Groot kommer oor talle Gauteng-skoliere wat eie lewens neem

skool-skoolbank-klaskamer-deltaworks.jpg

Argieffoto (Foto:
Deltaworks/Pixabay)

Minstens 40 leerders en leerkragte aan Gautengse skole het al vanjaar hul eie lewens geneem.

Volgens die Gautengse departement van onderwys was die jongste geval ’n 11-jarige gr. 5-meisie aan Anzac Primary School in Brakpan wat Vrydag haar eie lewe geneem het.

“Hierdie diep ontstellende gebeurtenis beklemtoon die belangrikheid daarvan om sensitiewe kwessies met kinders te bespreek en hulle van die nodige ondersteuning en leiding te voorsien gedurende moeilike tye,” sê Steve Mabona, woordvoerder van die departement.

Selfdood is ’n somber werklikheid en een van die hoofoorsake van dood onder jongmense. “Leerders word gekonfronteer met ’n verskeidenheid probleme wat hulle kwesbaar, hulpeloos en oorweldig laat voel. Angs, depressie, afknouery, aanlyn mishandeling, geweld en kuberafknouery is bydraende faktore tot selfdood onder leerders.”

Volgens die departement is nie minder nie as 300 gevalle van leerdersterftes sedert die begin van die jaar by hom aangemeld, insluitend die selfdoodgevalle. “Ons is bewus daarvan dat die sterftes ’n enorme sielkundige impak op ons leerders, onderwysers en die groter skoolgemeenskap het. Dit is dus noodsaaklik dat ons onmiddellik ondersteuning bied aan diegene wat geraak word en op lang termyn reageer met blywende oplossings wat kan help om die situasie om te keer.”

Die departement het Sondag, op Wêreld-selfdoodvoorkomingsdag, verskeie inisiatiewe aangekondig om selfdood onder leerders in die provinsie te hanteer.

Dit sluit onder meer in deurlopende ondersteuning, die bou van veerkragtigheid, die bevordering van betekenisvolle sosiale verbintenisse, die skep van veilige ruimtes in skole, die aanmoediging van openbaarmaking en die fasilitering van verwysing vir verdere professionele ondersteuning.

Die departement sal in die volgende maande saam met verskeie organisasies, waaronder Kinderlyn en die Suid-Afrikaanse Depressie-en-angsgroep (Sadag), skole besoek.

Kinderlyn se tolvryenommer, 116, kan gekontak word vir gratis beradingsdienste aan leerders en opvoeders. Sadag se selfdoodkrisishulplyn kan gekontak word by 0800 567 567.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Karoo ·

Dit is so tragies, kinders word in soveel aremoede gebore, word daagliks aan misdaad bloot gestel. Dan is daar die druk dat hulle moet presteer en sorg vir hulself en dalk hulle ouers.

Miskruier ·

Hoe moet n kind sonder ouer liefde en leiding dit in die siek wereld maak?? Hul weet ook nie van God se liefde en beskerming nie want die regering wil nie dat hul dit ken nie.

Astrain ·

Met ‘n land waar ons hoop verloor vir ‘n beter toekoms – wat het die regering anders verwag???

skurweberg ·

Kinders met n swak toekoms perpektief, moet deur opgeleide personeel gehelp word. Watter ouer of onderwyser weet presies hoe lyk sy/haar kind of die waarmee hulle elke dag werk. se emosionele funksionering? Skole doen te min navorsing oor leerlinge se emosionele funksionering. Wat die department van onderwys aanbetref skiet kennis en opleiding wat hierdie sake ver te kort.

annie ·

Te veel tv- en internet-blootstelling… Ons laat hierdie gemors toe in ons huise asof dit wet is.

Hannes ·

Selfdood is ‘n permanente oplossing vir ‘n tydelike probleem. As ons kinders dit net wil besef in díe land waar hulle teen ‘n onregverdige sisteem moet veg vir ‘n toekoms.

Marcha ·

Die toestand van skole in Johannesburg is so sleg, daar is bitter min publieke skole wat nog goed is. Meeste van die skole word wanbestuur en die onderwysers weet nie hoe om met tieners te werk nie.

Rayman ·

95% is die ouers se skuld, want hoe moet die kind voel as daar die heeltyd gesê word daar is nie ñ toekoms vir die kinders in die land nie. So waarna moet die kinders uitsien as daar die heeltyd negatiewe tyd gepraat word, almal weet dit gaan sleg in die land maar as ons dit die heeltyd vir ons kinders sê wat gaan hulle dan dink daar is nie ñ toekoms vir my nie. So hou op om negatiewe goed voor die kinders te praat

Delia ·

Presies Rayman. As jou ouers moed opgee op die lewe, hoekom sal die kind moet hé. Weet nie hoekom jy so afgemerk word, sonder enige kommentaar nie.

Impact ·

Daar is in die skole te veel druk op die kinders, dan is daar die internet probleem, selfoon probleem vandag se kinders het verleer om met hulle ouers te kommunikeer. As hierdie kinderse se ogies oopgaan is die selfoon en speletjies of kyk na tik tok trash van hoe om jouself te sufficate en en en………… vandat selfone ingekom het, het ons jeug ook verval maar vir sommige ouers is dit ‘n oplossing want nou pla die kinders hulle minder……………….probleem kinders het probleem ouers.

SwartBees ·

Te veel druk word op kids gesit by die huis EN by die skool. MM gaan sekerlik my kommentaar verwyder maar my opinie bly staan dat kinders toe ge-gooi word onder die werk. Daar is ‘n baie klein handjievol onnies wat daai extra myl loop met die kids. Vir julle wil ek BAIE DANKIE sê en salueer. DAN die ander “onnies” wat die werk aframmel, wat jy nie in die klas klaar kry nie moet hulle by die huis klaar maak….SONDER die hulp van die onderwyser waar ouers dan saam sit, saam kop krap en maar bid vir die beste. Die skool termyn is 17 Jul – 02 Okt. My kids maak more, 12 Sept, KLAAR met eksamen en moes werk leer wat nog nie eers in die klas behandel is nie. Hoekom so gejaag om die kwartaal klaar te kry?!?!?! Ek kan jou ‘n guarenteed brief met n polisie stempel gee dat twee weke voor die vakansie sal daar slegs ingedeelde toesig by die skool wees, maar as jy op die onderwysers se FB gaan kyk dan doen hulle die tuin roete teen buite seisoen pryse.

Jackie ·

Ek dink die 80/20 teorie is ook in die onderwys van toepassing. 80% van die werk word deur 20% van personeel gedoen. Die leerplan word deur kundiges by die departement opgestel en dit word van skoolpersoneel verwag om die tempo te handhaaf. Ongelukkig is baie van die ouers, peetouers of wie ookal die kind naskool moet groot maak, nie in n gebore staat om hul kinders met skoolwerk te help nie. Baie kinders van 18 of jonger het net nie die emosionele vermoeë om dié druk te hanteer nie.

Jackie ·

Die 1ste bron van kinderbeskerming is die kind se ouers. Indien ouers ontbreek, onmiddelike familie, soos ooms en tannies of ouer broers en susters en dan eers die skool. Ongelukkig is ons staats instansies wat hierdie bronne moet ondersteun, so pateties en korrup dat dit net sowel glad nie hoef te bestaan nie. Die Bybel maak groot gewag van die versorging van die ‘weduwees en die wees’, maar ongelukkig vaal die kerke en gemeentelede klaaglik op hierdie gebied. Instede daarvan dat dit die grootste item op hul begrotings behoort te wees, kry dit net die ‘scraps’.

sterk soos n beer ·

selfdood is nooit oplossings nie want dit veroorsaak depressies en hartseer tussen familie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.