Groot hofsake oor verpligte inenting wink

Dirk Hermann.

Solidariteit gaan minstens vier groot hofsake voer sodat daar regsekerheid verkry kan word rakende verpligte inentings teen Covid-19.

“Dit is absoluut noodsaaklik om regsekerheid hieroor te kry en dit sal tot almal se voordeel wees,” sê Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Solidariteit het in Desember meer as 300 navrae oor verpligte inenting gehad. “Die eerste dissiplinêre stappe en selfs uitsluitings het begin. Ons kan nie 300 plus hofsake voer nie, maar ons kan strategiese sake voer wat presedente skep en regsekerheid vir almal gee.”

Die eerste groot saak is teen die Universiteit van die Vrystaat (UV) oor sy inentingsbeleid wat op 14 Februarie in werking tree. Dié beleid is reeds in November deur die universiteit se raad goedgekeur.

“Die beleid impliseer dat die universiteit niemand dwing om ingeënt te word nie, maar dat die instansie die reg het om inenting te vereis as jy toegang tot die instansie se persele wil hê om ons personeel en studente te beskerm,” het prof. Francis Petersen, UV-rektor en visekanselier, destyds gesê.

Solidariteit sal Woensdag tydens ’n mediakonferensie meer inligting bekend maak oor die saak teen die UV se inentingsbeleid.

Volgens Hermann doen werkgewers tans elkeen wat hulle wil wanneer dit by inentings kom. “Van die mees skreiende voorbeelde is dat dit al hoe duideliker begin word dat daar sommige werkgewers is wat die pandemie en inentings misbruik as ʼn verskoning om personeel af lê sonder om die regte prosedures te volg. Dit is onaanvaarbaar – veral in hierdie land wat die hoogste werkloosheidskoers ter wêreld het. Een van die groot redes hiervoor is dat daar groot onsekerheid oor die werklike regsposisie is.”

Wanneer dit by die staat kom, is dit nie goed as presedente van dwang geskep word nie, sê Hermann. “Veral in Suid-Afrika moet ons staatsdwang absoluut beperk. Ongelukkig is daar sekere werkgewers wat selfs die staat met dwang wil troef. Dit gaan dus nie bloot oor inent of nie inent nie, maar ook oor die beskerming van die reg om self te kan besluit. Vandag is dit inentings, môre is dit iets anders.”

Solidariteit se Navorsingsinstituut het omvattende navorsing gedoen en bevind dat entstowwe wel risiko’s afbestuur. “Ons verslag hieroor is beskikbaar en algemeen bekend. Ons is ook deurlopend besig om ons verslae by te werk en seker te maak dat wanneer nuwe variante opduik of ander veranderlikes vorendag kom, dit ingesluit word.”

Volgens Hermann is daar egter groot verskille hieroor onder hul lede. “Ons verwelkom robuuste debat, solank dit gesonde debat is en die verdeeldheid van die samelewing oor hierdie debat nie weerspieël word binne ons gemeenskap nie.

(Argieffoto ter illustrasie: Unsplash)

“Solidariteit het ook bevind dat verpligting teenproduktief vir enige entstofveldtog is. Dit skep weerstand, skaad vertroue en verbreek verhoudings. Internasionale tendense wys ook dat lande wat suksesvol met hul inentingsprogram was, nie inentings verpligtend gemaak het nie, veral nie in die werkplek nie.

“Selfs voorstaanders van entstowwe stem saam dat verpligting eerder negatief vir die entstofprogram sal wees. Enigeen wat pro-inenting is, moet dus anti-verpligting wees. Covid-19 en entstowwe gaan nog lank met ons wees. Entstofverpligting is ʼn kort pad, maar gaan op die lang pad teenproduktief wees. Die antwoord lê eerder in baie minder staat en veel meer desentralisering tot op huisdoktervlak. Hoe verder van die staat, hoe groter die vertroue en hoe meer sal die opname wees.”

Solidariteit glo aan vryheid van keuse en ʼn eenvoudige oorkoepelende benadering deur werkgewers sal nie reg wees nie, sê Hermann.

“Die departement van arbeid se direktiewe oor verpligte inentings bevestig dit. Werkplek-analises moet gedoen word en alternatiewe moet gesoek word. Verpligting is die uitsondering. Solidariteit se regsopinie bevestig dit ook. Ons glo dus dat dit die regsposisie is. Baie werkgewers steur hulle egter nie aan die reg nie en het hul eie interpretasies.

“Om die hele debat oor immuniteit tot entstowwe te verskraal, is ʼn totale vereenvoudiging van die hele kwessie. Natuurlike immuniteit speel ook ʼn groot rol wat in ag geneem moet word. Omikron het dit weer duidelik gemaak. Tienduisende mense, baie meer as wat in dieselfde tydperk ingeënt is, is deur Omikron geïnfekteer, wat Suid-Afrika baie nader aan kudde-immuniteit gebring het. Dit moet in ag geneem word. ʼn Eenvoudige entstofverpligting ignoreer die belangrikheid van natuurlike immuniteit.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

122 Kommentare

krodedil ·

Ons, die Anti-vaxxers, is genoeg geboelie en het vir lank genoeg stil gebly. Tyd dat ons gehoor en gevoel word.

Frank ·

Hallo, dis ‘n GROEPS aksie wat die nie-skape verteenwoordig

Piet ·

Nou watter skape betaal vir die GROEPS aksie? Nie een anti-vaxer.

Pierre ·

nie almal gee om oor positiewe duimpies nie, positiewe dumpies is die bree pad wat meeste najaag om sosiale aanvaarding te soek.

Cherokee ·

Jíslaaik piet.. hier ontneem jy nou vir my die plesier om jou te afduim! Want ek ís ‘n anti-vaxer, ek ís ‘n Trumponis en tydens apartheidsjare was daar minder misdaad, maar moet nou nie dink omdat jy nie ‘n afduim kry, gaan jy ‘n opduim score… eh eh, daars’ie ‘n kans nie!

piet ·

Is dit die sewe horings gedeelte (ek weet nie, ek het ophou tel by sewe)?

MakersMark ·

Anti vax hofsakies work nie kyk vir Novax in Australië. Gaan julle baie geld kos. Of dalk meer.

Johnny ·

MakersMark – “Novax” het sy hofsaak gewen. ‘n Minister het daarna sy mag gebruik om ‘n besluit te neem om in effek die hofsaak te negeer. En toe sê die hof daai minister het wel die mag om dit te doen.
Weereens kom dit neer op magsuitoefening en dwang.

MakersMark ·

En reg so. Waarom moet ‘n regering ingee oor ‘n individu se hardkoppigheid. Hul het mag en moet dit gebruik.

Cobus ·

Moet dan nie kla as ministers in SA dieselfde doen en die howe omseil nie.

MakersMark ·

Wie kla. Solank dit gedoen word om die gesondheid van die gemeenskap te beskerm en nie een individu toe te laat om te maak wat jy dink is reg nie. Goeie orde en wetstoepassing is iets wat almal moet ondersteun antivaxers ook.

piet ·

Ministers het niks met die Hof te doen nie, hulle doen hulle werk, is nie van die howe afhanklik om hul werk te doen nie. Howe kan nie wette verander nie.

piet ·

So eintlik het hy oplaas verloor toe selfs die Appelhof se die Minister het die mag…..

Bertie ·

Wanneer begin julle ook aksie neem teen die verpligte inenting van polio en ander siektes? Siestog, arme kindertjies wat nog nie eers kan kies nie, word verplig om ingeënt te word! Watter misdaad teen die mensdom!

Johnny ·

Bertie – ten minste immuniseer die polio inenting jou teen die siekte. Vertel ons gou of die Covid inspuiting dit doen?

Andrew ·

piet. vertel ons gou jou science oor hoe die enting covid keer. Nie baie goed gedoen om immuniteit in europa met sy 80% plus enting status in meeste lande nie. Lyk ook of die lande wat die minste gespuit was, die beste en vinnigste omnicron kon verwerk.

Miskruier ·

Familie in Duitsland het nou 3e spuit gehad. Hul het al 4 positief getoets en is opgesluit vir 10 dae. O, een in hospitaal vir n week.

Adriaan ·

Liberale manier van dink:

Aborsie: My liggaam, my keuse!

Gesonde mense wat verplig word om ingespuit te word met n oorhaastig ontwikkelde middel met ernstige newe effekte wat nie keer dat jy die virus kry of oordra nie: Jou liggaam, my keuse!

piet ·

Wat van die ernstige graad van die siekte beperk. Tel dit nou vir jou niks nie. Hoeveel ernstige newe-effekte van die 8,37 triljoen dosisse wat al toegedien is?

piet ·

Jy verstaan nie die verskil tussen aansteek en siek word nie. Dis nie dieselfde ding nie. ‘n Masker is ‘n fisiese versperring wat kan keer dat partikels in aanraking kom met jou slymvliese in die nuus, oe en so aan en dat die virus in jou bloedstroom opgeneem word. Geen immuniteit kan keer dat jy fisies aangesteek word nie, net ‘n fisiese “versperring” soos ‘n masker kan dit keer.

Adriaan ·

Dis opmerklik hoe lief mense soos piet is om voor te gee dat hulle die enigste mense is wat n bepaalde situasie “verstaan”.

piet ·

Adriaan – Ek het dit nooit gese nie maar ek weet waarvan ek praat. Ek verdraai nie goed en loop vertel leuens nie. Dink jy ek is verkeerd? Ek verneem graag as iemand my verkeerd bewys en verwelkom dit as iemand my “reghelp” met die korrekte feite. Dis absoluut ‘n feit soos ‘n koei dat mense hier nie die verskil tussen infeksie en siek word verstaan nie. Maroela moet dalk ‘n kenner soos ‘n viroloog kry om presies te verduidelik hoe dinge aanmekaar steek, hoe die liggaam reageer teen virusse, ens. Ek dink dis ‘n opvoedingstaak.

Andrew ·

As jy weet waarvan jy praat, verduidelik weer hoekom jy ons wil dwing om n spuit te kry?

piet ·

Ek wil niemand dwing nie so dis sinneloos om enige iets aan jou te verduidelik. Julle weet mos julle kan nie gedwing word nie.

MakersMark ·

Saam met 4.5 biljoen ander mense oor die aarde wat ingeent is. So MEESTE verstaan die situasie asook die eenvoudige wetenskap daaragter. Die ander verstaan dit nie so hul dink soos in die middeleeue – daar is iets sinister agter dit. Soms dink ek dis maar ‘n intelligensie issue.

Johnny ·

Makersmark – hulle verstaan nie noodwendig die situasie nie. Hulle is dalk net te bang om weerstand te bied teen die dwang. Of hulle hoor slegs die oordadige pro-inspuiting narratief wat deur die regerings en die hoofstroommedia uitgebasuin word. En hulle besef waarskynlik ook nie dat enige teenoorstaande narratief deur die hoofstroommedia onderdruk word nie.

MakersMark ·

Ja spekuleer joy arguments klink klaar na sameswering. Antivaxers se stories – hy se sy se…….wereldwye infeksie syfers asook inentingsyfers is feite. Laat die antivaxers hul feite bring? Nee gewoonlik net stories van die Tannie by die kooperasie se toon is seer na die “spuit” sy gaan eis……

Andrew ·

hehe, en nou word almal stadig wakker noudat ons met natuurlike immuniteit nie val soos vlie nie (wat gaan nou aan) , en julle wat gespuit is nogsteeds siek word, nogsteeds ander aansteek en nogsteeds maskers moet dra al het al 4.5 biljoen van julle n honderd inspuitings?

piet ·

Se jy mense met “natuurlike immuniteit” kry nie Covid of word siek nie? Mense wat immuniteit het (inenting of weens blootstelling) het kleiner kans om siek te word en nog ‘n kleiner kans om ernstig siek te word. Geen immuniteit keer aansteek nie, dis hoekom jy iets soos ‘n masker moet dra om partikels fisies af te keer. ‘n Fisiese “versperring” verminder jou kanse om aan te steek.

MakersMark ·

Snert. Kyk na sterfte en hospitalisasie syfers tussen vaxxers en no vaxxers. Case closed.

Dirk Mostert ·

Globaal is meer as 50% van die mense al geent, maar slegs 7% in Afrika (BBC). Europa loop los voor met % entings sowel as nuwe gevalle (in Frankryk nou byna halfmiljoen nuwe infeksies per dag). Denemarke is op shot 4, dws die vorige 3 was nie doeltreffend nie. Statistieke en feite is teen jou, M.

Anel ·

Jy sê neus en oë en so aan. Nou kom ek sê dan vir jou dat jou ou papier maskertjie of ander wat jy dra geen doel dien nie. Jou oë is dan nie beskerm nie. Ek dra ‘n gesigskerm wat my oë ook “beskerm”. Ook net as ek verplig word om iets te dra. Ek loop sonder ‘n ding oor my gesig, want dit is nie normaal om nie vry te kan asem haal nie. Ons hele gesin sukkel eweskielik met sinus. Al die goed is duiwelsgoed. Dra jou masker en laat jou spuit, jy is mos nou beskerm en bly dan maar ook by die huis. MAAR los ons wat wil lewe uit. Dis ons besluit soos dit jou besluit is.

piet ·

Jy’s reg dat ‘n masker nie joe oe sal beskerm nie en dat jy aangesteek kan word via jou oe (sover ek weet). Jy’s ook reg dat dit die beste is om jou gesig heeltemal te bedek. Ek dink dis nou eintlik logies maar masker dra waar jy darem ten minste jou neus en mond toemaak is darem beter as niks.

Dirk Mostert ·

Piet, jy en die meeste S.A. dokters het die rympie mooi geleer. ‘n Wetenskaplike is nie ‘n papegaai nie.

Andrew ·

En hoeveel mense sonder onderliggende probleme word in die eerste plek ernstig siek? So hou pla dit jou dat ander nie siek word en nie wil ent nie? Jy is mos geent

piet ·

Dit pla my as die wat oningeent EN nie “natuurlike immuniteit” het nie (ons weet nie wie almal “natuurlike immuniteit” het nie) geneig is om sieker te raak en onnodiglik ‘n las op ons gesondheidsdienste plaas want in meeste gevalle moet die belastingbetaler daarvoor betaal. Mense wat ‘n groter risiko het om siek te word, plaas ook druk op werkgewers, ens.

MakersMark ·

Op dieselfde pad as novax in Aus ? Laat jou wielletjie maar draai.

Plaaskind ·

@Jean, ek wil graag byvoeg – kan jy jouself indink dat 300 gesinne nou dalk finansieel en emosioneel gebreuk is en nie weet hoe om te voorsien vir kos nie. Regtig mense – dit is ‘n skande

Hennie J ·

Soos die berig se opskrif tereg aandui:” groot hofsake wink” Raai wie gaan daarby baat vind; jy, ek, kopdoek, rampie, vaxers,anti-vaxers of wie ookal?Verkeerd, ek glo egter daar is n klompie regsgeleerdes wat rustig sit en wag………..

Hendrik ·

Die entstof keer nie dat iemand siek word nie. Dit keer nie dat daardie persoon iemand anders aansteek nie. Vir party mense maak dit net die simptome dalk bietjie ligter. Dis my keuse of ek bietjie siek of baie siek wil voel. Dit beskerm nie die volgende persoon teen my nie. Dus moet julle maar begin by die begin en die term ENTSTOF eerste uitsorteer.

piet ·

Die entstof kan keer dat jy siek word maar kan nie keer dat jy fisies aangesteek word deur ‘n ge-infekteerde persoon nie. Hierdie begrip blyk moeilik te wees om te verstaan deur sommiges. As jy aansteek, is jy nog nie siek nie. Jy’s eers siek as jy simptome ontwikkel. Immuniteit, hetsy verkry deur inenting of deur herhaaldelike blootstelling aan die virus (natuurlike immuniteit) kan keer dat jy simptome ontwikkel en siek word. En as jy wel siek word, sal dit waarskynlik nie so erg wees nie. Geen entstof kan keer dat jy fisies ge-infekteer word nie (natuurlike immuniteit kan dit ook nie keer nie).

Johnny ·

Natuurlike immuniteit word ongelukkig nêrens in ag geneem nie. Almal begin net skreeu dat jy die inspuiting moet kry.

VaalDonkie ·

Die entstof keer nie dat jy siek word nie, Piet. Dit keer nie eens dat jy hospitaal toe gaan nie. Gaan kyk maar Netcare se eie data vir COVID oor Desember.

Johan ·

Piet – nou wat is die doel van die spuit dan en hoekom voel jy so sterk daaroor dat jy alles sal prys gee om agter die hoofstroom aan te hartloop.

Johan ·

Selfs medici wat so vuurog pro inspuiting was raak nou stil. Nog net Pfizer en politici wat aanhou skree so mal mense.

Nicki ·

en dan maak hulle MILJARDE…. en niemand gee een duit om vir die mense wat geliefdes verloor so kort na die “spuit” nie.

Dirk Mostert ·

Medici sal slim wees om die sinkende skip te verlaat. Hofsake gaan kom.

KatjieDeKat ·

Dit is uiters kommerwekkend dat daar enigsins n debat oor hierdie saak gevoer moet word. Om enigiemand te dwing of te manipuleer om n inenting te kry, is verregaande. Net so ook die teenoorgestelde. Those who want the vaxx should be able to get it without any interference, while those who do Not want it, should Never be forced, manipulated or coerced into getting it. That is called liberty and personal sovereignty. That is the cornerstone of a civilised planet vs some hellhole of draconian dystopian overlordship.

piet ·

Die hofsake is goed maar ‘n werkgewer het beslis die reg (en die verpligting) om ‘n veilige werksplek daar te stel. Hulle sal in elk geval nie nuwe personeel inneem wat nie ingeent is nie, daarvan kan jy verseker wees. Baie maklik om die oningeentes uit te sluit by die indiensnemingsproses, dit kan baie subtiel gedoen word.

krodedil ·

Tyd het aangebreuk dat hierdie werkgewers verantwoordelik gehou moet word vir die newe effekte op hulle werkers. Ek glo die hofsake sal dit uitwys

MakersMark ·

Waarvan daar hoeveel is? Daar is 300 wat navraag gedoen het waarvan 90% opportunistiese stories sal wees.

KatjieDeKat ·

Piet, dis n griep. Ja, sommige mense het gesterf daarvan. Soos sommige mense nog elke jaar vir duisende jare al sterf van griep. Bitter klein persentasie mense. Die oorlewingsyfer regverdig eerlik waar nie histerie en drakoniese reels nie. Its flu, and an Extremely survivable flu, not weaponised rabies. People must start getting a grip, seriously.

VaalDonkie ·

Sal nogal lekker wees as hulle my miljoene moet betaal sonder dat ek eers daar werk na die diskriminasie eis afgehandel is.

Hendrik ·

As hulle deel van die aansoek proses vra of jy ingeent is, is dit reeds diskriminerend. So solidariteit hierdie een wen, sal daai een ook nie staan nie. Dit maak ook nie die werkplek veiliger nie. Want al is ek ingeent en wys geen simptome nie, kan ek nog steeds die volgende persoon aansteek. So die hele argument val plat.

piet ·

Hoekom Hendrik? Hulle kan vra of jy ‘n bestuurderslisensie het ook. Dis reg, mense kan mekaar nog aansteek. Maar as jy ingeent is (of reeds natuurlike immuniteit het) is die kanse dat jy dalk nie siek gaan word van die aansteek nie of nie baie ernstig siek word nie baie groter. Dit beteken minder mense op siekteverlof, dus minder ontwrigting in die werksplek, ens. Bietjie verder dink as wat ons neuse lank is.

Johnny ·

Piet – ‘n bestuurslisensie, wat impliseer dat jy kan en mag rondry op paaie, kan nodig wees in die uitvoering van jou pligte. Die inspuiting het hoegenaamd geen effek op enigiemand se vermoëns in terme van enige posbeskrywing nie.
En voordat jy kom sê dit verhoed jou om siek te word: om siek te word is ‘n natuurlike ding, en geen aanstelling kan gedoen word op grond van potensiële toekomstige gesondheid nie.

Waarom ·

HIV en tubercerlose is aansteeklik hoekom word dit dan nie gevra nie.

Hendrik ·

jy word nie verplig om lisensie te hê nie. As jy covid kry by die werk, ongeag hoe erg, gaan jy siekverlof moet vat. Punt is dat inenting geen verskil maak aan die aantal mense wat siek word of die siekverlof vir die maatskappye minder gaan maak nie. Dit verlig slegs simptome vir party mense. So jy moet beter lees en probeer begryp wat die meeste van ons hier sê. Jy gee antwoorde, maar nie op die vrae wat gevra word nie. Groot verskil.

Andrew ·

Ok Piet. Wat dan van die wat te veel eet en drank misbruik met al daai onderliggende probleme wat met dit saamgaan, mag n werkgewer nou diskrimineer teen n oorgewig persoon want hy loop stadiger na sy tafel toe? Hoe meet dit in jou stelling? Dan ook, volgens ons eie bevelraad is meeste mense teen die tyd of ge-ent of het natuurlike immuniteit opgebou.

Hendrik ·

As dit deel van die aansoek proses vir die pos is om te sê of jy ingeent is, is dit diskriminerend. Sal nie staan in die hof nie. Dit maak ook nie die werkplek veiliger nie, want al is ek ingeent en wys geen simptome as ek siek word nie, soos 80% van die gevalle, dan keer dit nie dat ek die volgende persoon aansteek nie.

piet ·

Sal nie diskriminerend wees nie maar daar sal voorsiening gemaak moet word vir mense wat nie ingeent is in die geval van natuurlike immuniteit reeds verkry sou ek se (mediese bewys sal gelewer moet word in die geval). Ek het reeds verduidelik wat dit kan beteken as meer mense siek word, maar gaan nie verder sukkel met mense wat nie kan of wil verstaan nie. Maak maar soos julle wil (en dra die gevolge).

Andrew ·

Yip. Dit is die probleem as jy in sirkels argumenteer , jy kom heeltyd by jou eerste punt uit wat jy nie kan bewys nie.

Andrew ·

Meeste wat natuurlike immuniteit opgebou het weet nie eens hulle was siek nie en gaan toets nie, die bevelraad sê ook mense moet nie gaan toets tensy hulle siek is nie. Geen voorsiening nodig nie, hanteer dit soos die griep inspuiting.

Marius ·

Boikot die universiteite wat dit afvorseer. Sonder geld gaan hul gou gou wegkwyn en herbesin.

Koen ·

LoL Hoop julle hou ‘n lys by van alles wat julle boikot. Die lys raak laaaank. Heheheeee

Oom Kaspaas ·

Dis maklik om te sê ons gaan hof toe ……. maar hier is meer as een wet te sprake, watter kant toe baklei hulle ? Werkgewer mag niemand dwing nie want dis teen sy mense regte volgens die grondwet, maar die Mine Health and Safety Act sê weer duidelik dat die werkgewer verantwoordelik is om enigeiemand wat op sy persele of operasies kom veilig te hou, so sou dit bewys kan word dat die entstof wel geklassifiseer kan word as ‘n “Risk Management Tool” dan is daar nie veel wat die grondwet daaraan kan doen nie.

Willem ·

Die grondwet is die hoogste wet in die land, en is veronderstel om bo alle ander wette te staan. Maar ons bly in ‘n land wat deur narre gedikteer word.

Hendrik ·

Ek stem saam met jou. Maar dan moet hulle bewys dat dit die risiko verminder, en dit kan hulle nie doen nie. Dit keer nie dat iemand aangesteek word nie en ook nie dat hulle ander kan aansteek nie. Op hierdie stadium verlig dit net die simptome by party mense.

Bushy ·

Veilig te hou in watter opsig? dit is n perd van n ander kleur. Verpligte inentings vir covid vir toelating, Dan moet aids, TB en soveel ander siektes ook op dieselfde Wyse bekamp word, so eenvoudige soos dit en geen diskriminasie van siektes nie. Dink man, dink, dis gratis.

piet ·

Daar is nie ‘n entstof vir aids nie en meeste mense word as kinders vir tering ingeent, so is reeds ingeent.

Andrew ·

TB enting is n enting, keer dat jy dit kry. Wat doen die die covid spuit nou weer? Lyk my meer soos n super barroca vitamiene booster.

piet ·

Verkeerd, jy kan steeds aansteek en TB kry. Veral nie so effetief teen die tipe wat die longe aantas nie.

Landras ·

Ek is so dankbaar ek kan jou taxgeld gebruik om mense met hiv en tb te help . Baie mense vra nie vir dit nie – KOM by Vaaldonkie !

Andrew ·

Daai wet is nie op alle werks plekke van toepassing nie, en twee die grondwet vat die oppergesag as daar teenstrydigheid is? Maklik

VaalDonkie ·

Los hulle, Andrew. Hulle wil nie hoor nie. Hulle is te bang as hulle erken ons kant het ‘n punt, dat hulle dalk ‘n foutjie begaan het.

piet ·

Glad nie so maklik nie. Mense se grondwetlike regte is nie absoluut nie. Daar is artikels in die Grondwet self wat bepaal wanneer jou grondwetlike regte ingeperk kan word.

Oom Kaspaas ·

Verkeerd – daar is “n Tri partheid ooreenkoms wat daai wet opergesag maak

Theo ·

Dit is belaglik om te dink dat hulle iets wil verlpigtend maak om gesonde mense in te spuit om hulle te beskerm teen n virus met n 98% herstelkoers…

Hendrik ·

6.01% van die totale bevolking in Suid Afrika het sover positief getoets. Van daardie persentasie het 2.62% gesterf. Dus het 0.158% van die totale bevolking gesterf terwyl hulle covid positief was. Daar is ook heelwat van daai klein aantal wat dood is aan ander oorsake soos motorongelukke en ander siektes wat ingesluit word in daai getal. Hoeveel mense het nie hulle werk verloor en gaan van honger dood of het als verloor nie. Dis baie meer as die totale aantal wat positief getoets het.

Theo ·

Ja wel Johan dit is van selfspreukend, daar is reeds mense dood aan die virus so die herstelkoers gaan nie 100% wees nie, maar dit is so klein getal sterftes vergelykend met hoeveel die virus al gehad het en die wereld populasie. Maar ek stel dan net my kommentaar anders: waarom moet ons verplig wees om n inenting te kry van n virus met n 2% sterftesyfer.. jou kanse om in SA vermoor te word is letterlik grootter as om te sterf van Covid so waarom verplig hulle nie eerder koelweerstands baadjies nie…?

Riaan ·

NIEMAND wil die eenvoudige vraag antwoord nie. – Wat is die voordeel van die vaksien ?

MakersMark ·

Vra die families van die 5.6 miljoen mense wat wereldwyd gesterf het agv CV19, meeste sonder inentings. Dalk sal jy ‘n antwoord kry.

Willem ·

Net soos silly billy hekkies destyds met windows gedoen het, herhaal hy sy suksesvolle proses. Hy het windows gaan indruk by al die universiteite om die jong onkundige studente bloot te sel daaraan sodat wanneer hulle in die werkplek kom, is dit al wat hulle ken en mee gemaklik is. En viola, hulle dring aan op microsoft. Nou doen hy dieselfde met sy gifstof waarin hy helse groot beleggings gemaak het. Dit gaan nie oor mense se gesondheid nie. Gaan kyk gerus die TEDtalk video, Nov 2015 van silly billy gates en kry jou antwoorde.

Marianna ·

Daar gaan nou elke jaar ‘n paar vaccines kom. Gaan mense elke jaar verpes word om dit te neem? Wat ‘n lewe? So word die mense armer want besighede bring hierdie drakoniese wette in. Kamptig om almal te beskerm. Wat ‘n grap. Word mense in werksomstandighede vir gewone griep beskerm?

Yolandie ·

Om jou vraag te beantwoord Marianna. Nee daar word nie vir griep in jou werksplek soveel drama gemaak nie. Jy kan vrywilliglik gaan en die griep inspuiting vat……en as jy nie wil nie dan is dit ook okay. Die mense wat ne sê spuit spuit spuit om jou werk te behou en om ‘n lewe te kan hê moet net besef dat dit nooit gaan ophou as jy eers daai eerste jab gekry het nie.

piet ·

Daar was ander pandemies voor Covid, dit is nie meer pandemies nie. Dieselfde sal met Covid gebeur.

VaalDonkie ·

Ja ons het al hoeveel dier-griepe oorleef, sowel as MERS en SARS (basies COVID-2002). Ons het selfs Hong Kong-griep oorleef. DAAI was net so rof soos COVID. Geen eksperimentele bloedklont- en beroerte doepas was nodig nie. Die virusse het of verdwyn, of geleer om minder aggressief te wees.

MakersMark ·

Daai virusse is in die lande waar dit ontstaan het beheer. CV19 het ‘n wêreldpandemie geword in ‘n paar maande. Ietwat van ‘n verskil.

Frank John ·

Hulle kan maar vax wegneem. Ons is automaties weerstandig teen covid, net soos griep inspuitings. Somige neem spuit ander nie. Die wat dit neem word soms meer siek van die griep Waarvoor hul gespuit is. Net soos covid spuit. Die wat gespuit is moet nou weerstand opbou teen die nagevolge van die vax jab.

MakersMark ·

Kyk hoe val die spul in lyn en probeer geld maak uit hofsake waarvoor ander betaal. Dis maar ‘n mentaliteit.

Andrew ·

Hoe weet jy waar die geld vandaan kom wat hulle gebruik, uit 300 mense se sakke uit. Ek dink jy misgis oor hoeveel mense R10 skenk. Mentaliteit?

MakersMark ·

Ja hoe kan ek iets kry vanaf ‘n hofsaak omdat ek wette wil teegaan en ander moet daarvoor betaal. Dis die mentaliteit. Victim mentaliteit.

Althes ·

Ek stem volkome saam dat hofsake aangegaan moet word.
Elke mens se liggaam is uniek, en in verskillende fases van verandering – indien die inenting ernstige komplikasies of selfs die dood veroorsaak, wie gaan dan daardie mense en hul gesinne bystaan?
Dis belaglik om toetse op mense af te dwing indien hul nie gevaksineer is nie.
Boonop almal wat vrees vir Covid 19 sal hul laat inent, wie baie mense is -so hoekom vrees die vaksineerders die nie-vaksineerders?
Ek is ten volle ingeënt, en het albei kante van die munt gesien

DieKriek ·

My dogter, wat geënt is het op die vliegtuig Covid opgedoen en my, wat nie geënt is nie, aangesteek. Ons was albei ewe siek met presies diesefde simptome. Besluit nou maar self verder.

Nicki ·

Hoe is dit verstaanbaar dat al die bestaande wette van die land sumier tot nul gemaak is? Wat van ons mense regte? Die wette wat ons mediese behandeling ens privaat maak? Die wette wat verseker dat ons nie onregverdig hanteer word nie?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.