Hittegolf, stormweer duur voort

Die weerdiens sê die hittegolf wat Suid-Afrikaners oor groot dele van die land die afgelope paar weke behoorlik laat sweet het, gaan nog tot minstens die naweek voortduur. (Argieffoto: pixabay)

Die weerdiens sê die hittegolf wat Suid-Afrikaners oor groot dele van die land die afgelope paar weke behoorlik laat sweet het, gaan nog tot minstens die naweek voortduur.

Maksimum temperature van bo 40 °C is op plekke in die Noord- en Wes-Kaap ondervind. ʼn Hittegolf word gedefinieer as ʼn “uiterste weersverskynsel waar daar ʼn verlengde tydperk van bogemiddelde normale temperature” voorkom. Die Suid-Afrikaanse Weerdiens se bepaling lui dat vir ʼn hittegolf om verklaar te word, moet “die maksimum temperature by ʼn spesifieke stasie die gemiddelde maksimum temperature vir die warmste maand vir drie of meer agtereenvolgende dae oorskry”.

Dié toestande geld die afgelope paar weke oor verskeie dele van die land. Dit sal na verwagting tot minstens Saterdag in Noordwes, die Vrystaat en Noord-Kaap voortduur.

“Hoewel sommige plekke nie aan die tegniese definisie van ʼn hittegolf voldoen nie, ondervind hulle ook uiterste hitte; inwoners van daardie gebiede word ook gemaan om die nodige voorsorgmaatreëls te tref,” sê die weerdiens.

In die sentrale binneland en oostelike gebiede was daar die afgelope ruk ook hewige donderstorms. Dit het gelei tot woeste weerlig, hael, verwoestende wind en swaar reën.

“Toestande vir verdere donderstorms, met die moontlikheid dat dit uiters swaar kan word, sal na verwagting tot die naweek voortduur.” Dit kan lei tot oorstromings, die ontworteling van bome en skade aan eiendom en infrastruktuur. Dit kan ook kragstuwings, beserings en selfs lewensgevaar weens weerlig inhou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Bolandse Nooi ·

Snaaks dat “hittegolf toestande” slegs verklaar word as dit in Gauteng, Noord-Wes, Limpopo, Mpumalanga ens. is, maar die ekstreme hitte wat laasweek, vir beslis langer as 3 dae in die Wes-Kaap geduur het, is maar net ‘normaal’ en word nie eens genoem nie.

annie ·

Wat as die woeste weer deesdae nie bloot deur klimaatsverandering agv van ekonomiese aktiwiteite is nie nie maar deur ons Hemelvader bewerkstellig word en ons te arrogant is om soos ons gelowige voorvaders om genade en hulp te smeek? Wanneer hou ons weer gedurende etenstye op werksdae en saans bidure vir menslike nood en vir verandering in ons land, of is ons nou te belangik, te slim en te selfstandig… Ons sal en wil mos nou self? Indien ‘n depressie en erge droogte ons voorland is, sal ons ‘n ander deuntjie sing? Waar is ons predikante deesdae?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.