Hoe gaan minister hospitale se ligte aanhou?

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Unsplash / Nevin Ruttanaboonta)

Die DA wil by dr. Joe Phaahla, minister van gesondheid, weet hoe hy beplan om die ligte van hospitale en klinieke te midde van voortslepende kragonderbrekings aan te hou.

Die party het Phaahla in ʼn brief versoek om dringend in te gryp aangesien die openbare gesondheidsorgstelsel reeds ernstig oorlaai is, en weens beurtkrag net nog verder onder druk geplaas word.

“Gegewe die departement van gesondheid se stelling in Julie vanjaar dat slegs 70% van hospitale en klinieke kragopwekkers het, bring die verhoogde druk op die kragnetwerk die gesondheid en welstand van behoeftige en kwesbare Suid-Afrikaners in gedrang – van wie nagenoeg 84% volgens die jongste sensusgetalle van die openbare gesondheidsektor afhanklik is,” het Michelle Clarke, die DA se woordvoerder oor gesondheid, Dinsdag gesê.

Volgens Clarke toon internasionale navorsing oor die uitwerking van stroomonderbrekings op sterftesyfers boonop ’n kommerwekkende toename.

“Gegewe die treurige stand van sake by die meeste hospitale en klinieke regoor die land moet die minister sy planne om die situasie te hanteer, bekend maak.”

Die DA wil nou by Phaahla weet watter openbare gesondheidsfasiliteite wel met kragopwekkers toegerus is, en wat die koste van brandstof vir elk van hierdie kragopwekkers sedert Januarie vanjaar was. Phaahla moet ook aandui wanneer hospitale en klinieke wat nie kragopwekkers het nie, wel daarmee toerus sal word.

“Die minister kan nie op Eskom wag vir ʼn oplossing wat dalk nooit sal realiseer nie. Trouens, die departement van gesondheid moet sekerlik gebeurlikheidsplanne hê gegewe die dekade lange stryd met beurtkrag.

“Die alewige kragonderbrekings vernietig nie net die ekonomie nie, maar plaas die gesondheid en lewens van Suid-Afrikaners in ernstige gevaar.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

PieterJ ·

Dis nie joe se probleem nie, hy is net daar om salaris te KRY, nie om probleme op te los nie.

marius ·

Met twee kerse per hospitaal wat vir biljoene aangekoop word .

Swerwer ·

DA hou op kla en kerm, die enigste antwoord is, raak van die hele terroristies georienteerde regering met sy kader ontslae en stel Bevoegde mense in die regte poste aan, met ander woorde BLANKES, wat die werk kan doen.

Republikein in die Wes Kaap ·

Die DA se vrae is hopeloos te moeilik. Hulle moet leidrade gee. Dalk help daai antwoordstel waar jy die antwoord kies. Een of ander puzzle as ek reg onthou.

Roelof ·

Minister gaan seker nog n kommitee stig om werk te skep en die kommitee met kerse hospitale toe stuur

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.