Groot kommer oor Gauteng se reuseskuld aan Eskom

Argieffoto (Foto: Steve Buissinne / Pixabay)

Die toenemende elektrisiteitskuld wat deur munisipaliteite in Gauteng verskuldig is, stel ‘n beduidende uitdaging vir Eskom.

“Die ophoping van skuld plaas nie net ʼn druk op Eskom se finansiële stabiliteit nie, maar bedreig ook die betroubaarheid van elektrisiteitsvoorsiening regdeur die provinsie,” het die kragvoorsiener in ʼn verklaring gesê.

“Die impak op Eskom se finansiële stabiliteit word vererger deur die stadsraad van Tshwane se ophoping van onbetaalde rekeninge en Ekurhuleni-unisipaliteit se laatbetalings, en dit beïnvloed die inwoners en besighede wat op ʼn stabiele kragvoorsiening staat maak.”

Eskom sê indien die kwessie onaangeroer bly, kan die situasie tot diensonderbrekings lei en ekonomiese aktiwiteite belemmer.

“Ten spyte van voortdurende pogings om die ongereelde en laatbetalings te takel, bly die skuld, spesifiek dié van die stadsraad van Tshwane, voortdurend groei en belemmer Eskom se vermoë om in noodsaaklike infrastruktuur, instandhouding en die ontwikkeling van volhoubare energieoplossings te belê.”

Volgens Eskom beloop Tshwane se uitstaande rekeninge ʼn bedrag van R3,1 miljard vir Augustus, September en Oktober 2023 met ‘n totale skuld van R4,2 miljard. ʼn Huidige rekening van R1,1 miljard is op 28 Desember 2023 betaalbaar.

Ekurhuleni betaal sy rekening laat, selfs nadat die betalingsvoorwaardes tot 30 dae verleng is. Dié stadsraad het tans agterstallige bedrae van R146 miljoen, aldus Eskom.

“Alle munisipaliteite word gemaan om prioriteit te gee aan die afhandeling van huidige rekeninge en uitstaande elektrisiteitsbetalings aan Eskom. Eskom bly toegewyd om saam met munisipaliteite te werk om lewensvatbare oplossings te vind en die potensiële gevolge van die groeiende skuld te verminder.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Republikein in die Wes Kaap ·

Wat gaan aan in Tshwane? Hulle skuld Randwater ook honderde miljoene.

Hendrik ·

Die antwoord is: Wie was i n beheer van Tshwane voor die huidige owerheid?

Meinung ·

Waar is Lesufi nou? Maak hy of hy nie van die wanbestuur weet nie?

Pieter ·

Watter skuld? my rekening is op datum… Sien dis wat gebeur as almal mielies kry maar net 5 betaal vir dit….

Pieter ·

Republikein in die Wes Kaap: wat by ons gebeur is presies wat reg oor die hele land gebeur, die bedrae is net groter…

Martie ·

Roep die skuld afskrywer nader. Maar dis wat my so vies maak, jy as verbruiker moet aan die munisipaliteit betaal en hulle mors die geld uit.

Republikein in die Wes Kaap ·

Hendrik, almal blameer altyd hul voorgangers. Die huidige regime het tot dusvêr met niks nuuts vorendag gekom nie. Hulle karring maar net aan op die ANC deuntjie. Geen drastiese herstruktuering, kostebesparings en afleggings nie.

annie ·

Cyril het ons anderdag belowe hy slaap altyd goed; hy het glo nie slapelose nagte nie. Dit is seker hoekom hy gereeld kongresse soos dié by Kop bywoon. Hy kom nooit sonder ‘n belofte of twee in sy kussingsloop terug nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Pieter, die burgermeester het ‘n unieke geleentheid verspeel om sake om te draai en punte vir sy party te wen. Maar wat doen hy? Verlede maand het hy sewe nuwe top bestuurslede verwelkom. Hulle salarisse is R3.2 miljoen per jaar. Gaan kyk maar wat is hulle agtergrond en maak jou eie gevolgtrekkings.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.