Groot brand by Koedoespoort-substasie

Die brand Vrydag by die Koedoespoort-substasie in East Lynne, Pretoria. (Foto: Twitter / Tshwane-metro)

ʼn Groot brand het Vrydagmiddag by die Koedoespoort-substasie in East Lynne, Pretoria, uitgebreek.

Die voorval het kragonderbrekings in onder meer Queenswood, Môregloed, Kilnerpark, East Lynne, Waverley, Montana en die omliggende gebiede tot gevolg gehad.

Volgens Cilliers Brink, Tshwane se uitvoerende burgemeester, was brandbestryders van die Tshwane-metro gou op die toneel en het hulle teen 14:30 reeds die meeste van die vlamme geblus.

“Sodra ons die skade geassesseer het, sal ons ʼn geloofwaardige tydlyn kan gee van wanneer kragtoevoer herstel sal word,” het Brink op die toneel gesê.

“Ek wil egter die versekering gee dat die metro en die raadslede ten volle gemoeid is met die situasie en kliphard werk om vir inwoners ʼn geloofwaardige tydlyn te gee.”

ʼn Moontlike oorsaak is nog nie bekend nie, maar ondersoeke het glo reeds begin.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.