderdag Unisa se appѐlsaak aanhoor, teen ʼn uitspraak verlede jaar deur die Hoogste Hof van Appѐl dat sy taalbeleid nie ooreenstem met die bepalings in die Grondwet nie. Die saak word regstreeks aangehoor.

Soos vroeër berig het regters in Julie Unisa se Engelse taalbeleid, wat in 2016 aanvaar is, as ongrondwetlik en onregmatig verklaar en dit ter syde gestel in sover Afrikaans as taal van onderrig en leer afgeskaf is. AfriForum het destyds die saak by die hof ingedien.

Unisa moes gevolglik  ʼn kennisgewing uitstuur met ʼn lys van al die modules wat teen 28 April 2016 – toe die beleid aangepas is – in Afrikaans beskikbaar was en dié modules moes tydens die volgende akademiese jaar op eerstejaarvlak aangepas word. Bestaande studente wat ingeskryf was vir enige van die kursusse of wat in die volgende jaar die kursus in Afrikaans wou volg, moet nou toegelaat word om dit te doen. Die regters het beslis dat die modules volledig aangebied moet word totdat die taalbeleid regmatig, indien enigsins, aangepas word.

Dié uitspraak is goed in Afrikaanse kringe ontvang.

Unisa het die Konstitusionele Hof egter daarna om verlof tot appèl teen dié uitspraak genader en dit is toegestaan.

“Met die saak wat môre aangehoor word, sal die sowat 30 000 Afrikaanssprekende studente wat aan Unisa studeer ná meer as vyf jaar uiteindelik duidelikheid kry oor hulle toegang tot moedertaalonderrig, ʼn reg wat deur die Grondwet gewaarborg word, maar wat Unisa steeds betwis,” het Alana Bailey, hoof van kultuursake by AfriForum, Donderdag gesê.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Dries ·

Weereens dankie Afriforum. Julle is al rede hoekom ek nog in SA is

Jaco ·

Taaldiskriminasie pleeg nie plaasmoorde nie, doen nie onwettige grondbesettings nie, skep nie wit plakkerskampe nie. En die taal wat voorkeur kry, is Engels, wat oorspronklik ‘n wit Europese taal is wat dwarsoor die Britse empire (op sy hoogtepunt 1 derde van die wêreld) ‘n taal van onderdrukking was. Los eerder die hofsake, lag vir die regering en unisa se dubbele standaarde en gebruik alle energie en hulpbronne eerder teen meer onmiddellike goed wat ons seermaak soos plaasaanvalle, plaasmoorde, regstellende aksie ens.
Net so terloops, dié gedurige gekla oor diskriminasie teen Afrikaans kan maklik die indruk skep dat meeste Afrikaanssprekendes nie Engels verstaan nie en met ander woorde dom is. Dis ook net wit Afrikaanssprekendes wat kla. Kleurlinge is stil. Swart sprekers van Zulu, Tswana ens kla ook nie oor diskriminasie teen hulle tale nie.

Tiptol ·

Ek moet erken, jy het ‘n punt beet. My kop sê ook so, my hart praat net anders.

akkedismis ·

Jaco die Kleurlinge van die WESKAAP staan ook op teen die VERENGELSING. HULLE praat AFRIKAANS. Net n paar ANC Kleurlinge praat Engels. O ja ook die windgat geleerders probeer hul ras met Engels BEINDRUK!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.