Groot verwoesting ná brand op Kaapse plaas

Die brand het verskeie toerusting, trekkers en masjinerie op die Welvanpas-plaas in Wellington vernietig. (Foto: Facebook / Drakenstein Farm Watch)

ʼn Brand wat Woensdagoggend vroeg op die plaas Welvanpas in Wellington in die Wes-Kaap uitgebreek het, het na raming miljoene rand se skade aangerig.

Die brand – wat vermoedelik opsetlik gestig is – het toerusting, trekkers en masjinerie vernietig, wat beteken dat bedrywighede op dié plaas tot ʼn groot mate opgeskort moes word. Dít boonop in oestyd.

Volgens Daan van Leeuwen Boomkamp, algemene bevelvoerder van die Drakenstein Farm Watch (DFW) se brand‑ en reddingspan, het hy Woensdag omstreeks 00:50 ʼn benoude oproep van die boer, Jacque Smit, se vrou, Marina, ontvang dat die hoofskuur in ligte laaie is.

Die brand het toerusting, trekkers en masjinerie op die Welvanpas-plaas in Wellington vernietig. (Foto: Facebook / Drakenstein Farm Watch)

Die span het hulle na die toneel gehaas waar die grootste gedeelte van die skuur reeds in vlamme gehul was. Masjinerie wat met diesel werk, was ook aan die brand, wat die situasie verder vererger het.

DFW-spanne sowel as brandspanne van die Drakenstein-brandweerdiens het saamgewerk om te red wat hulle kon.

“Slegs 40% van die struktuur was nog nie vernietig nie. Ons hoofdoelwit was om dié 40% te beskerm.”

Die brand was teen 03:15 in bedwang, maar die skade enorm.

“Die boer en sy vrou moes in wanhoop toekyk hoe hul lewe se werk vernietig is.

Die brand is vermoedelik opsetlik gestig. (Foto: Facebook / Drakenstein Farm Watch)

“Dit is miljoene rand se skade. Selfs al het hulle versekering, is dit nooit genoeg om dié soort skade volkome te dek nie. Dis ʼn groot verlies en raak boonop al die werknemers op die plaas,” het van Leeuwen Boomkamp aan Maroela Media gesê.

Die brand het gelukkig nie na die woonhuis of landerye versprei nie.

“As jy egter nie die toerusting het om te stroop nie, sit jy met ʼn reuseprobleem.

“Bedrywighede op die plaas sal nou geruime tyd gestaak moet word. Dit het ook ʼn verreikende uitwerking op al die plaas se werknemers wat van die plaas se inkomstestroom afhanklik is. Dié mense moet steeds salarisse ontvang, maar hoe kan jy ʼn inkomste genereer as jy nie kan werk nie?”

Die DFW het op hul Facebook-blad ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om met trekkers en sleepwaens hulp te verleen sodat die boer en sy werkers met hul stropery kan voortgaan en hul oes kan red.

Die brand – wat vermoedelik opsetlik gestig is – het toerusting, trekkers en masjinerie op die Welvanpas-plaas in Wellington vernietig. (Foto: Facebook / Drakenstein Farm Watch)

“Die verwoesting wat ʼn strukturele brand in ʼn mens se lewe kan bring, is baie erg. Werk waaraan mense hul hele lewe toegewy het, kan in ʼn paar uur ongedaan gemaak word en boonop die toekoms vernietig.

“Die plaas Welvanpas het ons aandag, simpatie en bystand nodig om te seëvier,” het die DFW Donderdag op hul Facebook-blad geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

JM ·

Stig nou kwaadwillig brand en daar wag dalk ‘n ewige brand op jou. God slaap nie.

Harley Davidson ·

Sterkte ,ek hoop jy automatiseer nou sodat jy so min moontlike mense op jou plaas hoef toe telaat

Andries ·

Dank die hele klomp werkers af. Sien dan of hul maatjies, wat die brand gestig het, vir hul sal sorg.

Anel ·

En die skuldiges sal nooit gevang word nie!!! Ons dink die Ingelse het die verskroeideaarde beleid toe gepas? Wat dink julle gebeur hier? Ander nanier om boere bankkrot te maak en van plase af te dwing. Sonder dat daar ‘n vinner na die regering gewys kan word. My teorie!

annie ·

Die president boer self, maar hy het min hetsy geen simpatie met wit boere nie. Sou hy regtig dink dat hierdie misdade die land vooruit gaan neem. Skynbaar is daar mense wat nie glo in straf einde der dae nie of dat die human righters by die hemelpoort sal kan opdaag met ‘n goeie storie. Waar is die swart kerklui? Of is hulle eerder die aanporders?

Marshall ·

One cannot win a conflict with a defensive strategy. One cannot defend an infinite border. Secession currently the only option.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.