Heroldsbaai: duikers soek steeds na ma, sesjarige dogter

(Foto: SA Polisie)

Polisieduikers gaan later vanoggend hul soektog na die steeds vermiste Heidi Scheepers (35) en haar dogtertjie, Cuzette (6), voortsit.

Maroela Media het vroeër berig die liggaam van ʼn seuntjie, vermoedelik dié van die vermiste Hugo Scheepers (2), is Donderdagmiddag laat in die see gevind.

ʼn Uitgebreide soektog is Woensdag van stapel gestuur nadat Scheepers (35) en haar kinders Dinsdag omstreeks 18:00 die laaste keer lewend in Heroldsbaai gesien is. Hulle het verby die gesin se winkel, die Heroldsbaai Kafee, gery. Haar man, Ettienne, het sy gesin kort daarna as vermis aangemeld.

Heidi Scheepers (35).

ʼn Grys Volkswagen Caravelle, soortgelyk aan die een waarin Scheepers en haar twee kinders Dinsdag verdwyn het, is vroeër Donderdag langs die rotse by Voëlklip by Heroldsbaai gekry.

Die polisie kon egter eers later met sekerheid vasstel dat dit wel die Scheepers se motor is, omdat hoogwater dit moeilik gemaak het om by die voertuig uit te kom.

Kapt. Malcolm Pojie, polisiewoordvoerder, het gesê duikers gaan omstreeks 09:00 vanoggend hul herwinningspoging voortsit.

Cuzette Scheepers (6).

Hulle gaan hul soektog op die kuslyn tussen Wildernis na Voëlklip by Heroldsbaai en na die rigting van Mosselbaai fokus, het Pojie gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Cindy ·

Dit is so verskriklik hartseer. RIV pragtige seuntjie. Sterkte aan die pappa en hele familie wat hier deur geraak word.

Ciska ·

In die tyd van smart dink ons aan haar familie en vriende mag Jesus julle in sy Hand toevou en troos

Anoniem ·

Ek het nie woorde om hierdie man en die familie te bemoedig nie. Dis onbeskryflike leed. Net Jesus kan hul Vertroos in hierdie donker uur. Ek bid vir hulle vir krag en sterkte.
Dis so bitter jammer dat dit gebeur het.

Melanie ·

Ek weet nie wat die oorsaak was dat die voertuig in die see beland het nie, maar hy hart breek en ek huil vir die arme twee kinders.. My seun is nou 2 en ek weet wanneer is hy bang en angstig.. hul neem als op.. soveel vrae waarop ek eerder nie antwoorde wil he nie. ek bid Jesus was elke oomblik saam hul al 3 en dat hul nie seer gehad het of bang was nie. ek huil so vir die familie wat dit moet verwerk…. Mag Jesus hul styf vashou in die hartseer tyd.

Nadia ·

Melanie, dit is so waar wat jy sê. Die trane het geloop gisteraand toe ek op die nuus sien dat Hugo se liggaampie gevind is. Het my so baie aan my seuntjie laat dink toe hy 2 was (nou 5). Dis verskrikllik hartseer – watookal die omstandighede rondom dit mag wees.

danie ·

Hartverskeurend.
dis net baie baie hartseer….
so jammer aan die familie en Ettienne.
Dis n absolute hartseer saak…

Gesiggie ·

Ag nee… ek het so gehoop dat die gesin veilig gaan wees” dit is baie hartseer. Sterkte aan die familie en vriende, mag Mamma en dogter gou gevind word ek gun geen familie om deur soveel hartseer te gaan, die Pa het sy vrou en 2 kinders op een slag verloor. RIV Heidi, Hugo en Cuzette, jul is veilig en Jesus se arms en saam jul Mamma vir altyd en ewig.

Hansie ·

Laans, hy het wel saam met hulle gaan stap. Hulle het teruggery en hy het besluit om met ‘n ompad terug te stap om by hulle besighede aan te gaan. Hy is die eienaar van die kafee en sy doen vakansiehuis verhurings. Hy het seker eers 20h00 se kant by die huis aangekom.

M ·

Op google maps lyk Voelklip/Heroldsbaai pragtig, en die paaie naby daardie afgronde gevaarlik. Dit is so bitter hartseer.

Santie ·

Baie sterkte aan haar man ( pa ) sterkte ook aan die familie en vriende R.I.P. kleine ou seuntjie jy het skaars met jou lewe begin en dit weggeruk, mag God jul krag en sterkte gee.

Jollie ·

Daar was in 2015 by presies dieselfde plek ook drie jong mans by die krans af met n bakkie. Net twee se lyke is gevind. Hulle moes destyds al die plek beveilig het.

Juju ·

Die winde speel ook ‘n groot rol daar. My innige meegevoel vir die naaste familie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.