Handelaars wil met Ramaphosa vergader oor opskort van drankverbod

(Argieffoto: Pascale Beroujon/AFP)

Die drankhandelaarsvereniging vra ʼn dringende vergadering met pres. Cyril Ramaphosa om die verbod op die verkope van alkohol op te hef.

Die vereniging sê die voortgesette verbod veroorsaak steeds chaos in die bedryf en gaan duisende in armoede dompel, terwyl die toekoms van tavernes in die weegskaal bly.

“Die derde en huidige alkoholverbod is die sekerste manier om die doodsklok te lui vir die tavernesektor,” het Lucky Ntimane, sameroeper, gesê.

Ramaphosa het verlede Maandag weer ʼn verbod op die verkoop en vervoer van alkohol aangekondig te midde van ʼn tweede vlaag Covid-19-infeksies.

Een van die bepalings is ʼn hernieude verbod op drankverkope – ʼn besluit wat talle Suid-Afrika die josie ingemaak het, maar volgens bedryfsrolspelers ook ʼn enorme ekonomiese uitwerking het.

“Ons oproep aan die president is om dadelik ʼn vergadering met die alkoholbedryf te belê met die oog daarop om die verbod op alkoholverkope op te skort en toe te laat dat normaliteit terugkeer na die lewe en inkomste van drankhandelaars, hul gesinne en die 250 000 werkers wat op die tavernesektor staatmaak,” sê Ntimane.

Die vereniging sê hy glo ʼn balans kan gevind word tussen slim maniere om die gesondheidsektor en diegene op die voorste linies te ondersteun, terwyl inkomste ook beskerm en lewens gered word.

“Ons is net so bekommerd dat die alkoholverbod ʼn negatiewe uitwerking op die land het en sy beeld as beleggingsbestemming verder skade kan berokken,” sê Ntimane.

“Die onttrekking van ʼn belegging van R2,5 miljard deur die Suid-Afrikaanse Brouerye (SAB) se moedermaatskappy AB InBev en die aankondiging dat Consol ʼn belegging van R1,5 miljard terughou, het ʼn enorme uitwerking op die groeivooruitsigte van die alkoholbedryf en sy waardeketting.”

Ntimane sê dit is ook nadelig vir pogings om werksgeleenthede te behou.

“Die alkoholbedryf het reeds ʼn geraamde R25 miljard weens die drie verbodsbepalings wat hy moes verduur, verloor en as die situasie voortduur gaan ons ʼn rekordgetal werksgeleenthede verloor in ʼn bedryf wat bekend is dat hy werksgeleenthede skep en onderhou – al een miljoen daarvan,” het hy gesê.

Die vereniging sê hy steun ook SAB en die drankbedryf se pogings om hul regte af te dwing en oplossings te vind wat beteken alkoholverkope kan hervat word.

SAB het hom vroeër die maand tot die hof gewend om die grondwetlikheid van die derde verbod op alkohol te betwis.

SAB is van mening dat enige verbod, met inbegrip van die huidige verbod op alkohol, “veel verder gaan as wat redelik en nodig is om die verspreiding van die virus te beperk”.

Die maatskappy glo ook dat die verbod op alkoholverkope verskeie regte wat deur die Suid-Afrikaanse Grondwet beskerm word, onwettig beperk.

Die drankhandelaarsvereniging sê hy gaan voort om mense aan te moedig om die Covid-19-regulasies na te kom.

“Ons het almal ʼn rol om te speel om te verseker ons kom suksesvol uit hierdie verwoestende pandemie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Jaco ·

Swart woordvoerder van die drankhandelaarsvereniging. Hoe dan nou? Ek kan die sluit van wit drankbesighede verstaan, want dis seker maar deel van die ewige “straf” vir apartheid, maar waarom moet swart drankbesighede ook toe wees en swaarkry? Vir watse apartheid word hulle dan gestraf?

Cherokee ·

Askies vir die duim-af Jaco, maar dit is vir die misbruik van die woord ‘ewige’.

SomeOne ·

die drankhandelaarsvereniging vra ʼn dringende vergadering met cr, hys nie die een wat die verbod besluit het nie, praat met sy baas, die een wat kopdoeke dra

Phillip ·

Ek stem want sy het n persoonlike agenda teen tabak en hy teen drank. Dit gaan hier nie oor covid nie . Hulle twee wil dit nie hê nie.

Sarel ·

Indien hulle dit reg kry vra bietjie na die Sjibeens en onwettige handel. Masr nou ja sal seker weer Politiek Korrek mort wees. Hulle wil seker nie ‘ nTrump trek nue

Persheks Adri ·

Nie Cyril of kopdoek gaan luister nie hulle gee nie om vir enige iemand anders as hulself nie! Gaan oor mag nie werkloosheid of iets anders nie en nee ek’s ‘n nié drinker

Keelvol ·

Dit vat net 1 persoon om n pandemie te veroorsaak. Dit vat n hele bevolking om dit te beveg. Soveel mense is al dood, maar daar is nog steeds wat huil oor n drank verbod.

Anel ·

Wat van die grondwet wat bepaal dat elkeen die reg het om te werk en om sy gesin te versorg? En al die ander wette wat hulle verontagsaam?

Nici ·

Absoluut reg en die grondwet bepaal nie dat elke krisis wat opduik as verskoning gebruik mag word om die regte daarin vervat te neutraliseer nie. Indien wel, beteken die grondwet niks nie en die regering sal net meer en meer magsbehep raak van hier af en in die toekoms. Waar is die regters wat die grondwet moet onderhou in tyd van vrede en krisis?

Willem ·

Ek stem die grondwet sê dis jou reg!Probleem,nie een slapgat opposisie party doen iets nie,hulle spoel net hul bekke uit om stemme te probeer wen.Hier is die geval van swart kyk agter swart en wit byt wit in die rug.Boere kon en sal nog nooit saamstaan en swart regering aanvat oor ons regte nie!!!Nee wat ons moet maar shutup en doen wat kopdoek en kie sê!

Keelvol ·

Wat van reg tot lewe? Die grondwet bepaal dit tog. Of word dit maar net doelbewus misgelees. Hoeveel mense is net nie al dood nie? Maar DRANK is tog soveel meer belangrik!

jacques ·

Julle kan maar los. Hulle is erg magsbehep en sal na niemand luister nie…

Jaco ·

Ek kan nog verstaan dat Ramaphosa nie na “wit rassiste” sal luister nie, maar waarom luister hy ook nie na sy rasgenote nie? Mens sorg mos nie so vir jou eie mense nie. Watse apartheid sonde het swart mense dan nou gedoen dat hulle ook moet swaarkry tydens inperking? Ramaphosa het dan ‘n paar maal tydens inperking reeds gesê dat inperking wys hoe ongelyk SA is en dat die wit mense se rol in die ekonomie moet stop.

Francois Le Cochon ·

‘n Bewys dat u nog altyd verkeerd verstaan het. Moenie u steur aan sameswerings teorie nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.