‘Grootste brand in jare’ by VTM geblus

Die brand het Sondag op die terrein van die Voortrekkermonument uitgebreek. (Foto: SBBV)

Die grootste brand in nege jaar op die terrein van die Voortrekkermonument (VTM) is vinnig geblus.

Danie Dreyer, sekuriteitshoof van die VTM, sê die brand het Sondag by Fort Schanskop uitgebreek.

Die Sinoville Brandbestrydingsvereniging (SBBV), Tshwane-nooddienste en die veiligheidsmaatskappy Fidelity het saam met die bestuur van die monument gewerk om die brand te blus.

Die SBBV het onlangs twee brandbestrydingsvoertuie aan die VTM geskenk wat volgens Dreyer “van kardinale belang was” om die brand onder beheer te bring.

“Danksy die tientalle brandbestryders is daar geen skade aan enige infrastruktuur by Fort Schanskop aangerig nie en niemand is tydens die brand beseer nie,” sê hy.

“In dié stadium is die Voortrekkermonument nie bewus van enige diere wat seergekry het nie.”

Die oorsaak van die brand is nog onbekend.

“Met ʼn brand wat so skielik uitbreek, is ons dankbaar vir die gemeenskap wat saamstaan en inspring om te help om ons omgewing te help bewaar en te beskerm.”

Dreyer sê daar is plekke waar die brand nog opvlam, maar die VTM-personeel is deurlopend besig om die brande te blus en die situasie te monitor.

Die monument se bedrywighede gaan intussen voort soos normaal.

Die veld nadat die brand geblus is. (Foto: VTM)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

miche ·

Winnie Mandela het mos destyds gesê
“With our matches we shall liberate this country”. Moenie eens verder soek vir ‘n ander rede vir NOG ‘n brand in ons eens pragtige land nie.

Harley Davidson ·

Dit is definitief die werk van slu en agteraf terroriste wat hulle doelwitte is sal seker net hulle onontwikkelde brein weet.

Mariaan ·

Ek ruik n rot. Wonder wanneer gaan die brande eindig. Alles wat vir ons saakmaak gaan hulle vernietig. Ons moet paraat wees.

Harley Davidson ·

Dit is nie heeltemal ‘n slegte ding nie want nou is daar geen wegkruipplek vir die sluipslapers en lapswaaier kriminele nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.