Hlaudi moet miljoene opdok vir SAUK

Hlaudi Motsoeneng. (Argieffoto: news.iafrica.com)

Die omstrede voormalige bedryfshoof van die SAUK, Hlaudi Motsoeneng, moet nou miljoene rande aan die SAUK terugbetaal nadat sy aansoek om verlof tot appèl deur die hof van die hand gewys is.

Die spesiale ondersoekeenheid (SOE) het Dinsdag hierdie bevel verwelkom.

Volgens die SOE het die hooggeregshof in Johannesburg Vrydag Motsoeneng se aansoek laat vaar en hom daarmee gelas om die miljoene rande wat hy in 2016 as ʼn sogenaamde suksesbonus ontvang het, terug te betaal.

Motsoeneng moet nou altesaam R11 508 549,12 met rente wat al vir meer as vyf jaar ophoop, terugbetaal.

Motsoeneng is oorspronklik in Desember beveel om die miljoene rande terug te betaal, maar het dit afgemaak as “buitensporig”.

Hy het boonop aangevoer dat hy die geld verdien het, gegewe sy “buitengewone bydrae” aan die SAUK.

“Ek het nooit geld van die SAUK gesteel nie. Ek is bloot deur my base betaal, in erkenning van die goeie werk wat ek gedoen het. Ek is nie spyt oor enige besluit wat ek as die bedryfshoof van die SAUK geneem het nie,” het hy kort ná die hofbevel gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

33 Kommentare

Alta Alleman ·

Al besluit wat hy geneem het was om die SAUK bankrot te laat.

Douglas ·

I don’t think ANC cadres have any insight into just how useless and incompetent they are.
In their hopelessness, they probably truly believe, like Hlaudi, that they are doing a good job.

Marthina79 ·

There’s a name for that.
The Dunning–Kruger effect is a cognitive bias whereby people with low ability, expertise, or experience regarding a certain type of a task or area of knowledge tend to overestimate their ability or knowledge.

Cherokee ·

En Molefe? Niks word van die miljoene waarmee hy weggestap het, gehoor.

Christine ·

Dit was laas week in die nuus dat Molefe moet terugbetaal.

Wondermaarnet ·

Ja dit was in die nuus, maar hoe gaan ons ooit weet hy het werklik die geld terug betaal? Die stof het nou gaan lê omdat Hlaudi se saak nou voorbladnuus is en Molefe hoop almal gaan vergeet van hom.

Nie Verbaas ·

Ek wonder net na watter buitengewone bydrae verwys hy. Hy het n buitengewone bydrae gelewer in die ondergang van die SAUK. Sy definisie van buitengewone bydrae is dieselfde as die normale skokkend onder presterende bydrae.

Nick ·

Tsek! Jy sal batala. Jy het die SAUK amper eiehandig vernietig. Batala!

Astrain ·

Hy kan nie batala nie, hy het als spandeer op zol en eye-gene!

annie ·

Kan ons nie maar ons geregshowe en sommer die hele stelsel soos die posisiediens en die weermag afskaf nie want geen vorige leier selfs die huidige president erken nie die oppergesag nie? Net ‘n paar buitelandse misdadigers of wit oortreders word vinnig gestraf. Meer as R70 miljard is weg tydens die al vergete Wapenskandaal met Zuma in die hoofrol en die getalle trek al by onspelbare syfers. Hoe vinniger die chaos in ‘n katastrofe ontaard hoe gouer sal die einde kom met die velde in skade en skande… en net die ou duiwel gelukkig.

Jr ·

Hy sal graaf toe gaan en steeds dink hy was die patron saint of the sabc. Heavens gift to the earth. Twot

Hasie ·

Hy is so wakker en intelligent soos die vuilgoed Onder my naels …Watse bydrae? Hy het wel seker gemaak dat nog ‘ n plek in die afgrond in Gaan …Dit is mos die ANC Se beleid ….vernietig en korupsie op sy beste .

Kobus ·

Ek die kans dat ek kan swanger is groter as wat hy gaan terugbetaal

Wondermaarnet ·

Gaan hy dit regtig terugbetaal, wanneer en hoe? Daardie geld is lankal spandeer op duur drank, karre, duur partytjies en horlosies.

SjN ·

Ogies gaan seker ook nou in trane uitbars soos kader Molefe, hoekom so lank geneem, is daar nie n sperdatum wanneer dit betaal moet word nie.

Jack ·

Wonder wat kos dit die staat om die skelm by die huis te laat sit en voort te gaan met nog nuwe skelmstreke. Wat n sirkus. Word skelm soos zuma en leef soos n koning met 50 vroue en al in sy harem.

Helanza ·

Hy verdien dit. Was darem een aand baie arogant met n aanbiedster op TV. Asof hy die wêreld besit

Spotty ·

n Mens hoor net dat die klomp skelms geld moet terug betaal, is daar enige bewyse dat iemand al geld terug betaal het?

Yvonne ·

Genade lei die hele spul aan n grootheidswaan en die uiterste van arrogansies denkbaar

Miskruier ·

Seker nie n sent meer daarvan oor nie. Die meeste word uitgep!e

miavos ·

Sorg dat AL hierdie diewe aangekeer word – nie net hier en daar nie. MAAK SKOON en KRY DIE GELD TERUG!

Di ·

Die man laat my koue rillings kry! Is hy by sy volle positiewe? Dit wat hy beweer hy vermag het, is net die TEENOORGESTELDE van wat hy eintlik gedoen het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.