Groot toename in elektriese motors in SA

elektriese-motors-herlaai

Drie Prius hibriede-motors herlaai by die San Francisco stadsaal in die VSA. (Foto: Verskaf.)

Nuwe navorsing wat deur kenners van elektriese voertuie gedoen is, dui daarop dat Suid-Afrika een van die tien top-lande ter wêreld is wat die toename in die gebruik van elektriese voertuie betref.

Met ʼn 127% toename in mense wat elektriese voertuie verlede jaar aangekoop het, is Suid-Afrika sewende op die wêreldranglys. Suid-Afrikaners het verlede jaar 500 elektriese motors gekoop, teenoor 2021 se 220. Indië het die grootste toename ter wêreld getoon, met 48 000 aankope in 2022, teenoor 12 000 in 2021. Dit is ʼn toename van 300%. Brasilië is tweede met ʼn toename van 193% en Nieu-Seeland derde (179%).

Die navorsing is deur kenners by Drive Electric gedoen.

Land20212022% Toename
1Indië12,00048,000300%
2Brasilië2,9008,500193%
3Nieu-Seeland6,80019,000179%
4Japan22,00061,000177%
5Israel11,00027,000145%
6Turkye3,0007,000133%
7Suid-Afrika220500127%
8Pole7,20014,00094%
8Australië17,00033,00094%
10VSA470,000800,00070%

 

Die Nieu-Seelandse regering het in 2021 ʼn kortingskema van stapel gestuur waarvolgens motoreienaars geld kon terugeis indien hulle nuwe of tweedehandse voertuie aankoop wat min of geen uitlaatgasse vrystel nie.

Die navorsing het ook bepaal watter land die groenste is, deur te kyk na faktore soos die gebruik van herwinbare energie en openbare vervoer.

Swede is gevolglik as die groenste land aangewys. ʼn Vyfde (21,5%) van dié land se kragopwekkingsbronne het in 2021 uit herwinbare energie bestaan en die land mik om teen 2045 ten volle van herwinbare energie gebruik te maak.

Finland is tweede, met een van die strengste omgewingsbeleide wêreldwyd. Duitsland is die derde groenste land en wil graag teen 2035 reeds ten volle op groen energie staatmaak. Dié land is ʼn wêreldleier wat herwinning van afval betref, en sowat 60% van afval word in nuwe produkte omskep.

Die navorsing het ook bevind dat Australië die land is wat die meeste van sonpanele gebruik maak, met 11,66% van dié land se krag wat deur middel van sonpanele opgewek word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

annie ·

Mag iemand met ‘n elektriese motor sy eie krag opwek en die motor op sy eie erf herlaai?

Piet ·

Nee. Jy moet ook jou selfoon na ‘n herlaaistasie vat om herlaai te word.

Kwikkie12 ·

Gisteraand na Donald Trump geluister en gelag na al die negatiewe aspekte van die elektriese motors.

andre ·

Gelukkig sal die binnebrandenjin nooit verdwyn nie.Hibriede lyk na die middeweg.
Sal goed wees as die verkope van hibriede motors net soveel aandag kry in die media.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.